Sommer net

ALLE lewens maak saak. Ja, dit doen.

Toe ek destyds oor Hannah geskryf het hier, het ek nie gedink ek sal weer presies SO diep deur iets geraak kon word nie. Tot nou met die Hartswater moorde. My kop draai en draai om daardie drie mense se laaste oomblikke. Hoekom nie net alles vat en hulle los nie? Dit was nie roof nie, dit was koelbloedige moord. Mens kan mense iewers toesluit, hulle vas maak en steeds alles vat en wegkom. Maar nee, jy vat hulle saam en jy vermoor hulle. Hoekom? Daar is nie ‘n redelike rede nie. Daar is nie ‘n verskoning nie. Honger is nie ‘n verskoning nie. Apartheid is nie ‘n verskoning nie. NIKS is ‘n verskoning nie.

Daar is woorde wat sê as ‘n mens nie val vir iets nie, het jy nooit gestaan vir iets nie. Deur al die Black Lives Matter debatte en gevegte en moddergooiery, het ek probeer om beide kante van mense se saak in te sien.

Ek ken my eie hart. Ek het nie nodig om my eie hart op sosiale media te verduidelik of te verdedig nie en daarom staan ek vandag op en ek sê ek kies die kant van ALL LIVES MATTER. En ja, ek weet dat mense my gaan veroordeel, my gaan vertel ek verstaan nie hoekom swart lewens eers moet saak maak voordat alle lewens saak maak nie. Ek gaan myself slegs hierdie een keer hier verduidelik en dan nooit weer nie.

Ek sal steeds baklei waar ek diskriminasie teen ander rasse sien. Ek sal steeds my mond oopmaak en mense verwyder wat dink apartheid het enige regverdiging gehad. Maar…

Vir MY was elke lewe nog altyd belangrik. In my hele lewe was daar nog nooit ‘n dag wat ek gedink het ‘n swart of bruin lewe is minder werd NET omdat hulle nie wit is nie. Ek het nog nooit stilgebly wanneer ek onregverdigheid sien nie, maak nie saak wat die kleur daarvan is nie. Vir my is jy ‘n mens wat respek verdien, totdat jy aan my bewys dat jy nie meer my respek verdien nie.

Die kere wat ek my hand uitgesteek het om te help, was dit nie net vir “my”mense nie. Inteendeel.

Daarom sê ek vandag ALLE LEWENS MAAK SAAK. Elke. Liewe. Ene.

Veroordeel my soos julle wil. Ek sal staan daarvoor. En ek sal nie kniel vir enige lewe nie – nie wit, swart of bruin nie.

12 thoughts on “ALLE lewens maak saak. Ja, dit doen.

  1. Dis goed en reg om om te gee oor die Hartswater moorde, en ander plaasmoorde. Maar dit lyk nie vir my of diegene wat nou “All lives matter” ondersteun, verstaan dat “All lives matter” en “Black lives matter” die krete van Amerikaanse veldtogte is nie.

    “Black lives matter” is ‘n veldtog wat in Amerika ontstaan het omdat baie van die polisie daar rassisties is, en elke nou en dan ‘n swart mens vermoor. Die “Black lives matter” veldtog is bedoel om daardie spefieke probleem aan te spreek, en nie om voor te gee dat net swart lewens saak maak nie.
    “All lives matter” is die kreet van wit rassiste in Amerika wat nie wil hê dat iets oor die wreedheid van rassitiese polisie in Amerika gesê moet word nie.

    Deur “All lives matter” in ‘n veldtog oor plaasmoorde te gebruik is werklik dwaas. Mens kan nie in Suid-Afrika ‘n suksesvolle veldtog hê deur met Amerikaanse wit rassiste te assosieer nie – dit sal net harte verhard.

    1. Ek weet waar die bewegings vandaan kom. Ek assosieer nie met een van daardie twee bewegings in Amerika nie, maar die verdelers in SA wil nou hê mense moet ‘n kant kies. Vir MY maak elke lewe in SA, en regoor die wêreld, saak. Dit was my punt.

  2. Ek stem vir #HumanLivesMatter en rassisme kom veral van die swart kant af in die Kaap, maar ook uit die Bruin gemeenskap is dit soms regtig erg. Ek gee wittes lankal nie meer die skuld nie en het oor die ware verlede geskryf. Mense het opinies maar feite bly feite, en dit verskil hemelsbreed van die “Madiba het ons vrygemaak”-opinie.

      1. Jip. Want ons volkie het lankal gesigte begin trek as Jesus selfs in ‘n Christelike geselskap genoem word……

  3. Ek stem 100% saam met jou!!! ALLE lewens maak saak… ALL LIVES MATTER!!! In my kop is daar GEEN diskriminasie teenoor swart, wit, bruin of watter kleur ookal nie. Dis ‘n LEWE wat deur GOD geskep is….dus….ALL LIVES MATTER!!! Die een lewe is nie bo die ander lewe as gevolg van kleur nie. Kan ons tog nie maar die dag bereik waar alle mense mekaar as MENSE sien nie….en nie as KLEUR nie!!!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s