Sommer net

13 Augustus – Nog ‘n jaar verby

Jip Ma, dis 3 jaar nou verby vandat jy weg is. Oorlede klink so “nose in the air” – wat jy nooit was nie. En dood klink soos ‘n vloekwoord. So nou sê ek maar weg.

Ek hou hierdie dag dop soos hy aankom, al daar van laasweek af. Hoe dan anders? Ek sal dit seker elke jaar afwag. Die lewe gaan aan, mense vergeet – nie dat hulle JOU vergeet nie, dis net, hulle dink nie meer elke dag aan jou nie. Selfs ek dink nie meer elke dag aan jou nie. Die seer vorm inderdaad ‘n roof, die roof val af en net die letsel bly, waaroor mens soms vryf en dan gaan staan jy stil en jou gedagtes loop ver paaie. Maar dan eis die lewe weer jou aandag op.

Because life is for the living. Jy, van alle mense, sou dit verstaan, want jy het die lewe geLEEF 🙂

Wat is nuus vandat jy weg is? Same old, same old. Dit sal jou dalk amuseer dat Pa Kenna (soos jy hom genoem het) toe 80 gehaal het. Ons het ‘n lekker party vir hom gehou. Natuurlik nou nie ‘n dans en “party”-party nie, net ‘n ordentlike ete party. Ek meen, op 80 behoort dinge darem meer stigtelik te gaan. Tannie Madge, tannie Judy en tannie Melda en oom Peter was ook daar. Tannie Madge sê ek lyk soos jou ma. Hulle onthou jou nog, natuurlik. Hulle is natuurlik almal stokoud, maar nog regop. Tannie Judy was laasweek 91. Shit ma! Oom Peter is 87 en hy bestuur nog self. Dis sulke tye dat ek net so effens nog de donner in word dat jy so gou moes gaan. Ons kon nog soveel fun gehad het, ma. Kan jy imagine as jy moes 80 haal? Ek dink nie ons sou net ‘n stigtelike ete gegee het nie 😉

Megan trou die 28ste November – daai kleinkind mis jou nog oor ‘n honderd, al sê sy dit nie elke dag nie. Ou Berns is maar steeds nog net ou Berns. En Tamsyn is mooier as ‘n mens, slimmer ook. Jy sou SO trots op jou kleinkinders gewees het – hulle het nogals oraait uitgedraai.

Nou ja, ma, die dag moet sy loop neem. Vandag loop jy heeldag saam. Net ‘n paar gevleuelde woorde vir jou:

Today I am thankful for

my  mind, that still remembers you,

my voice, that still speaks of you,

my spirit, that still hears you,

my heart, that still loves you.

Jy is naby my, al kan ek jou nie sien nie,

jy is by my, al is jy weg,

jy is in my hart, my gedagtes, my lewe, altyd.

Solank ek leef, sal jy leef,

solank ek leef, sal jy onthou word,

solank ek leef, sal iemand jou liefhê.

Its hard to forget someone who gave you so much to remember.

I miss you, what more is there to say.

ma2

 

22 thoughts on “13 Augustus – Nog ‘n jaar verby

  1. “Jy is naby my, al kan ek jou nie sien nie,
    jy is by my, al is jy weg…”

    Toe my tweede seuntjie pas 5 was, kom hy skielik en uit die bloute met die volgende lewenswysheid vorendag:
    “Mamma, when people die, they don’t go away. They just become invisible.”

    Uit die mind van die suigeling sal jy die waarheid verneem…

  2. Dis fantasties mooi, jou brief, en jou gevleuelde woorde. Drie jaar vir jou, een jaar vir my op 7 September. Vreeslik verskrlik., maar as ek na jou luister klink dit my dit word beter.

    1. Jenine, dit word beter. Baie, baie stadig. Realisties weet mens jou ouers kan nie vir altyd lewe nie, maar jou hart werk nie altyd saam met jou kop nie. Soms wil ek nog my ma hê soos ‘n klein kindjie. Al wat ek vir jou kan sê is, dis erg. En ek dink aan jou. Die eerste jaar is die ergste. Hugs

  3. SO mooi en ek glo sy “smile” vir julle. My grootste vrees dat ek my ma eendag sal moet groet.
    Sterkte vir die dag – brand vir haar ‘n kers en drink sjampanje op haar en haar mooi lewe.

  4. Ek dog ek gaan lees en okay wees….ek belowe myself (toe ek op die link kliek) dat ek sal lees en nie huil nie…NIE SAL HUIL NIE…..en toe praat ek alweer stront, want nou tjank ek sonder dat ek kan help……sonder dat ek wil…..shit…..mens sal haar nooit vergeet nie……en ja, sy sou so trots gewees het op haar kleinkinders……behalwe dat jy vergeet het om te noem dat Megan net so mooi is….dat Bernard rustiger is…..dat ek en jy toe after all bleddie goeie ma’s is. I rest my case.

Lewer kommentaar