Gedagtes

Lat vir my gat?

Ek sny dalk nou ‘n lat vir my eie gat (soos die oumense altyd gesê het), maar dit lyk na ‘n lekker speletjie, so ek wil ook – nes ‘n stout kind. Ek wil ook, ek wil ook!!!

Dis eintlik PJ se skuld, maar hy het gesê as mens saamspeel, moet jy ‘n “indemnity clause” teken, want hy; en ek haal aan “neem geen verantwoordelikheid vir die sielkundige skade en hofsake nie”.

Dit werk so: Jy mag my enigiets vra met dien verstande dat ek moet antwoord. Hou dit so by tien of minder.

N.S. Hierdie speletjie is geldig tot ek hierdie inskrywing met ‘n nuwe een vervang. En ek las by – julle hieronder moet ook 5 ander mense “tag” om saam te speel.

Ek “tag” vir Demoerin

Flitsie

Beeps

Olga

en

Skemer

GO!

32 thoughts on “Lat vir my gat?

  1. 1. Hulle sê jeug is vermors op jongmense. Hoe het jy jou jeug gemors?
    2. Wat was die beste preek wat jy in jou lewe gehoor het?
    3. Wanneer laas het jy fiets gery en kan jy nog fiets trap?
    4. Sing jy in die stort?
    5. Wit, geel of rooi goud?
    6. Diamante of pêrels?
    7. Wat is jou gunsteling boek wat jy oor en oor sal lees?
    8. Watter TV Karakter laat jou na drank gryp?
    9. Hoe oud was jy toe jy die laaste keer in ‘n parkie gespeel het?
    10. Hoekom is Tafelberg plat?

    1. Welkom hier Merrie 😆 👿

      1. Te vroeg te vinnig gelewe
      2. Een van ‘n dominee in die Strooidakkerk, Paarl. Oor dwelms en jongmense.
      3. Verlede jaar Maart in Kleinmond – daar is actually foto’s iewers op iemand se FB daarvan 😆
      4. Nee, ek stort en kry klaar
      5. Wit goud
      6. Diamante (pêrels bring trane!)
      7. Kennis van die aand van André P Brink
      8. Paula van Sewende Laan of Quinton in Binnelanders
      9. Verlede jaar – ek sal nie by ‘n parkie verbyloop sonder om myself te gaan dronk draai op daai ronde ding nie.
      10. Dis ‘n illusie, Tafelberg is eintlik glad nie plat nie (“Due to high-energy crystals in the mountain, light reflecting off the slopes is inverted, creating the obstacle delusion that makes the mountain appear as it does.”) 😈

  2. Ek vra dieselfde 1ste vraag oral waar ek kuier, ok?
    1. Wat sal die allermoeilikste ding in die wêreld wees as jy dit móét opgee?
    (a) Mens
    (b) besitting
    (c) gewoonte

    Vir jou:
    2. Wat dink jy is die een groot iets wat ons twee in gemeen het?
    3. Is jy die tipe vriendin wat jy graag as vriendin sou wou hê? Hoekom?

      1. Ek hettie verstaan nie, maar nou verstaan ek 😆

        Bliksem, julle vra nie maklike vrae nie, né!
        1. Wat sal die allermoeilikste ding in die wêreld wees as jy dit móét opgee?
        (a) Mens – Megan
        (b) besitting – my skaapwolkombersie wat ek by my ouma geëerf het
        (c) gewoonte – om te lees voor ek slaap
        2. Lewensvreugde
        3. Ja. I NEVER give up on my friends, al is hulle in die tronk. En geheime (regte, egtes wat saak maak) is veilig by my.

  3. 1. Droomvakansie bestemming? Daai een wat die bank gaan breek?
    2. Gunsteling TV progam – en hoekom?
    3. Die mooiste song wat al ooit gesing is, is……
    4. Malvapoeding met roomys of vla?
    5. Sondagmiddag – lamsboud of braavleis?

    1. 1. ‘n Reis met ‘n seiljag om die wêreld. Of anders Jamaica of Mexico.
      2. Desperate Housewives – dis so lekker dekadent
      3. Afrikaans: Gaan sê vir die angels (Adam Tas) / Engels: If I could fly away (Frank Duval)
      4. Roomys
      5. Lamsboud

  4. 1. Eerste date waarop jy gegaan het?
    2. Reën of sonskyn?
    3. Indien jy as jong ongetroude meisie sou swanger word, wie sou jy eerste
    vertel het?
    4. Sou dit maklik gewees het om jou ouers te vertel?
    5. Gunsteling kos?

    1. 1. Rugby toe, saam met my skoolkys van st. 8 (tot na skool en met wie ek amper getroud is)
      2. Sonskyn!
      3. My ma
      4. Maak jy nou ‘n grap?! Nee! My pa sou tien teen een my gatvelle afgetrek het, swanger of te not.
      5. Griekse slaai (en tjoklits!)

  5. Hmmmm. Ek voel ekstra evil vanaand…
    1. Die regering kondig nuwe wetgewing af wat bepaal dat jy ‘n maksimum van sewe blogs/webtuistes mag volg. Watter 7 sal jy kies?
    2. As jy enige iemand kon laat verdwyn…nee wag, laat ek herfraseer…as jy enige politikus kon laat verdwyn, wie sou dit wees?
    3. Vis, hoender of rooivleis as stapelvoedsel?
    4. As jy jy huis net so kon optel en enige plek op die aarde neersit, waar sal dit wees.
    5. Wat was die gelukkigste tyd in jou lewe?

