Sommer net

Weer Hannah

In al die maande spook sy nog steeds by my. Ek weet nie die rede nie, maar ek kon haar nog nooit vergeet nie, al het ek haar nie geken nie. Ek het destyds HIER oor Hannah geskryf

Ek weet daar word elke dag mense vermoor in ons land, en my hart breek vir elkeen. Maar Hannah… sy los my nie.

Die afgelope weke staan haar moordenaars in die hof, meer as ‘n jaar later, en ek gaan lees elke oggend die vorige dag se getuienis. En ek weet ek moenie, maar ek kan myself nie help nie. Dis asof iets buite myself my laat lees en aanhou lees. En ek word kwater en kwater, al weet ek woede is nie die antwoord nie.

Hannah se ma is intussen oorlede. Dis dalk beter so, vir haar. Ek weet nie of haar pa of ander familie in die hof is nie en ek hoop vir hulle part dat hulle dit eerder gespaar bly. Want dag vir dag staan daardie vier daar en daar word getuig wat hulle alles aan Hannah en Cheslin gedoen het. Ek wil hulle ruk en skud. Ek wil hulle vra of die roof en verkragting nie genoeg was nie, kon hulle nie maar daardie twee kinders se lewens gespaar het nie? Want maak nie ‘n fout nie, hulle wou vir Cheslin ook doodmaak. Sy lewe sal ook nooit weer dieselfde wees nie.

Ek wonder hoe voel die advokate wat hulle moet verdedig.

Ek wonder hoe verloor mens jou menswees so dat jy ‘n ander persoon met ‘n klip doodslaan.

En ek weet dat hierdie hofsaak my empatie, waarvan ek gewoonlik baie het – ek probeer altyd die ander ou se kant ook insien – dat hierdie hofsaak my empatie stukkie vir stukkie opvreet.

En ek weet dat as enigeen dit ooit aan ‘n meisiekind van my doen, en hulle word gevang, sal geen hof of staat of polisieman my keer nie. Ek sal hulle doodmaak. Ek gee nie om wat daarna nie. En moenie my vertel dat vergifnis mens vry maak nie. Wraak sal my vry maak. As iemand ‘n vinger op ‘n kind van my lê.

Die Here hoor vir my.

Advertisements

10 thoughts on “Weer Hannah

  1. DIe Here hoor…vir jou & vir my. Geen vergifnis vir sulke dade nie. Hoekom moet hulle bly lewe??? Ek sal hulle vrekmaak….in daardie hof

  2. Ek begin ook deesdae wegskram daarvan om sulke dinge te lees, want ek het ook ‘n dogter. Dit sny deur my soos ‘n skerp mes, maar ons moet bewus bly van die gevare. Ek stem saam, ek glo nie ek het dit in my om vergifnis te skenk, sou enige van my kinders so iets oorkom nie.

  3. Ek het hier by jou gelees, maar omdat ek enige sulke wreedaardige sake vermy, ken ek nie die detail nie. Tog, ek tel jou woede en magteloosheid op, en soos jy weet ek ek sou ook wou wraak neem.

    1. Nee seegogga, ek weet nie. Wat ek wel weet is dat die een man ‘n werk het en toe die staatsaanklaer vir hom vra hoekom dit dan vir hom nodig is om te roof as hy wel ‘n werk het, sê hy “dis maar hoe die lewe is, Meneer.” NEE. Net NEE. Dis NIE hoe die lewe is nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s