Gedagtes

Soos ‘n klippie in die water

Lily
Louw

Ek kry vanoggend hierdie boodskap om te modereer – (ek het baie, baie lanklaas hier geskryf)

“Dit voel of ek hierdie blog Moes ontdek, 15 Julie 2021, 10 dae na my moeder se 52ste verjaardag, kom pluk Hy sy mooiste Blom. 15 Julie 2022 Lees ek jou blog raak en die woorde het my ineen laat stort.

Jy skryf oor jou moeder se afsterwe. Ek, as iemand op die autistiese spectrum kon nooit uitdruk hoe ek voel tot ek daardie skryf stuk van jou ontdek het nie.

En nou dat ek elke aand n stuk van jou Lees kom ek op hierdie af. My geboorte datum is 23 August 1996.

En ek en my verloofde ontmoet mekaar in 2017.

Dis as of dit Meer as net per toe al was dat ek jou blog ontdek het, en will net sê Baie dankie.”

Ek skryf nie eintlik meer op my blog nie, maar hierdie boodskap hier bo maak iets los.

Ek het hier oor Lily se geboorte geskryf – dit is waar Marica haar boodskap gelos het en ek het hier geskryf oor my ma se dood wat sy eerste raakgelees het.

Mens sit soms woorde neer, op skerm of papier, omdat jy te swaar begin dra daaraan in jou binneste alleen. Dis hoekom ek destyds ‘n blog begin skryf het. Om stories te vertel en om te skryf oor goed wat soms dieper as die been gesny het.

Almal wat skryf, skryf waarskynlik om gelees te word, maar ek dink nie ons besef altyd hoe ver kring sommige van ons woorde uit nie. Soos ’n klippie in die water.

Vir dié wat nog hier lees, vir dié vir wie my woorde soms iets beteken het, is EK die een wat moet dankie sê. Julle laat my glo dat iets van my altyd sal voortleef. En dis julle wat my inspireer om weer hier te skryf – nie net uitgooi woorde op Facebook nie.

Vir Marica – Lily is nou al vyf – dis sy in die boonste foto. En Louw het bygekom – hy was op 6 Augustus een jaar oud. Ek bly geseënd ver bo verdienste. Mooi loop xxx

16 thoughts on “Soos ‘n klippie in die water

  1. En wat n lekker verrassing 😉 en ja baie lank laas . Ok ek is nou nie n ‘blogger’ nie en te dom om te weet hoe maar hou van wat jy altyd skryf 😉 en dis al die pad in Alberton Gauteng so sien, ten to one lees hulle jou blog oorsee ?? En ja ek het jou gemis kan jy asb weer begin skryf want dit is nou om n sweet vir n kind te gee en se jy mag dit nie eet nie hehehe Jou klein kinders daar bo is pragtig hoor mag julle altyd geseen wees ek het 5 met die 6 de een hopelik in n week se tyd maar ai tog ek kan net nie haar naam onthou nie want dit is Maddison Lee en ek bly se MATILDA hahahaha dis seker maar die ouderdom hahaha Wens die ding het emoticons gehad maar nou ja ……. Kan jy nou asb weet van jou laat hoor sien uit daarna.
    God bless
    Yolanda

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s