Om te onthou

Ons onthou

image

Liewe Chaice, vandag sou jy 25 jaar oud gewees het, maar vir ons sal jy altyd 24 bly. Oor 9 dae is dit ‘n jaar wat jy weg is, ‘n hele jaar van daardie Sondagoggend 6 uur wat ons die missed call van jou stiefpa gesien het. Jou pa het dadelik geweet dis oor jou. Snaaks hoe ‘n ouer altyd net weet.

Ek is nog baie dae hartseer omdat ek nooit die kans gegun is om jou beter te ken nie. Ek dink ek sou ‘n goeie stiefma vir jou kon wees as jou ma ons ooit ‘n kans gegun het. Ek is ook nog steeds baie dae kwaad. Ek het laas jaar my gevoel daaroor neergeskryf… https://kouevuur.wordpress.com/2015/07/03/pyngedagtes-n-kind-is-dood/ Daar is nog baie dae wat ek steeds so voel. Ek het jou ma nog nie vergewe nie. Ek dink ook nie ek sal ooit nie. Sy het jare van jou lewe van ons gesteel. Onnodig.

Ek praat soms met jou pa oor jou. Sommer net oor die bietjie wat ek van jou geken het. Want ek sien hy dra nog soms swaar, al dink hy ek sien nie. Ek glo dis nodig dat hy weet ek onthou jou ook. Dat ek sy seer as ouer voel, al was jy nie my eie kind nie.

Ons sal altyd wonder hoekom. Hoekom moes jy so jonk gaan? Daar sal nooit ‘n antwoord wees nie. So ons moet aangaan en probeer aanvaar. Rus in vrede. Jy leef voort in ons onthou van jou.

12 thoughts on “Ons onthou

  1. Daar gebeur goed met ons wat ons nooit, ooit sal verstaan nie, wat altyd so onnodig sal voel. Dis hoe dit is. Maar dis goed om daaroor te skryf en te praat en nooit, ooit jou gevoelens te onderdruk nie. Moet ook nooit skuldig voel omdat jy voel soos jy voel nie.

  2. Dis een ding van die lewe wat ek nie kan kop nie. As ‘n ouer ‘n kind moet begrawe. Ek wil nie eers probeer verstaan nie. Dit moet nie in daai volgorde gebeur nie.

