Die Lewe

Dilemma van die dag

Die woorde “For evil to prevail, it is only necessary for good people to do nothing”, is alombekend. Maar soms wonder “good people” of hulle lus is vir die schlep van protesteer.

Vanoggend donker ry ek werk toe. Dis ook ‘n baie donker pad, die eerste stuk buite Stellenbosch. Ek maak maklik pad vir vinniger voertuie, maar uit ondervinding weet ek dat daar soms so vroeg in die oggend voetgangers anderkant die geel lyn loop en dat hulle nie altyd duidelik sigbaar is voor mens reg by hulle is nie. Dus ry ek soggens donker my spoed en maak nie pad nie. Daar is ook gewoonlik nie veel verkeer al daardie tyd nie.

Die een-oog motor (sy een hooflig is dood, net die parkeerlig werk) kom ry bo-op my motor se buffer en ek oorweeg vir ‘n sekonde om my remme liggies te raak, maar ek sien die dwis sal binnekort kan verbygaan, so ek ry net my spoed en gedra myself. Op die eerste reguit strook skiet een-oog dan ook verby en ek sien tot my verbasing dis ‘n verkeersmotor. Onmiddellik is ek omgekrap, want eerstens behoort die verkeersbeampte van alle mense die K53 toe te pas en te weet dat sy hooflig nie werk nie, en tweedens behoort hy/sy ook van beter te weet as om op ander motors se gat te ry.

Ek memoriseer die registrasienommer, net ingeval, en dink toe by myself, “let it go”. Intussen het die verkeersman nie baie ver gekom nie, want voor hom is ‘n Golfie wat ook by die spoed hou en daar is nie weer verbykomkans nie. Ek wil-wil so half begin lekkerkry.

Dis toe ons die tweede robot dorp-in nader, dat die lig rooi slaan vir ons almal en woerts-warts jaag die Golfie oor. En verkeersman agterna. Ek dog okay, hy gaan nou seker die Golf aftrek omdat hy oor die rooi lig gery het, maar nee. Ek sien die Golf draai by die volgende straat links en verkeersman hou net aan ry!

Met ander woorde, in die bestek van een oggend het ons wonderlike verkeer DRIE oortredings gepleeg, sonder om die spreekwoordelike oog te knip. Asook iemand anders laat wegkom met ‘n ernstige oortreding. Ek huil in my hande. Soveel vir wetstoepassing.

Nou sit ek al heeldag en wonder moet ek die ou gaan verkla? Is dit enigsins die moeite werd? Of moet ek net aangaan op my “merry old road, minding my own business”? Want waddehel gaan my roepende stem in die woestyn anyways verander?

11 thoughts on “Dilemma van die dag

  1. Ek sou dink, rapporteer dit wel. Daar sal seker niks van kom nie, maar dan is dit van jou gewete af, en net dalkies gebeur daar tog iets. Dis te sê as jy lus het.🙂

  2. Die probleem is dat jy amper seker kan wees dat die departement by wie jy gaan kla alles in hulle vermoë sal doen om die klagte te smoor en as jy nie bewyse het nie, is dit jou woord teen syne. Dalk moet ons almal “spy cams” aanskaf en die oortreders afneem.

  3. Rapporteer. Al is dit poep teen donderweer. Dalk hou hy ‘n ander ou uit ‘n werk uit en die laaste klagte pos hom. As almal niks doen nie word alles en almal mediocre. En dis ‘n erge ding om te wees

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s