My gedigte

Siel van glas

  Die son gooi spatsels blink teen ruite ‘n siel kruip stil na buite. ‘n Siel van glas na lank weer sonder huil, deur tyd en trane skoongewas van wintervuil. ‘n Siel wat kyk deur splinterglas wat vrede het met dit wat was en jou dan vind… en weer leer lag.