Gedagtes

Sondagaand

Ek kou nie meer my polse op Sondagaande omdat more Maandag is en ek moet gaan werk nie. Werk is nie altyd lekker nie, maar ek is gelukkig waar ek nou is.

Nogtans is daar iets aan ‘n Sondagaand. Hartseer, heimwee, nostalgie? Ek is nie mooi seker wat se woord om daaraan te koppel nie. Dis net hierdie stil traan-oor-die-wang gevoel wat in my bors kom sit.

As die son kom sak en die horison pienk-pers-oranje inkleur, dan verlang ek na mense wat ek eens geken het en langs die pad verloor het, en ook na mense wat ek nooit geken het nie.

Dis dan wat ek ver kyk en onthou van kinders met lee oe en honger mae. Mense met einas waarvoor daar geen salf of pille is nie. Ek het nog altyd te veel gevoel, ander se seer te na aan my vel laat kom. Nie elke dag nie, maar op heimwee dae, soos Sondae, kom spook dit by my.

Dan wens ek om in ‘n bubble te kan klim en hoog weg te sweef, niks te hoor nie, net happy te voel en reenboogkleure te sien. Maar die lewe is nie ‘n sprokie nie en Sondae is ‘n bliksem.

En more is dit weer Maandag😉

11 thoughts on “Sondagaand

  1. Sondae is heimwee dae, toegegee. Tog is dit met skemer dat nostalgie in my hart kom nesskop. Die res van die Sondag is tog ok. Snaaks ook mens nie eersaamheid so sterk voel soos tussen ‘n skare mense nie.

  2. Hello Son
    ek sal weer kom kuier. wens ek kan ook daai bubble iewers ontdek, maar ek wil seer mense daarin sit sodat hulle nie meer hoef te voel hoe ander oor hulle loop nie.

  3. Haai ou Vlammetjie, hoe mooi beskryf jy nou hoe Anna ook soms op Sondagaande voel, veral wanneer die hordes hier was en nou is hulle huis toe en ek en Matroos is weer alleen. Die Sondag wat nou verby is, het ek ook weer so begin voel en toe duik ek daar in die Niel Diamonds in en sweef weg op sy musiek saam met Jonathan Livingston Seagull. Wonderlik wat daai man se stem met my emosies kan doen.

  4. Sondae van my gewoonlik onkant. As ek my oë uitvee dan sit ek in my kar oppad werk toe en wonder waar op aarde Sondag heen is. Ek kan nie besluit wat is meer sad nie😦

  5. Ek kry dit ook… eintlik kry ons dit altwee. Maar gister het toe so ‘n mal besige dag uitgedraai, dat teen die tyd dat melancholy ons gewoonlik sou oorval, was ons te poegaai om die feeling te ‘vang’…
    Heimwee-dag… mooi woord daai
    x

  6. Dis great dat jy gelukkig is met jou werk etc. Ek is eintlik gaande oor daai lekker hartseer heimweë gevoel. Maar te veel daarvan is nie goed nie. Mooi week vir jou!🙂

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s