Sommer net

DANKIE! Vir 30023 hits in 3 dae!

En 128 kommentare altesaam op my ou inskrywing Dis ‘n fokop as mens se ma dood is

Ek weet nie hoekom en hoe dit so skielik gebeur het nie. Ek  is verstom, ek is nederig dankbaar dat daar nog mense is wat hier lees, ek skryf deesdae so min. En dalk het ek net hierdie skop onder my dinges nodig gehad om weer my ou droom om te skryf uit te haal en blink te vryf. Want ek weet ek kan, maar soos ‘n bekende skrywer gesê het… “Skryf is ‘n Werkwoord”. En tussen my regte werk en die verkeer baklei en kosmaak en klere was en TV kyk en Facebook en en en, is ek bloot te lui om te gaan sit en actually iets leesbaars te skryf. Om te begin, daardie eerste sin, daardie eerste hoofstuk. Want storielyne het ek genoeg, ek loop en vertel hulle in my kop. Daar is ‘n hele ekstra wêreld in my kop, met mense en hul stories. Mense wat net wag om lewe te kry op papier. Mense wat seker eintlik al lekker de moer in is vir my omdat ek hulle nie lewe gee nie.

So, as daar nou in 3 dae se tyd 30 000+ mense hier kom draai het, dan sal daar seker iewers altesaam genoeg mense wees wat ‘n boek sal lees, sal koop. Wanneer en as ek dit geskryf kry. Eendag.😆

Hierdie is nie ‘n vreeslik lang inskrywing nie. Hierdie is eintlik net om dankie te sê vir elkeen wat die moeite gedoen het om hier te kom lees. En vir elkeen wat kom lees het omdat hy of sy ook ‘n ouer verloor het – dit bly ‘n fokop as mens ‘n geliefde verloor, hetsy ma, pa, kind, broer of suster. Dit los ‘n permanente gat, maar uiteindelik, eendag, lag mens weer. Dis net nooit weer ‘n heeltemal onbevange lag nie, want die dood het ‘n stukkie van daardie lag gesteel.

Dankie – julle het my gemotiveer om weer my skryf talent af te stof. Ek sal, moet, gaan, wil meer skryf.

Mooi loop!

24 thoughts on “DANKIE! Vir 30023 hits in 3 dae!

  1. Dankie, ek love dit om jou woorde te lees dit kom tot hul eie reg in my kop, siende dat ek nie kan skryf nie – maar love om te lees… jou laaste woorde Son vang my hart vas want ek loop nou al meer as ‘n week met die gedagte dat daar iets fout is met my, ja dis al ‘n jaar sedert my Moekie oorlede is en ja ek ken die gat, het al n paar, maar steeds was daar iets te mis… enjou woorde se dit sommer so pleinweg vir my . my lag is weg, ja ek lag nog vir my kinders en man en sus en ander mense wat ek mee gesels maar MY LAG is weg, dit borrel nie meer in my nie, en nou weet ek dit ten minste, nie dat ek dink dit sal terug kom nie, maar nou weet ek ten minste waar die ekstra fout le… love you lots like jelly tots en moenie ophou skryf nie… ons het dit NODIG soos brood!

  2. Mooi man, soveel hits? Hahaha jy kan geld maak vir al die hits op Google ne? Ek hou van lees, sit vir ure en lees sommer enige iets, en hier ook, en dan lees ek sommer hard op vir my man om te luister, en hy se jy skryf mooi so…….. as HY so se dan moet jy weet😉 , want gewoonlik as ek iets lees dan se hy ag nou lees jy sommer n lot kak so ja….. Geluk man oor die 30000 hits? Dis wonderlik!

  3. Dis amazing dat die fokop soveel lesers getrek het! Ek kan identifiseer met die stories wat in jou kop is. Ek hou myself besig met nietighede – lees snert op facebook, “doom en gloom” op Maroela Media en scroll rond op Twitter. En dan dink ek hoeveel ek eintlik kon geskryf het in daardie gemorste ure. Sterkte

  4. Ek wil so graag jou fokop storie copy en vir vriendin stuur op wharsapp, maar ek is te vertraag om dit reg te kry….ek is ‘n fokop van die ’50’s

    1. Ek wens ek kon jou help. Ek dink as jy op die storie staan, dan is daar ‘n share tekentjie en kan jy dit share na Whatsapp en kies jou vriendin🙂

    2. Elbie dit kan gedoen word as jy jou foon syncrinise met jou computer. Soos as jy jou foon op charge sit by die computer dan kan jy alles van jou foon af op jou komputer sit en van jou computer na jou foon. En hahaha toemaar ek was maar net so stupid en weet NOG nie alles nie ek ook van die 50’s maar mens moet maar leer jong. Ek het komputers gehaat maar NOU hehehehehe is mal oor myne😉 Probeer maar sterkte😉

  5. Dit is ‘n fokop voorwaar. My beste vriendin is ‘n jaar gelede skielik dood. Jou skrywe is die mees akkurate, sinvolle groepering van woorde wat dié tema aanspreek waarop ek nog tot dusver afgekom het. Mense bedoel só goed met al die jammers en dink-aan-jou-bid-vir-julles, maar op die ou einde bly dit bloot n fokop en niks kan dit reg maak nie. ‘n Mens word beter. Maar anders.

    Moenie ophou skryf ooit nie.

  6. Jou pos oor jou ma se dood is aangehaal op n facebook van Rata diakonale dienste van die Hervormde Kerk. Dis waar die nuwe lesers vandaankom. Maar dat die Kerk “Fokop” geplaas het, se nog hoe raak jy hierdie ding gese kry. Dis hoe ek ook daarop afgekom het. Jy moet meer dikwels skryf! Jy het iets om te se!

    1. Dankie Hennie! Nou werp jy bietjie lig daarop. ‘n Vriendin van my in die Vrystaat het ook laat weet dat sy dit geshare gesien het op verskeie van haar vriende se Facebook profiele en hulle ken glo nie eers mekaar nie en ek ken hulle ook nie. Ek is regtig verstom, en ook diep dankbaar. En ja, ek sou nooit kon dink die kerk sou so iets laat deurglip nie😀

  7. Ek is so bly dat jy weer jou gawe onder die spinnerakke en stof onder die bed uitgehaal het! Polish die talent tot hy skitterblink! Ek is ‘n digter en ek weet skryf is ‘n werkwoord. Maak jou rug hard en druk deur!

  8. In Hammie skryf Ronelda Karstens …om te rou is om te vervel / en ek wil nog ‘n rukkie / in die dooie dop sit…’
    Dis so waar. En dit bly maar altyd ‘n stryd wat jy daagliks, vir ‘n lang tyd, moet aanpak

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s