Sommer net

Om nie wyn te (wil) drink nie

Ek hou nie van wyn nie. Nie witwyn nie, en ook nie rooiwyn nie. En ek voel elke keer asof ek moet minderwaardig voel wanneer mense oral “rave” oor ‘n glas wyn. Hulle dig oor wyn. Hulle sê goed soos:

“I cook with wine, sometimes I even add it to the food.” (ek kook ook met wyn, in die pot, nie in die glas nie)

“Either give me more wine or leave me alone.” (los my dan maar alleen, met of sonder jou wyn)

“Beer is made by men, wine by God.” (God hou nie van my nie?)

En aan, en aan, en aan. Ek het al ‘n kompleks. Ja, ernstig, ek het. Daar moet iets verkeerd wees met my. Dis nie dat ek nie al probeer het nie. Die hemele weet, ek het probeer. By etes, sonder etes, by partytjies, sonder partytjies. Ek het selfs een keer ‘n hele bottel alleen uitgedrink. Dit het veel gehelp. Ek het twee dae lank nie my bed nodig gehad nie, ek het sommer op die badkamer matjie geslaap, so langs die toilet.

Ek was al by wynproë, dan moet ek maak asof ek al hierdie geure raak ruik en proe. Wind, gras, bessies, donker sjokolade – whatever! Al wat my interesseer is die bygeregte so by die proe.

Ek vermoed my gene trek sterk na die ‘plaasvolk’ se kant toe (en moet in hemelsnaam tog nou nie ‘n rassistiese storie van die woord gaan staan en maak nie!), want ek kan nogal ‘n soetwyntjie deur my sisteem kry. So ‘n hanepootjie, of ‘n sjerrie, of Four Cousins se Rosé. Dit kan ek drink. En geniet. Maar dis mos nie wyn in die la-di-da wynmense se boek nie. Dis kommin soos kaas. Vermoed ek is dan ook.

Eintlik drink ek nie sommer nie, maar “I can hold my own” met sterk drank. Vreemd genoeg. Nie brandewyn nie – my kiewe trek sommer skeef. Whisky het ek geleer drink, eintlik net Jack Daniels en dis glo nie whisky nie, sê die sogenaamde kenners, maar ek hou daarvan. En dan… gee my Vodka, of Tequila. Ek love dit.

As ek dit oorvertel kyk mense my vreemd aan. Vreemder as wat ek sou gesê het ek hou van brandewyn en coke – Yuck.

Meeste van my vriendinne love wyn. Ek love hulle. Maar hulle moet my tog maar nie afskryf omdat ek nie hulle wyn love nie. Ten minste kan hulle altyd die wyn los – by my – dit sal doodveilig wees😉

 

 

 

42 thoughts on “Om nie wyn te (wil) drink nie

  1. En ek dog ek is die enigste een wat nie wyn kan verdra nie. Nee dankie, nie vir my nie. Nie rooi nie, ook nie wit nie. Hoe droeër, hoe slegter. Ek probeer dit gereeld, maar dit blyk dat my ‘acquired taste’ nog nie ten volle ontwikkel het nie…

    Ja vir die 4 nefies se rosé en ja vir soetwyn, veral ‘n lekker muskadel. Maar gee my eerder koffie, enige tyd van die dag of nag. Kits is oraait, maar dan moet dit die ordentlike soort wees. Nie Nescafe of Ricoffy of Frisco wat lyk soos bruin Johnsons baby powder nie.

    Sukkel myself simpel in ‘n restaurant wanneer ek moet besluit wat ek wil drink. “Jammer, gee my nog so paar minute”, blaai weer die wynlys verwoed deur van voor na agter en agter na voor, terwyl ek eintlik net ‘n bleddie koffie wil hê!!! In ‘n beker, maar dan moet dit ordentlike koffie wees en nie iets wat al heeldag staan en trek nie! Meeste restaurante se filterkoffie lyk (en smaak) soos sterk roeswater.

    Sodra ek dan al my moed bymerkaargeskraap het en jammerlik skaam vir die waitress sê “Ag, kan ek net ‘n koffie kry asb?”, is ek onmiddelik spyt, want ek weet sy gaan omdraai, haar oë rol en dink “seriously???” omdat ek nie my mind kan opmaak nie en dan ‘n donnerse koffie wil hê. Lyk sy soos ‘n flippen barista? Dit maak dat ek kliphard agter haar aan wil skree “Nee wag, maak dit eerder ‘n tjoklik milkshake. Double thick. Van daai soort wat jy met ‘n lepel moet eet.”

