Gedagtes

13 Augustus 2012

Ja ma, dis al weer twee jaar. Ek gaan nie vandag vir jou fancy woorde skryf nie. Die seer is nou al hanteerbaar, die onthou raak nooit minder nie. Maar dis nou al ‘n mooi onthou. ‘n Onthou met ‘n lag en so nou en dan ‘n traan. En soms ‘n paar trane in die stort, soos vanoggend. Want dis al weer die dertiende. Soos ek gesê het, geen fancy woorde of gedigte vandag nie, net ‘n liedjie vir jou. Want saam met jou lag, het jy ons ook geleer van sing. Daar was altyd musiek. So laat daar musiek wees, waar jy is, vir nou en vir altyd. Love you to the moon and back.

8 thoughts on “13 Augustus 2012

  1. Wat salmens tog sonder sulke moeders maak. My moeder is 2006 reeds oorlede en met tye gesels ek nog met haar in my enigheid. Dis n deel van n mens se bestaan en sal bly voortbestaan

    1. Ek praat ook nog baie met my ma, so in my kop. Veral as ek iets doen wat ek weet sy nou nie regtig sou goedkeur nie, of as ek iets beleef waaroor ek weet sy lekker sou gelag het. Dis haar lag, haar humorsin, wat ek die meeste mis.

      1. Ja, ds waar. Soos ek nou hier sit en vir jou skryf het ek so sterk gevoel van liefde vir haar .Wens ek kon haar nog n ekstra druk gee want sy het baie swaar gekry haar laaste jare en self laaste dae voor haar dood.

  2. Jy laat my sommer verlang na my ma.Ons was so naby aan mekaar en sy is al elf jaar weg.Dankie vir die pragtige skrywe.Dis heerlik om hier te lees.

  3. Reblogged this on Skeletor's Journal of Evil and commented:
    Om jou ma te verloor, los ‘n leemte wat net heeltemal anders is. Ek het al ooms, tannies, oupas en oumas en ‘n broer verloor. Maar jou ma?
    Die pos het my laat onthou van ‘n baie spesiale dag wat ek en my ma en my einste oorlede boetie afgery het na Oupa en Ouma toe.
    Daai jaar het ons iets gedoen wat ons nog nooit gedoen het nie: Gesing. Aai Aai die Witbors kraai, Suikerbossie… net wat ons kon.
    Die ding wat dit vir my so besonders gemaak het, is dat my ma nie een was vir sulke geite nie. Maar daai dag het sy gesing. Lekker gesing.
    Dankie Kouevuur. Hierdie pos van jou het my weer laat onthou…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s