Die Lewe · Gedagtes

Maandag Mymeringe

Dis Maandag – wel darem al amper die einde daarvan. More gaan ek met die groen masjien na die minder Bose stad van die twee Bose stede😆 maar gelukkig sal ek my oë moreaand toemaak in my eie bed.

Ek wil darem nie my kriminele verlede as laaste inskrywing hier los nie, net vir ingeval. Maar ek het ook nie veel anders om oor te skryf nie.

Ek het wel goeie nuus gekry – eintlik vir my kollega oor wie ek HIER GESKRYF het verlede jaar. Sy vrou is weer swanger en die scan wys dis (weer) ‘n dogtertjie. Natuurlik vervang een kind nooit ‘n ander nie, maar vandat hulle die nuus gekry het, kon ek sien hoe daar weer lewe in sy oë is en hoe hy weer word (amper) soos wat hy was, voor laasjaar Mei. Hulle is van daardie goeie mense met wie ‘n slegte ding gebeur het en wat ek so met my hele hart wens dat hulle dit gespaar kon bly, maar die Lewe laat nie vir hom voorskryf nie.

Woensdag is Vrouedag vir al ons vrouens hier – ja ja, ek weet dit was eintlik al 9 Augustus, maar ons moes wag vir die groen lig van Bloubul land af, so die keer is dit NIE die Kaap wat stadig was nie. Ons (al die dames hier) gaan Woensdag vroeg-vroeg al optrek na ‘n nabygeleë wynplaas, waar ons gaan vonkelwyn (dis glo nie meer PC om champagne te sê nie) proe (en seker baie insluk ook) en daarna het ons ‘n middagete. En daarna mag ons huis toe gaan – niemand het net gesê hoe laat nie😉

Donderdag moet ek seker ‘n slag werk, maar net ‘n bietjie, want dis Lentedag – nog ‘n winter oorleef! Ek kan nie meer wag vir somer en sonskyn en kaalvoet en min klere nie!

En Vrydagoggend swaai die Opel se neus Karoo se kant toe – Aberdeen toe – waar Megan laat weet het môre en oormôre bak sy vir my soetkoekies en maak hoenderpastei. Ek sal moet gaan ver stap in die vlaktes om al daai lekkertes af te stap.

So, expect me when you see me again🙂

Ek los julle met ‘n paar ernstige gedagtes vir die res van die week:

Be careful how you live; you may be the only Bible some people will ever read.

If at first you don’t succeed, do it like your mother told you.

The only person I have to get better than is who I am right now.

I am prepared to die, but there is no cause for which I am prepared to kill. – Mahatma Gandhi

You can out-distance that which is running after you, but not what is running inside you.

To know what is right and not do it is the worst cowardice. – Confucius

Let us be grateful to the mirror for revealing to us our appearance only. – Samuel Butler

Be careful of selfish motives. You can mistake them for principles and end up dying for them. – Robert Brault

If moral behavior were simply following rules, we could program a computer to be moral. – Samuel P. Ginder

When you choose the lesser of two evils, always remember that it is still an evil. – Max Lerner

A man has to live with himself, therefore he should see to it that he always has good company. – Charles Evans Hughes

HASTA MAŇANA!

 

18 thoughts on “Maandag Mymeringe

    1. Wat se plek?!!😆 Klink soso daai gedig van die groenvye in die Slamaaierwinkel wat my ma altyd vir ons voorgedra het. NEE man, die groen masjien vlieg, ek gaan net saam🙂

    1. Ja, ek MOET daar bestuur – maar ek het darem ‘n GPS (EN ek weet hoe om hom te gebruik😆 ) Ek hoop net nie hulle gee my weer ‘n Polo Vivo nie!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s