Sommer net

Agter elke mens

is ‘n vrou wat die lewe aan jou geskenk het. Vandag salueer ons elke vrou, goed of sleg, want in elke goeie mens is daar donker en in elke slegte mens is daar lig. En soms doen mens slegte dinge vir oorlewing en soms doen mens goeie dinge net om te spog, so watter een is dan eintlik goed of sleg? Soos alles is dit ‘n saak van perspektief en elkeen moet uit sy eie verwysingsraamwerk kyk en oordeel.

Ek persoonlik kan ‘n boek skryf oor die vroue wat deur die jare my lewe geraak het. Positief en negatief. En mens onthou, meer as wat mens soms dink jy kan onthou. Daar was my Sub A juffrou (positief), my LO juffrou in die hoërskool (negatief), die matriekmeisie wie se DIT ek was in standerd 6 (positief), my korporaal in die Vroue Leërkollege op George (positief), my senior by my eerste werk (negatief), my baas by my vorige werk (groot positief). Selfs die negatiewe lesse kon ek later jare omskakel in positief, nie omdat ek so goed was nie, maar omdat twee belangrike vroue in my lewe, my ma en my ouma, my geleer het van eiewaarde. Hulle het my geleer van sterk staan in woeste winde, van buig saam met die wind, maar nooit nie, NOOIT NIE, breek nie.

My ouma is weg toe ek maar net 18 was, maar sy het ‘n groot genoeg erfenis agtergelaat dat sy nou nog, meer as 3 dekades later, steeds lewensgroot staan in my onthou. Sy het haar kinders 5 jaar lank alleen grootgemaak terwyl my oupa in die oorlog was. En toe hy terugkom, het hy steeds vir jare weg van die huis af gewerk. Sy was die een wat moes dissipline toepas en die leisels bymekaar hou. En sy het. Soos baie vroue voor haar en soos baie vroue na haar. Sy kon weliswaar lid wees van die skoner geslag, maar ek glo nie sy was ooit lid van die swakker geslag nie.

Dan was daar my ma. Oor 4 dae is dit 2 jaar. Wat sy ook weg is. Dis nog rou, al dink mens nie heeltyd daaraan nie. Daar is ‘n wêreld se onthou van my ma, maar as iemand my ooit sou vra om een ding uit te sonder, dan is dit die lag. Haar lag, haar humorsin. Geen mens of situasie kan jou permanent onderkry solank jy iewers die humor daarin kan vind nie. En selfs as daar geen humor te vinde is nie, moet jy nooit ooit toelaat dat jou lag gesteel word nie. Want glo my maar, solank jy nog onthou hoe om te lag, is jy nog okay.

Dit was die twee belangrikste vrouens in my lewe, wat nou weg is, maar tog nooit weg sal wees nie.

Daar is ander ook. My dogter, my susters, my skoonsuster, my sub A maatjie wat ek deur die jare verloor en gevind en weer verloor en weer gevind het, ander vriendinne, niggies en tannies. Terwyl ek hier tik, besef ek hoe bevoorreg ek is. Ek ken baie vroue, vroue waarvan ek hou. Vroue wat soms katterig is, soos net vrouens kan wees, vroue wat soms skinder, soos net vrouens kan. Bitches en babes. Maar ongeag, inherent goed. Vroue waarmee ek sal oorlog toe gaan, indien ooit nodig. Ek salueer elkeen van hulle, vandag en ook op al die ander nie-vroue dae.

17 thoughts on “Agter elke mens

  1. Dear Sam

    Yes, I do talk to her, sometimes just in my head, sometimes when something happens that I would have liked to share with her. To me, she is just around. It might sound strange, but I believe our loved ones live on in our thoughts and memories and talking to them is not weird🙂

  2. Dear Anne-Marie:

    The video and your words are very special and moving.

    Do you ever talk to your Mom ? I lost my parents many,, many years ago and I still talk to them. On a clear night I’ll walk outside and look up at the stars in the sky and I’ll tell them of the things going on in my life ,,, then I listen to (remember) their advice and in my mind’s eye seeing their smiles.

    On the next clear night go outside, look up at the stars and visit with your Mom. It works for me,, it may work for you too.

  3. Ek verskil van my liefste mamma so wyd soos die ooste van die weste lê. Was nog altyd my Dad se kind gewees. Seker die dat ek na amper 12jaar steeds blinkoog word as ek praat van hom.

    My mamma moes noodgedwonge leer om te self. Iets wat sy in haar lewe nie ooit hoef te geleer het nie. Vir die afgelope 12jaar kyk ek hoe my mamma aangaan sonder haar helfte, want ‘n helfte soos in die boeke was my Dad vir haar.

    Sy het nou vir ‘n wyle kom kuier by my en die dag nadat sy haar suster moes groet (hulle het weggetrek) klim sy vrou alleen – wat ‘n eerste vir haar is op 57 – en ry die meer as 600km pad terug huis toe. Wetend dat daardie kasarm van ‘n huis dolleeg vir haar wag.

    Toe ek haar vra of sy oraait is was haar antwoord “Ag my kind, ek het my huile gehuil en besluit be damned met dit, ek gaan aan met my lewe en toe gaan tee drink by Oom Paul-hulle”.

    Ek salueer my ma wat my die afgelope 12jaar gewys het dat die lewe jou platklap dat jy sterker en wyser kan opstaan.

    Jou ouma en ma sal altyd bly voortleef Son en daarvoor salueer ek jou. Hulle het jou gevorm en met daardie het jy jou dogter gevorm en so gaan die wonder van daardie twee mense nooit tot niet nie. xx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s