Gedagtes

Breuk of Breek?

Daar is mos name vir alle –isse;

perfeksionis, rassis, alkoholis… ensovoorts. Taal-puris. Dis dalk so bietjie wat ek is – nee wag, ook nie heeltemal nie, want my taal is ook maar ver van suiwer af. Dan seker eerder spel-puris.

Ek het ‘n kleintjie dood aan spelfoute, om van die deesdae se tekstaal nie eers te praat nie. Is om van op te gooi, soos daai opgooi mannetjie op Skype, sommer sulke groen blertse.

Maar iets waarteen ek my deesdae aanmekaar vasloop, is die gebruik van breek en breuk. En asseblief, correct me if I’m wrong, maar na die beste van my wete is ‘n breuk iets wat stukkend is of iets wat mens in wiskunde kry.

Jy is NIE op ‘n teebreuk of ‘n wegbreuk naweek nie. Die tyd het NIE aangebreuk nie! Dis donnerswil BREEK!!! Teebreek, wegbreek, aanbreek (en dis in elk geval daarby nog ‘n anglisisme ook).

Voor ek iemand se flippin nek breek! Dan het hy ‘n nekbreuk. 👿

24 thoughts on “Breuk of Breek?

  1. Jy bly daar??? Super-über-cool!!! Og!! Gaan by die “West Workout” gehou word… sal héééééldag daar wees:mrgreen: Ekke sms jou, ja? En jy kan kyk waar jy ‘n gatjie virre maatjie het daai dag, ok? Fanx ☼!! Sien uit daarna!!

  2. Oi!😳 silly ekke tik té lekr daar by Skoortjie…:mrgreen:
    Seriaas?? Jy’s in Somerset-Wes Saterdag die 7de Aug?? Rêrig-wragtig-êrig?? En jy sal vir my ‘n ou tydjie inruim?? Og! SUPER!! Aits!! Voel my hartjie nou sommer weer baaaaaaie beter!!

  3. Dankie vir jou kuier & comment op my blog. Ek waardeer dit! Ek mis Afrikaans … lekker om te sien hoe iemand passievol is oor die korrekte gebruik daarvan. Ahhhhh.

  4. Die een ding wat my grensloos irriteer is mens wat nie die verskil tussen ek is verveeld en iets is vervelig ken nie. Mense se baie keer hulle is vervelig, maar bedoel hulle is verveeld!

  5. Grrrr – vir julle almal😆

    Olga – ek sê mos al lankal kinders leer nie meer die abc ordentlik nie

    BB – ek was net in en uit😆 volgende keer sal ek plan maak

    DMI – sies vir jou👿

    RTS – nee, sê jy maar vir ons wat dit beteken?

  6. 😆 Bwahahaha, ek is mal oor die! Moet ent nie my nekkie breuk omdat ek lag nie.
    Ek dink die “breuk” mense bly in die ooste van Pretoria, en is almal maatjies met tannie Emsie😆

  7. Probleem lê in die uitspraak. kinders word nie meer geleer om te differensieer tussen ui, ei en y nie. Hulle ken nie die verskil tussen uu en ie of eu en ee nie. Hoe kan hulle die verskil skryf as hulle dit nie eers kan sê nie.

  8. Ek gaan jou hart breuk want daar is ‘n breek in my taalopvoeding! 😉

    Ek lag ook soms vir daardie foutjies, maar ek bly stil oor die een woord of twee woord kwessie! 😯 I can laaik to be not knowing:mrgreen:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s