  3. Ai ja dit is seker smart om n kind te verloor al is dit n stief kind? Maar ek is vandag ook die bose in !! Biejie lank maar gaan vertel. So 3 jaar terug, het haar man oor die tou getrap met haar beste vriendin wat OOR DIE STRAAT gebly het. Daar was nou vir jou nie n gelukkiger paartjie en wat alles gehad het nie. Ons was baie kwaad vir hom maar sy het gese, mammie ek vergewe hom en ek sal weer probeer. Ek het daai dag vir haar gese vergewe is een ding vergeet is die ander maar dis haar besluit. NOU 3 jaar later so 2 maande terug kom sit my kind in my kombuis en vertel my alles wat die afgelope 3 jaar gebeur het?? In die 3 jaar wou sy hom al telke male los maar dan dreig hy selfmoord NES 3 jaar terug en dit sal op HAAR kop wees! Die afgelope jaar het sy boodskappe en foto’s gehou en vir ons gewys wat hy alles te se het smeek en soebat haar om hom nie te los nie ANDERS……. Ons het vir haar gese doen wat JY wil doen en ons is daar vir jou na jou besluit en toe so maand terug HET sy nou besluit, na ek vir haar gese het, dis SY lewe en HY kan daarmee doen wat hy wil? HY moet voor die Here gaan staan vir dit nie jy nie, want hy KAN JOU NIE so afpers nie? Dis toe nou dit.
    Hoor nou WAT sy doen?? Sy kry n townhouse in DIESELFDE complex sodat die kinders (15 en 7) en hy naby mekaar is dat hulle enige tyd na pa se townhouse kan gaan om hello te se, oor te slaap, en NOG hulle tyd saam he? Sy los die HELE townhouse NET so vir hom, ja het hier en daar n kein ding gevat wat vriende gegee het met verjaarsdae en so aan en even van die kinders se klere daar gelos net incase? Tussen dit kyk ek my meisiekind en skud net my kop?? My gewese man is so 2 jaar terug oorlede en ons het AL sy goed in storage gesit en DIS waarmee sy getrek het na die nuwe plek toe net n ander bed moes koop vir haar dogter van 15. Intussen smeek hy nog een strook deur tot nou die dag dat hy weg was met besigheid stuur hy n foto op Whatsapp van slaap pille 60 van hulle? Hy bly van die foon af van 2 uur die middag na sy 150 messages elke DAG kry, en niemand kry hom in die hande nie tot die volgende oggend bel my kleindogter en se my. My man bel hy tel nie op nie, my man bel die werk vra hulle om te bel hy tel nie op nie. My man laat iemand na sy hotel kamer gaan om e sien of hy ok is daar maak hy oop en praat met my man op die persoon se foon se ‘Hoekom soek almal my’ ? Sy se DIS waarmee sy sit vir die afgelope 3 jaar want hy hou haar so te se gevange want hy is bang SY kry n ander man? Nou ja BAIE BAIE MEER maar hoekom ek moes vertel is daar het hy nou vrye teels om die kinders te sien net wanneer hy of hulle wil, is NOG goed vir hom en sien dat hy en haar kinders ALLES het sou die kinders na hom toe kom, sy wil NET haar Vryheid he want sy se hulle bakleiery die hele tyd beinvloed nou die kinders en dit is nie reg nie.
    Dis nou die 2de naweek in hulle eie plekkie en ek kan die stress sommer sien weg gaan……NOU vertel hy haar hulle kan so bly maar moet NOG getrou bly aan mekaar en sy moet belowe dat sy nie sal uitgaan nie? Sy IS nou besig met egskeiding vir hom gese vat jou lewe nou maar as jy moet ek kan nie meer nie! Sien nou kan hy haar nie meer onder kry en control nie nou vertel hy haar.
    JY wil dit so he, van NOU af, is die kinders JOU responsibility, hulle kan NET kom hello se en moet terug gaan huis toe, kan nie oorslaap nie, sal hulle nie elke 2de naweek vat nie, sal hulle nie skool toe vat of gaan haal nie, sal nie die seun van 7 rugby of atletiek toe vat nie, DIT is nou JOU probleem want EK is nie n part time ouer nie???
    Nou het jy (Son ) n seun gekry wat van julle af gehou is, julle kom hom nie sien nie, kon nie tyd met sy pa en jou spandeer het nie, dan kry jy nou DIE fokop! En dis nie dat hy NIE n goeie pa was nie, want al moet ek sy due gee, hy was nog altyd n goeie pa, maar OMDAT sy hom nou gelos het wil hy nou NIKS met die kinders te doen he nie?
    Wat se jy van iets soos dit? Ek het vir haar gese, die kinders kan elke 2de naweek na ouma en STIEF oupa toe kom want ons is erg oor hulle! My kleinseun kom by die deur se skaars hello vir MY en se net waar is my oupa en daar warwoel hy deur die huis opsoek na sy oupa.
    KAN n pa dan nou ook SO WEES, omdat hy nie sy sin kan kry omdat SY nie meer van sy afpersery met selfmoord kan klaar kom nie?? Nou vir haar ‘dink’ hy die lewe so moeilik as moontlik maak, want NOU dink hy sy sal haar werk verloor as sy oral moet rondry en dit doen en dat doen? Hy het deur die tyd al probeer nonsense aanjaag by haar werk en vir tee gegaan met haar baas en hom vertel hy meng in hulle huwelik want hy wou haar oorsee stuur vir werk vir 10 dae en hy wou nie he sy moes gaan nie, maar sy het en nou n groot bevordering gekry ook. Ons bly bietjie ver maar vir haar gese, ek of my man sal AL die pad ry en gaan doen as sy nie kan nie want hy wil haar nou afhanklik maak van hom as sy haar werk verloor. Ek sal ook daar gaan bly want sy sal nou September weer oorsee moet gaan. Ek sal agter my kinders gaan kyk. Ons is of was nog steeds nice met hom maar na dese sal hy die duiwel in my sien uitkom!
    Jammer vir julle verlies Son, en ja so onnodig ne? Hoekom moet die kinders in die middel wees, soveel verlore tyd maar as hy dalk een dag daar soos n ou man sit en niemand om hom het nie hoop ek hy dink aan die wat hy NOU doen, en nie sy kinders GAAN ken nie. Wil hom eintlik as blerrie ‘unfit’as
    Al wat ek weet is dat my meisiekind n fantastiese mens is en NOG die hele tyd aan HOM gedink het met alles. Ek is bly sy is myne, die Here sal goed wees vir hulle.
    En nou sit ek hier en klets met kos op die stoof en my pampoen verbrand en dit is nou alles jou skuld Son,😉 want ek kon nie WAG om jou geskrywe te lees nie !! En MOES nou maar my hart ook skoon kry ! Maar nou ja, dis maar net pampoen😉

    1. Nie my sin klaar gemaak nie lol my pampoen het gebrand, en toe ek terug kom druk ek verkeerde knoppie so sal JOU nou nie vir dit blameer nie,sal maar net se OUDERDOM en finger trouble hahahaha ………..

      Wil hom eintlik as blerrie ‘unfit’ as ouer verklaar met al my arme kinders se mental abuse,en selfmoord neigens want die dogter van 15 weet alles ook en kan hom nie meer verdra nie, maar ek se altyd vir haar dis haar pa en sy moet nie ongeskik wees nie, maar sien wat haar ma al deur gemaak het.

    2. Hy probeer jou dogter te na kom maar in die proses kry die kinders dit eerder – ai so onvolwasse, ken ek dit nie ook nie… dis baie sad en se iets van die mens se karakter. Ek glo ook sy en die kids sal ok wees op hul eie, jy moet bietjie kom vertel hoe dit verder met hul gaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s