Ek sny dalk nou ‘n lat vir my eie gat (soos die oumense altyd gesê het), maar dit lyk na ‘n lekker speletjie, so ek wil ook – nes ‘n stout kind. Ek wil ook, ek wil ook!!!

Dis eintlik PJ se skuld, maar hy het gesê as mens saamspeel, moet jy ‘n “indemnity clause” teken, want hy; en ek haal aan “neem geen verantwoordelikheid vir die sielkundige skade en hofsake nie”.

Dit werk so: Jy mag my enigiets vra met dien verstande dat ek moet antwoord. Hou dit so by tien of minder.

N.S. Hierdie speletjie is geldig tot ek hierdie inskrywing met ‘n nuwe een vervang. En ek las by – julle hieronder moet ook 5 ander mense “tag” om saam te speel.

Ek “tag” vir Demoerin

Flitsie

Beeps

Olga

en

Skemer

GO!