Gedagtes

‘n Grote

Dis die vooraand van nog een. Een van die heel grotes. Oor ‘n paar uur is ek ‘n hele jaar ouer. Dis dan wat mens gaan stilsit en wonder; ek het tot hier gekom, wat het ek om daarvoor te wys en wat nou verder?

My antwoord? Aan aardse skatte nie te veel nie, maar van die hart se skatte… meer as wat ek verdien.

My kinders, my ouers, my broer en susters, my geliefdes – hulle is almal nog hier waar ek enige dag met hulle kan gesels. Ek kan vir hulle blomme gee, ek kan met hulle baklei of vir hulle lag. Ek is inderdaad ryk en geseend.

In my lewenspad tot hier geloop het ek ‘n sak vol verkeerde keuses gemaak, verkeerde afdraai paaie gevat, maar Een Hand het ek nooit gelos nie en vandag staan ek hier. Vol lewensletsels, maar dis wat my maak wie ek is en ek is quite alright met hierdie ou girl.

Wat het die Lewe my geleer? Twee goed.

Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Two wrongs will never make a right. Nie in ‘n miljoen jaar nie. Mense word kwaad vir mekaar en baklei, maar as iemand oor jou pad kom wat jou nie goedgesind is nie, vir watter rede ook al, draai om en stap weg. Om te haat of om in vetes betrokke te raak, is om ‘n stukkie van jou siel vir die duiwel present te gee. En ek gun die duiwel NIKS.

Moet nooit moed opgee nie. Die nag is op sy donkerste net voor die dag breek. En wat vandag soos ‘n onmoontlike probleem lyk is in die groter prentjie van die heelal net ‘n stofkorrel en oor ‘n jaar kyk jy terug en besef dat dit nodig was dat daardie probleem oor jou pad gekom het.

Elke mens het lig en donker in hom, al sal min van ons dit erken. Elke mens kies watter een gaan hom regeer. Ek kies die lig.

Ek het minder jare oor as wat ek al reeds geleef het, maar ek is okay daarmee. En as ek eendag beskore is om op ‘n stoep te sit met ‘n kleinkind op die skoot, sal ek hom kan vertel dat hy eintlik nie besef dat sy ouma cooler as Jack Parow was toe sy jonk was!

27 thoughts on “‘n Grote

  1. Baie geluk hoor, en dankie vir die lekker lees sedert 2007 al!
    Ek sal nooit vergeet hoe verbaas en beïndruk ek was toe ek daardie perlemoen storie gelees het nie, en ek is nog al die tyd bly dat ek jou blogs ontdek het.

    1. Alleman – jy maak my hart warm met jou woorde. Deesdae voel dit asof ek net “bubblegum-stuff” skryf. Maar ek sal weer my Muse vind😆

      Daai perlemoen storie – ja. Nou na alles kan ek jou seker maar sê – dis so na aan die waarheid as wat bliksem aan vloek is😉

      Ten minste sal ek baie stories hê op my oudag op my stoep.

  2. hartlik geluk! Ek glo die lewe het jou ook baie MOOI geleer. Dankie dat jy jou ervarings en gedagtes hier met ons deel. Dis kosbaar. mag jy regtig die Here se seen ervaar en geluk en vrede met jou gesin

  3. Ek so bly jy hou van daai girl, want ek hou ook van haar (die bietjie wat haar blog my geleer het), en ek hoop sy gaan in die tweede helfte van haar lewe uit haar sokkies geseen (hoe maak mens ‘n deelteken?) word.

  4. Baie Baie geluk!
    Dis lekker as mens kan terugdink, en besef dat mens se lewe nie net verryk is deur die goeie nie. Die mens wie ons vandag is, is ‘n samestelling van goed en sleg, lag en trane.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s