    1. Shit PJ – you have no mercy, you take no prisoners!
      1. Trust die regering om sulke k@k aan te jaag! BB; Demoerin; Wosonki; Herriemerrie; Cantus; Rosalind; Schalkskryf. Damn! Julle ander, vergewe my asb, want die regering weet nie wat hulle doen nie.
      2. Net een? Pity. Eintlik wil ek sê die nar wat ons president is, maar dan kom die klein hansworsie dalk aan bewind. So ek sal maar die klein hansworsie kies – ou Julius.
      3. Vis
      4. Iewers op ‘n verlate eiland (maar daar moet internet wees 😆 )
      5. My matriekjaar – regtig. Dit was feeste.

  6. Ek wonder of dit nie ‘n lat vir ons almal se agterente is nie 😉 maar wat ‘n fantastiese tag speletjie!

    Hier is nog ‘n paar vragies van my kant af:

    1. Wat is die mees gewaagste daad wat jy tot nou toe aangepak het?

    2. Waarheen sou jy die graagste wou reis?

    3. Gunsteling gereg?

    4. Honde of katte?

    5. Gunsteling woord of sê-ding?

  7. Ag lekker!

    1. Hou jy van familiename?
    2. Wat wou jy word toe jy klein was?
    3. As jy jou beroep nou kon verander sonder moeite en sonder vreeslike geswot, sou jy en wat sal jy doen?
    4. As jy aan Jesus dink, watter beeld sien jy voor jou?
    5. Wat is jou gunstelingblom?

    1. 1. Vir seuns, ja; vir meisies, nee – (dis nou seker diskriminasie LOL!)
      2. ‘n Lugwaardin (maar toe ek groot was, toe is ek te kort)
      3. Ja, ek sal definitief. Staatsaanklaer.
      4. Ek het nog nooit regtig aan ‘n beeld gedink nie, Jesus IS maar net hier by my.
      5. Angelier

  8. Terug pieng: Vra is vry « Cantus!
  9. 😈 👿 😈

    Ek is mal daaroor om vrae te vra. Ek kan nie glo ek mag net 10 vrae kry nie. Dit is unfair!!!

    1. Wanneer laas het jy mal gegaan op tequila?
    2. Het jy iewers jou Skype verloor?
    3. Waaroor was jy die spytste in jou lewe?
    4. Wat is jou gunsteling bord- en/of kaartspelletjie?
    5. Wat bestel jy gewoonlik in KFC?
    6. Wie is die mooiste man in die wêreld?
    7. Hoeveel spoedkaartjies het jy in 2010 gekry?
    8. Watter een van jou eie inskrywings is jou gunsteling?
    9. Kan ek ‘n getekende kopie van jou eerste boek kry?
    10. Mag ek net 10 vrae op ‘n slag vrae of moet ek net met ‘n ander naam terug kom?

    1. 1. Honestly? Ek kan nie onthou nie. Deesdae drink ek mos Jack Daniels.
      2. Nee, ek sal dit vandag weer aansit 😆
      3. Fok (ekskuus) – baie dinge. Die vernaamste: Dat ek nie na skool direk universiteit toe is nie
      4. TOE ek nog bordspeletjies gespeel het = Cluedo. Kaarte: deesdae sommer net solitaire op my foon. Maar ek KAN ‘n mean game poker speel.
      5. Zinger Burger meal
      6. Hel, jy vra moeilike goed! Mmmm – die mooiste – seker maar Brad Pitt. Die aantreklikste (vir my) Robert Downey Jr
      7. Bwahahaha – goeie vraag. Ek sal moet gaan tel.
      8. By Sonkind – Verlange (gepost op 13 Maart 2008) / By Kouevuur – Onbekend is onbemind (gepost op 22 Junie 2010)
      9. Ek belowe – jy sal die eerste een warm van die drukkers af kry, geteken en als 🙂
      10. Kom ons kyk hoe kreatief jy kan wees, ek sal nie ondersoek instel as ek vreemde kommentators hier sien nie 😉

  10. Ok, hier is my paar:
    1. Soet of sout
    2. Koffie of tee?
    3. Beste besluit wat jy in jou lewe geneem het?
    4. Enigiets wat jy sal anders doen as jy dit kan oor doen?
    5. Valletjies of plain?
    6. Kan jy ‘n pap band omruil?
    7. Bad of stort?

    1. 1. Soet
      2. Koffie in die oggend; tee die res van die dag
      3. In 1991 – toe ek my kinders en my hond gevat het en teruggekom het Kaap toe
      4. Aangebly het in die PF (Weermag)
      5. Definitief plain (ek word nie dood gesien met ‘n valletjie nie, behalwe dalk op onderklere 😉
      6. Sal kan as ek moet, het nog nooit nodig gehad nie – touch wood
      7. Bad (maar met die onlangse hittegolf het ek stort begin waardeer)

Lewer kommentaar op Twilight Kanselleer antwoord