Gedagtes

Vir almal in Blogland

Kersfeesgedig (met erkenning aan Sonja Brink)

Ons het almal
Klaar te veel van alles
Daarom gee ek julle
Hierdie jaar niks:

Niks om te dra nie
Niks wat kan pla nie
Niks waaroor julle my hoef uit te vra nie

Ek gee julle

Niks te vertoon nie
Niks te verskoon nie
Niks waarvoor julle my hoef te beloon nie

Ek gee julle

Niks wat kan taan nie
Niks wat bestaan nie
Niks wat julle van my hoef te verstaan nie

Ek gee julle

Niks te behou nie
Niks toe te vertrou nie
Niks waaraan julle my hoef te onthou nie

Laat daar niks wees,

Behalwe Vrede op Aarde.

Oormôre is dit Kersfees, weereens. Of jy nou gelowig of ongelowig is, dis ‘n feestelike tyd van die jaar. Ek is nou al 4 jaar deel van die bloggery, en deur die jare het ek soveel lekker, interessante, beneukte, verdwaalde, you-name-it mense leer ken. Sommige persoonlik, ander amper so goed as persoonlik en ander net die woorde-mens.

Sonder julle sou my lewe BAIE meer vaal gewees het.

BeeBee – woorde kan jou nie beskryf nie. You are just a stunning person, and I feel blessed to know you.

Jaco & Krista – julle het diep in my hart ingekruip. As ek kon toor, sou ek George wegtoor en Pienkvoet in sy plek toor. Maar nou kan ek maar net bid.

Vlam – As ek nog ‘n suster kon kies, sou dit jy wees. Eendag, eendag, gaan ons nog om een tafel sit.

Demoerin – Een van die dae is jy pa – my skryfmaat, ek wens vir jou en Plein net vreugde toe met die baba. En DMI – moet nooit ophou skryf nie, selfs nie as die pajamadril jou dalk vorentoe te moeg maak nie!

Alleman – ook jy loop al ‘n lang pad in my blogland.

Jane – En een van die dae is jy ma! Ek wonder hoe gaan die blogkroos eendag lyk. LOL! Mag jy ‘n stroopsoet, pragtige baba hê.

Johan Swarts – Jy was een van die heel eerste blogs wat ek gelees het, saam met Oopkop s’n (wat nou nie meer skryf nie). Deur die jare het ek soms ‘n paar keer moes lees om by te hou, want jy raak net slimmer.

Kaalvoet – Jy weet wat ek vir jou toewens in die nuwe jaar, né? Dankie vir nou die dag se koffie drink. En net so by the way – jy het ‘n oulike pa 😉

Louisa en Nicola – Nog een wat van die begindae op my leeslysie was. So baie water het in die see geloop en vandag is jy ma van Nicola. Sy is pragtig en sy is gelukkig om jou as ma te hê

Mariana – my ver vriendin van mooi woorde. Dankie dat jy my ‘n skouer en oor gegee het deur die jaar.

Jo-Ann – jy skryf nie eintlik meer nie, maar ek verstaan. Ook jy het ‘n pad geloop hierdie jaar. Ek mis ons koffiedrinkery onder in die basement.

George – eendag op ‘n reëndag gaan ons nog daai Tequila drink.

Ingrid-hulle – ek het deur die jaar julle storie gevolg. Ek dink jy is een van daardie regtige goeie mense en ek wens vir jou en jou gesin net die mooiste in die jare wat kom.

Rosalind – ek is so bly jy is terug. Blogland was net nie dieselfde sonder jou nie.

Flippiefanus – en ek wens jy wil ook terugkom.

Elf – vir jou hoef ek nie woorde te gee nie – jy weet, want jy is my hartsuster.

Skemerte – dis ook al ‘n lang pad wat ek by jou lees, begin daar by Vygie. Mag die nuwe baba vir julle net vreugde bring

Skoor – my dorpsgenoot. Ek wil vandag vir jou sê dat ek nog elke dag jammer is oor destyds. Ek was verkeerd en jy was reg. Dalk sal jy my eendag die kans gee om jou in die oë te kyk en dit te sê.

Esme – o my word! Jy blog weer!

Joh & Louwie – dankie vir die lekker lees deur die jaar daar by julle en vir die verstaan van in spoke glo.

