Die Lewe

En daar was water

Ek kyk om my heen en sien hoe elke mens net aangaan met sy dinge. Ons eet, ons slaap, ons Facebook, ons lag, ons braai, ons drink. En ek sluk aan die knop in my keel. Want die afgelope paar weke wil ek elke keer vra; “Hoe kan julle lag, vrolik wees, te veel eet, kuier en gesels, asof daar niks fout is nie. Daar is mense en diere wat al vir weke en maande nie water het nie! Nie ‘n druppel nie.”

Ek weet ek is simpel, belaglik, onrealisties. Die hele wêreld is vol tragedies en rampe. Mens kan nie elke keer ophou lewe as daar ‘n ramp iewers is nie. Maar mens kan help. En hierdie skrywe is eintlik om hulde te bring aan die gewone mense, elke gewone mens, wat hul tyd, hul geld, hul vervoer, hul stoorplek gegee het om water in te samel en water te vervoer na plekke waar daar nie is nie. Ons beleef tans die grootste droogte in 30 jaar – en soos ek hier skryf wil dit begin lyk asof die droogte gebreek gaan word – dit reën glo oral in die binneland. Die Suid-Oos waai ons weg in die Kaap, maar vir een keer pla dit my nie, want dit beteken reën vir die Noorde.

Sover ek gelees het, het twee Van Saasen dames die inisiatief geneem en begin water insamel. En van daar het die projek vlerke gekry. Terwyl rasse herries party mense besig gehou het, het ander Suid-Afrikaners hul hande uit hul moue gesteek om nood te verlig.

Ek weet nie eers wie almal nie, maar vervoermaatskappye het van hul trokke beskikbaar gestel om die water te vervoer, Suid-Afrikaners in die buiteland het geld gestuur om te help water koop / vervoer. Een vrou het haar hele motor vol waterbottels gelaai, selfs in haar babasitplek was drie bottels vasgegespe, en sy het vrou-alleen water aangery na die Vrystaat.

Ek het ‘n paar foto’s afgelaai by Water Shortage South Africa om julle ‘n idee te gee

water 1

water 2

water 3

water 4

water 5

Hierdie is maar net ‘n paar van ‘n hele netwerk van mense wat ingespring het en kom help het. Daar is vele meer. En dan die gesiggies wanneer die water by hul bestemmings uitkom, waar party van hierdie mense weke laas lopende water uit ‘n kraan sien kom het:

FB_IMG_1452544749859

FB_IMG_1452544840552

FB_IMG_1452544851881

FB_IMG_1452544864341

En dis nie net mense in toue wat water gekry het nie. Water is afgelaai by ouetehuise, by DBV’s, by skole en skoolkoshuise. Oral waar daar nood is. En die waterskenkings stroom steeds in.

Ek is vandag weereens ‘n trotse Suid-Afrikaner. Ons maak mekaar seer, ons skel mekaar, ons ignoreer mekaar en ons leef elkeen in ons eie ou bubble’tjie. But when it gets deep down to the serious stuff – then we all come to the table and we do what we have to do. En toe ons begin gee, sonder om aan onsself te dink, toe kom die reën. Ironies? Ek dink nogal nie so nie.

Hierdie ding van die water – dit gaan nog lank met my saamloop. Dis in my weefsel ge-tattoo. Die hartseer daarvan, maar ook die mooi daarvan. As jy jou krane oopdraai vandag en daar kom water uit, vat ‘n paar sekondes om dankie te sê.

 

15 thoughts on “En daar was water

  1. Hier het my my al weer aan die tjank, soos ek elke keer tjank sedert ons land se mense water aangery het Beaufort Wes toe, daardie keer was dit Amore Bekker van RSG se inisiatief.
    Net een mens is nodig om ‘n lawwe plan uit te dink en dan gebeur dit in ons land. Ek l o v e ons land en sy mense!

  2. Toe my bediende hierdie naweek Vredefort toe gaan vir haar niggie se begrafnis en sy sê sy is bly, want dan kan sy water vir haar kinders saamvat, toe breek my hart.

    Dis ‘n hengse ding, hierdie water storie. Mooi geskryf!

    1. Ons was al so keer of wat vir ‘n paar ure sonder water op die plaas. En elke keer was ek so gefrustreerd. Ek kan my nie eers indink hoe moet dit vir daardie mense wees nie. Ons wat water het, neem dit as vanselfsprekend.

  3. Ooh die rasse ding maak my klaar en naar…
    Sjoe maar al daai trokke wat die bale voer vir die boere aanry EN die water projek, maak my net so trotse Afrikaner. Ons kan nog saamstaan. Ek was die afgelope tyd gereeld in trane oor die vee nie kos het om te eet nie en vrek van honger en dors… oor boere se plase soos grondpaaie lyk. SOOO dankbaar vir elke bietjie reen wat val.

  4. Ek dink geensins jy is belaglik nie, dit was/is vir my ook ‘n erg emosionele ding, my hart pyn vir die mense en diere. Ons dorpie het ook so water projek begin, en ons skenk ook voer waar ons kan. Ons het al lekker baie ingesamel en gaan aflaai, en nogsteeds samel ons almal in. Ek het my baas oorreed om groot tenks water (van my werk se booorgat) te skenk namens ons maatskappy.

    al die maatskappye in die dorp “challenge” mekaar om te sien wie skenk almal wat.

    En dis so waar wat jy sê, hoe ryklik geseënd is ons nie die afgelope paar dae met BAIE reën nie. Ek kla nie eers oor die stormskade aan my huis nie, ek is net te dankbaar vir die reën.

  5. Sus…..jy het net die ‘gift’ om ‘n ding te skryf soos dit is….maar ook so dat ek sommer net wil lag…of huil…..hang net af van die ‘topic’. Lief jou…..en moet NOOIT ophou skryf nie! xxx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s