Gedagtes

As mens moet wag

Daar is iets orgasmies aan die opstyg van ‘n vliegtuig – dis nou as jy binne-in sit. Ek het nog een vandag om na uit te sien 😉

Vyftien minute is lank as jy wag dat dit moet verbygaan, maar vrek kort as jy gratis Wi-Fi internet het.

DRIE URE om te wag is fooookkkkiiiinnnn lank as jy wil huis toe gaan!

Internet wireless modems is amper die beste ding na ‘sliced bread’. En na gratis Wi-Fi 😆

As ek ooit weer ‘n Renault Sandero moet ry, kou ek my polse stadig af en gaan lê in die middel van die pad om dood te bloei.

Die mense by Kulula se kaartjie toonbank op Lanseria lughawe het absoluut geen sin vir humor nie. Hulle wil my nie laat vroeër huis toe gaan nie en kyk my net met sulke dooie vis-oë aan toe ek met hulle ‘n grappie probeer maak.

Ek hoop regtig nie ek sit weer langs ‘n “distinguished business man” met te veel Brüt aan nie – dié keer nies ek reg bo-oor sy bont das.

Ag fok tog, daar gaan die mense nou aan boord Kaap toe op die vliegtuig waarop die “guppies” met die vis-oë my NIE ‘n plek wou gee nie. Ek dink nie dit sal help as ek ‘n vloermoer gooi nie???

Van wanneer af is ‘n passasier wat laat is, ‘n “outstanding customer”? (This is the final call for Kulula flight XYZ to Cape Town – waarop julle helsems nie vir Son ‘n seat wou gee nie! – will all OUTSTANDING CUSTOMERS please make their way to boarding gate 3) Whateeevaaa!!! 😈

Ek wonder of Wiesenhof Espresso Bar cocktails ook maak? Dis nogal warm hier en ek is dors.

Yee-haa – 10 GOLD! (Vir die wat wonder, ek speel tussen-in Magical Mushrooms ook – ek is ‘n vrou, ek kan multi-task) Fok, wat moet ek met ‘n verlore sokkie maak – ek kon nog nie daai deel van die game uitfigure nie?! Sorry, eintlik speel ek Fairyland en binne-in Fairyland speel ek Magical Mushrooms. Toemaar, moenie worry nie, ek het niks vreemds gerook nie (alhoewel die gewaggery my maklik daartoe sal kan dryf) en hier is toe nie cocktails nie.  VlamVy sal weet waarvan ek praat 😉

Is daar ‘n woord soos gewaggery? Ek dink nie so nie. Mnr Vermaak skop my gat vol ou skoene as hy sien hoe praat en skryf ek deesdae.

Nou is almal weg (KAAP TOE!!!) en die plek weer leeg en stil. Hulle is KAAP TOE en ek is nog hier. Het ek dit al gesê? Hulle is KAAP TOE SONDER MY! 😦

Ek gaan nou eers koeldrank soek – die plek gee mens droë lippe. En soetgoed. Soetgoed soek, bedoel ek, nie die plek gee mens soetgoed nie. I wish.

Choc Fudge Top & Bottom, manufactured by Dick Sweets – daar is net iets wat SO heeltemal nie reg klink hieraan nie 😯 Maar dis vrek lekker!

Genade, en nou is ek soet tot in my vyfde verstandtand en linkerkleintoontjie se nael toe.

Ek wonder of die vroumens hier agter weet wat sy doen, haar laptop maak so elke 3 sekondes “gloemp” – daai geluid wat die ding maak as mens iets druk wat jy nie moet nie.

Ek’s nou gatvol vir Fairyland – gaan nou bietjie in die tuin speel.

Ek wonder of mense weet wat hulle selfone se luitoon van hulle sê.

O ja MJ Schutte, jou boek (Energy) is ‘n wenner. Ek het dit vanoggend in die vliegtuig begin lees en het dit maar moeilik neergesit toe ek my e-reader moes afskakel. Ek wou nie die wagtyd hier verder lees nie, want dan is die boek te gou klaar. Ek weet nog nie hoe eindig dit nie, maar ek hoop jy skryf al aan die volgende een!

Nice cowboy hoed Dude! Waar is jou perd?

