Vandag sou jy 86 geword het. Jou derde verjaarsdag wat ek jou nie meer kan bel en kan vra hoe oud is jy vandag nie. Soos jy my gewoonlik altyd met hanekraai op my verjaarsdag gebel het en gevra het en my dan vertel het ek word nou wragtig oud 😊
Drie jaar is nog nie genoeg om die skerp kante van jou wegwees sagter te skaaf nie. En die laaste paar dae dink ek so baie aan jou, Pa. Wat sou jy van die wêreld gedink en gesê het soos dit nou lyk? Ek kan jou eintlik in my kop hoor. Jy was nie ‘n man wat gehuiwer het om jou opinies uit te spreek nie.
Jy moet lekker verjaar, Pa. En ek hoop daar is ‘n soet dingetjie vir jou. Happy birthday!
Sterkte. Ons mis jou hier in blogland. Gaan dit goed met jou?
Ja wat. Ek is gesond. Het altwee my ente gehad. Werk weer voltyds. Ek mis net my kinders en worry oor my meisiekind wat vlg week alleen moet gaan kraam 😥
Sjoe! Ek kan dink dat jy worrie. Is dit nou haar tweede enetjie? Dalk moet jy maar die pad Karoo toe aandurf, of is hulle nie meer daar nie? Ek is nog nie geënt nie. Was siek in Januarie en het in Junie weer kontak gehad. Het gister my teenliggaampie-uitslag gekry. Daar is vir eers nog genoeg, so ek gaan ‘n bietjie wag vir eers. Dalk nog so 2 maande.
Tweede een ja. ‘n Seuntjie. Ander ouma se beurt dié keer, sy gaan ook na Lily kyk. Ek gaan end September. Kyk na jouself. Sover was ons almal nog gelukkig om nie die pes te kry nie 🙈
Kyk mooi na jouself ook. Die siekte is nie ‘n grap nie. Mooi dag.
Ai, hoe laat jy my npou na my pa verlang. En my ma. Ook wonderlike mense gewees. Hoop jou pa sal vandag in die gees met jou wees.
❤ Sterkte vir vandag!