Merrieperd – ek oorweeg nog of ek jou moet laat leef – synde dat jy helemaal te veel weet. LOL! Tot dan, mooiste feestyd.

Murphy – as lag vet maak, dan is dit jou skuld dat ek nog steeds sukkel om gewig te verloor!

BiB – ek wil nog jou boek lees – dis op my Kerslysie. Mooi loop daar ver.

Gardiol – die eerste dag wat ek by jou gelees het, het ek geweet – hier is iemand wat ek sal wil ken.

Girl – jou reis deur 2010 was fenomenaal. Sien jou in die nuwe jaar!

Dan is daar ook nog Murph en Olga en Quintus en Riana en Neil en Stanley en Stilekke en Stokstert en Sam en Seegogga en Semisoet en Liggie en Twattie en Van waar jy kyk en Johanna en Kaneels en Kyk Noord en Anna en Anne vanni Paarl en Buttercup en Flintie en Gert en Marile en Electric Orchid en Idelette en Inwardsun en Brett Fish en Anderkant en Dominee Attie en By Grace & Love en Cara en Nikita en Corina en Dion en Eelt en Fluitjiesriet en Eendag en Eilandkind en Kyker en Madelie en Meermin en Mnr Muller en Chris

JA, moenie so verbaas wees nie, ek lees julle ALMAL! Nie almal elke dag nie, maar gereeld. En as ek nie altyd kommentaar los nie, dan is dit omdat my ma my geleer het om slegs te praat as ek iets sinvols tot ‘n gesprek kan bydra.

Vir almal van julle hier bo – net die mooiste wense vir hierdie Feestyd en vir 2011. Dankie dat julle my lewe deur die jare verryk het met julle blogs!

And last but not least, my totally English bloggers:

Agnes – I enjoyed reading about you a lot. My prayers are with you and Geoff.

The American in Pretoria – I hope you will one day love this country as your own.

To you too, a blessed festive time and a magic 2011!

Vrede en Vreugde vir julle almal!

22 thoughts on “Vir almal in Blogland

  1. Dankie! Geseende Kersfees vir jou ook en vrede vir almal – daar’s ‘n Kersfees-video wat ek saamgestel het op my blog [paar inksrywings terug] – hoop jy’t dit gesien – is vir almal wat daar lees.

  2. Haai eeoeee en toe is ek ook op jou lysie!
    Baie dankie vir jou mooi wense en ‘n Geseënde Christusfees vir jou en jou geliefdes en alles wat mooi is vir 2011!
    Mag 2010 se voorspoed jou ergste vooruitsig vir 2011 wees!

  3. Sonnie, eendag is eendag dan gaan ons sê daar storietjie is klaar 😆 Eendag is eendag, eerder vroër as later, dan gaan ons om een tafel sit en lag oor die helde wat so gesneuwel het (en opgeblaas is).
    Dankie vir die mooi wense. Mag jy en jou gesin ‘n wonderlike Geseënde Kersdag hê.

  4. Baie dankie Sonkind. Pragtige gedig. Wens dat Kersfees regtig so sal wees: vrede op aarde sonder enige bybedoelings.

    Geseende Kersfees vir jou en jou geliefdes.

    So op ‘n manier is ek terug. Ek het nou ‘n Engelse blog waaroor ek slegs oor fisika skryf.

  5. My Son .. dankie. Dis soms die spasies tussen die woorde wat die letters regop hou, sommerso ongesiens in die stilligheid. Dit beteken nie hulle is nie daar of speel nie n belangrike rol nie. En ONS weet. Alles wat mooi is vir hierdie Feesgety, ons sal weer praat. Vir nou .. liefde, vrede en respek. Keep it real. xx

  6. Vir wat dit mag werd wees, die een helfte van jou wens het vandag waar geword.

    Vrede, vreugde en voorspoed vir jou en jou geliefdes ook vir hierdie kersseisoen en die jaar wat voorlê.

  7. Ja, kan jy glo dis amper Kersfees? 😯

    Eendag se eendag, gaan ons nog ontmoet. Tot dan, dankie vir die saamlees. Geseende Kersfees vir jou en joune…en mag 2011 honderdmaal beter wees as 2010! xx

Lewer kommentaar