    Maar ek sit en hou my mond, en wurg dan maar later my roeswater restaurant koffie af. Dit terwyl ek ‘n milkshake kwaai lus, en die laaste bietjie met ‘n harde slurpgeluid wil drink sodat die stywelip tannie met die twinset en nekserpie à la Paris by die tafel langsaan aan haar wyn stik en vererg omdraai om te kyk wie hul ongemanierde kinders na ‘n fensie restaurant bring. My man rol net sy oë as ek hom dit vertel…

    Ek het so ‘n paar jaar gelede die oplossing vir hierdie probleempie van my gekry. Coke is gangbaar, maar ai, die vetjies wat daarmee saamkom, is nie. Dan maar eerder ‘n Tab. Voordat die waitress ook haar oë vir my ‘soft drink’ rol – nie ‘n skoon Tab nie, maar met ‘n enkel skeut Kahlua daarby. Mos koffie likeur. Diegene wat dit nog nie probeer het nie – en daar is baie – probeer dit. Moer(koffie) lekker. Onthou tog net dat indien jy dit in ‘n restaurant/kroeg bestel om tog duidelik te sê “single Kahlua EN Tab. In ‘n blikkie. Meeste plekke bring vir jou ‘n shotglas vol Kahlua en ‘n glas van daai pisflou masjien Tab. Is dit ‘n Tab chaser na die Kahlua shot?!? Kry ek ‘n strepie strooisuiker op my hand om vooraf te lek, en ‘n skyfie kiwivrug om aan te suig na die Kahlua shot?

    So Tannie Twinset, swaai maar jou wyn in jou glas rond totdat dit soos ‘n maalkolk lyk, kyk hoe diep jy jou neus in jou glas druk terwyl jy hoogdrawend praat oor die wyn se tanniene, en los my sodat ek my koffie/milkshake/Jannie-verjaar-koeldrank kan geniet sonder om minderwaardig te voel omdat ek nie ‘n wynglas vasklou nie.

    Terwyl daar nog koffie en Kahlua is, pass my maar as dit by die wyn kom. Onlangs by ‘n chocolate and wine pairing gewees saam met werk. Nogal organiese wyn. Smaak organies k*#@!!!

    Ten minste was die tjoklits lekker…

  2. Nou ja Son dis nou maar so met my ook, behalwe my drankie is KOFFIE – hoe meer hoe beter – enige tyd van die dag of nag, winter of ons hel-se somer wat ons op die oomblik het, my oorle broer was so lief vir tee en hy het altyd gese, (as ek vra – in die hitte?) “ek drink nie omdat ek koud kry nie, ek drink omdat dit lekker is”… mooi naweek vir jou!

  3. Die wynboer het ‘n wêreldprys gewen met sy wyn en laat toe sy plaaswerkervoorman proe daaraan. Sy kommentaar? “Meneer, as meneer ‘n koper hiervoor kry moet meneer maar eerder laat loop.” …😉

  4. oooowiieeeeeeee – smaak my ek is die drink sondebok in dieze geselslap want hoewel ek nie die la di da wyn-kultuur soort is nie is ek LIEF vir wyn ….. wit, en droog en met baie ys, rooi doen dit nie vir my nie. Ek post immer wyn-gesegdes op my FB profile, ons kook met wyn, ons kuier met wyn … om ‘n moontlike lang relaas kort te maak volstaan ek met die erkenning/bekenning dat ek vreeslik baie van wyn hou. Anders as jy doen ek nou weer nie sterk drank nie – nie dat ek NIE daarvan hou of dit my sleg affekteer nie (ek stam dalk af van alkoholiste in vroeere geslagte) maar ek drink eerder ‘n lang wyn as brandewyn en coke. Waarvan ek BAIE hou – soms het ek gewoon LUS vir branfien+coke. En ek beskou dit nie noodwendig as kommin nie, al weet ek dis meer brandewyn-KULTUREEL korrekom dit met ‘n blokkie ys of druppel water te sluk. My man is erg oor whiskey (single malt) en het my al mooi geleer daarvan, maar ek sal nie sommer dat hy sy duur genot op my mors nie, dis ‘n waste want ek hou meer van WYN. So doen ek van tyd tot tyd maar veral in die somer G+T …en ek dink dis dit. Party van my vriendinne kuier NET op vonkel maar dit maak my kop seer, dis nou die EEN ding wat ek NIE sommer drink nie.
    Jy kan met graagte in my geselskap wees sonder wyn, met net wat jy wil in jou hand/glas/bottel/beker …

  5. En skielik, na al die jare, mag ek nie meer rooiwyn drink nie. Gee my die verskriklikste pyne in my hande en gewrigte. Miskien dan maar weer vir die volgende jaar op die waterkar, want Brandewyn is sleg en goeie Whisky is duur.
    Dus alkohol vry terug op my meditasie kussing!