Nog net ‘n uur, nog net ‘n uur, nog net ‘n uur, nognetnuur, nognetnuurnognetnuur, NOG NET ‘N UUUUUR!

Okay, nou weet ek ook alles van Woolworths se personeel probleme. Remind my om tog nooit daar aansoek te doen vir werk nie. En dalk, as mens vir so ‘n bekende maatskappy werk, moet mens sagter skinder daaroor.

Ooo my swak hart. Kyk, mooi was darem nog nooit lelik nie en ‘n mooi man in ‘n uniform is dubbeld mooi! Wag, laat ek eerder verder in my tuin gaan speel.

Hoekom is tydskrifte wat die publiek kan lees, op sulke wagplekke altyd so boring? Sit ‘n paar Huisgenote, Saries, De Kat’e hier uit, selfs ‘n Son koerant sal meer aftrek kry as julle stupid High-Flyers. Of dalk is dit Mile High Flyers? Dalk moet ek binne-in gaan kyk…

Dié wat dit NOG NIE uitgefigure het nie, ja, ek sit op Lanseria lughawe en wag vir my vlug terug. Die training sessie het baie vinniger gegaan as wat beplan was – natuurlik omdat ek so slim is 😉 en ek kon seker in die winkels gaan rondloop het, maar ek is te banggat. Ek dra eerder weer ‘n sak perlemoen in die nag oor ‘n donker strand as om onnodig in die Bose Stad rond te ry. Okay, okay, ek joke net oor die perlemoen, maar ek is ernstig oor die Bose Stad. Toe kom ek maar lughawe toe en probeer vir ‘n vroeër vlug. Fat chance.

Toe kom sit ek hier en bitch.

En speel en lees blogs. Nogal nie te sleg nie – kry nie elke dag kans vir sommer net so sit nie.

Nou is dit amper vliegtyd. All good things come to those who wait. Soms is wag net so vrek moeilik!

Anyhoooo – laat ek gou die knoppie druk… See ya on the other side.

Of soos die Capeys sê… ek notch djou my bru.

Ciao ciao

22 thoughts on “As mens moet wag

  1. Lanseris is darem beter as ORT.
    Jinne Son, jy was minute van my af…ons kon jou wag mette wyntjie verkort het!
    Ek hoop jy geniet die geproe vandag – MOET net NIE uitspoeg nie, dis slegte maniers 😆

  2. lekker Sryf stuk…laat my lag. Ek werk hier in die Bo-Kaap & my view is Tafel Berg elke dag. Net om heeldag daarna te staar is die beste. Jou gedagtes vat jou ver weg van alles & almal. SO die Kaap is die beste…NOENA

  3. Dit is een van jou beste inskrywings wat ek nog ooit gelees het! Wel gedaan, maatjie, wel gedaan!
    Ek het gelê soos ek lag…….

    By the way: ek verkies Lanseria 1000x bo ORT!!!!!

  4. Hahahaha!!! Ek het my verwonder aan die ongewone aktiwiteit in Sonkibos! Gedog die eienaar het uiteindelik besluit om erns te maak met haar tuin. Toe nie… 😆

    (Terloops, jy moet luister as ek praat. BIRD MIX, suster, BIRD MIX! Hoekom is daar veggies op die ander bord??) 😯

    sug

    dis hopeloos…

  5. My laaste goeie ervaring van Lanseria was Vrydag toe ek daar by Petroport koffie gedrink het. Van daar af het alles net suidwaarts beweeg…

    Die lughawe is self nie so lekker nie, veral as jy laat uitvlieg en Wiesenhof nog vroeg toemaak ook. Twee keer hierdie jaar Kaap toe gewees in die groen masjien van daar af. Die lekkerste is om in die Kaap uit te klim, met die vars windjie in jou gesig en die rook van Kayelitsha in jou oë…

    Magtag, ek moet Kaap toe skuif, ek begin nou siek raak van verlange na onse Berg! Net onthou om Donderdag 13h00 in te skryf vir Argus # 18.

    1. Ag PJ – dis darem (vir my) beter as OnRustige Tambo – ek kan alles in Gauteng net in klein dosisse vat, so ek kies maar die klein lughawetjie ook 🙂

Lewer kommentaar op Charms Kanselleer antwoord