  6. @kouevuur, ekt nou lekker gelees en die stuk geniet. Wyn is lekker julle! Jy moet net verby daai eerste glasie kom… Soet is fine, solank jy hom net nie uit ‘n plastiek beker drink nie😉

      1. Son en wyn uit `n blikbeker is net so goed! Behalwe vir die bessies, die sjokolade en gras en rook kry jy die vars smaak van metaal ook by. Jy weet mos water uit `n blikbeker smaak ook anders as uit glas of plastiek. Uitstekend.

  7. Die hele wynkultuur is vir my baie aansitterig,veral as dit by daai geskommel,wyn laat asemhaal,die sg geure wat jy proe…sommer spul twak.Maar nou ja,as die wyn vir my lekker proe sonder al daardie fieterjasies,waardeer ek ‘n glasie of twee.

  8. Ek doen niks met wyn nie! Het een jaar op my verjaarsdag die ongelooflik, aaklige ondervinding met OBS en vonkelwyn gehad… Ek het nooit weer my lippe aan enige drank gesit nie! Maar met koffie (enige koffie, sommer blikkoffie ook) en rooikoeldrank kan jy my in ‘n wip vang! 😀

  9. Ek het nog net een keer brandewyn gedrink en ‘n totale krater van myself gemaak. Dit was by ‘n brandewyn proe, toe ek my eerste slukkie vat het my instink oorgeneem en ek het die hele sluk op die arme aanbieder en die spieel agter hom vol brandewyn gesprei. Dit was my eerste en laaste sluk brandewyn😉

      1. nee man Son …daar is baie baie lekker brandwyn-versnitte …… regtig! ek is nie ‘n gereelde brandewyn-drinker nie maar as joernalis is ek van nature nuuskierig en wil meer weet van baie goed – doen elke jaar die whiskey-fees hier in sandton en raak wel lekker gesellig na al die baie proe-glasies (dan wil ek veral by almal wat ‘n kilt dra weet wat daar onder is!) ….en so het ek veel respek vir ander soorte drank, soos bandewyn. daar is baie soorte wat jy NET so drink, uit ‘n mooi bol-glas, wat regtig egtig verruklik is.

  10. Rooiwyn sal ek drink, maar moet my ook nie vra om die bessies of wat ook al raak te proe nie… Ek het egter nog min rooiwyn geproe wat vir my vrek sleg was. Maar vriende van ons wat vr ‘n ruk in Engeland gebly het, beweer hulle het eenmaal ‘n Britse rooiwyn (wonder waar sal druiwe kan groei in Engeland) geproe en die hele bottel na die eerste slukkie summier in die wasbak gaan uitgooi. so afgryslik sleg was dit… Deesdae drink ons Katembas (Coke en rooiwyn). Daar is mense wat al alle bande met ons wou verbreek daaroor.😉

  11. Ek’s ook nie ‘n wyndrinker, of ‘n drinker eintlik nie. Wyn gee my erg sinus en as ek dit sê kyk die mense my aan asof ek mal is. Maar sal ‘n droë sjampagne/vonkelwyn graag drink. En ‘n cocktail. Net op vakansie. Of ‘n bier. In Europa of waar dit moer warm is. Nou klink ek soos ‘n drinker?

  12. Ek hou ook nie van wyn nie, maar goeie sjampanje. Nie die goedkoop soort nie, want ek is duur. Maar, omdat ek arm is, drink ek maar koffie – Italiaanse koffie. Ek hou nie van blikkoffie nie.

    1. Ek het vergeet van sjampanje! Vonkelwyn, want ons mag mos nie meer die woord sjampanje gebruik nie. Ek is mal oor borrels, maar ook nie droog nie. Daar moet so effe soetigheidjie in wees. JC le Roux, njammies! Ek drink ook net goeie koffie, wanneer ek kan. Dis soos daai Salticrax. Blik koffie is end of the month koffie 😂

  13. He.he, en ja Jack Daniels is nagemaakte whisky, maar nie whisky nie. En dan hulle wat Coke met brannas probeer afwater het geen brandewyn kultuur nie. Brandewyn word met kraanwater of op die ys gedrink.

      1. Los maar en spandeer jou geld op iets anders. Cognac is aaklig, en dis aaklig duur ook. Probeer gerus Sake of ryswyn. Moet net nie vir my blameer oor die kopseer nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s