Die Lewe

1-1-11

Twintig tien sal ons nooit weer sien. Die eerste dekade van die nuwe millenium is verby, en nie ‘n dag te gou nie. En as jy hier lees het jy obviously die Nuwe Jaarsvieringe oorleef om die verhaal oor te vertel.

As mens klein is, wens jy jy kan groot genoeg word om groot skool toe te gaan. In die laerskool wens jy om al in die hoerskool te kon wees. In die hoerskool wens jy die tyd verby na matriek, dan om te begin studeer of te werk. Daarna wens jy vir jou eerste motor, huis, huwelik, kind, ens.

Altyd, altyd smag mens na iets meer, nog iets wat jy na streef, en met elke reik na iets wat vorentoe moet verwesenlik word, wens jy in effek vir die tyd om verby te gaan. Wens jy ure, dae, weke, maande, jare om. Nie dat dit verkeerd is om na beter te streef of na lekker uit te sien nie.

Maar gaan sit ons ooit regtig doodstil, in die huidige oomblik, en is net gelukkig en tevrede met wie jy is, waar jy is en wat jy het op daardie oomblik in tyd? Dink jy nie aan volgende week, volgende jaar, einde van die jaar, volgende vakansie, nie. Wees jy net in die NOU en HIER en ervaar jou menswees van die oomblik.

Want eendag… eendag, gaan jy een oggend wakker word en besef… ek het geleef, gelag, liefgehad, kinders grootgemaak, gestreef na meer. En nou is ek hier en my uurglas is meer leeg as vol en ek brand nog steeds nie die beste kerse nie, slaap nie onder die mooiste beddegoed nie, gebruik nie die kristalglase nie, dra nie elke dag my beste skoene nie.

Bere dinge vir eendag, maar eendag is my dalk nie beskore nie. Of eendag is verby sonder dat ek dit aangegryp het.

Carpe Diem. Gryp die dag. Dis vandag weer die eerste dag van ‘n nuwe jaar, van ‘n nuwe dekade. Moenie dink waar gaan jy aan die einde van 2011 wees nie, waar gaan jy oor 10 jaar wees nie. Vat vandag, vat elke dag en LEEF dit. Dra jou fensie skoene, brand jou mooiste kerse, slaap elke nag onder jou mooiste beddegoed. Dans as jy wil dans, lag hard in die openbaar, doen wat jou gelukkig maak. LEEF nou, vandag, elke dag.

Want more is dit dalk te laat.

13 thoughts on “1-1-11

  1. Mag 2011 vol Sonskyn wees Son (letterlik en figuurlik).
    Ek gaan niks verder seg nie, want ek stem sommer net 100% saam. OK, ek wil iets byvoeg…. sit dankbaarheid by daardie elke dag se lewe.

  2. Oe Jane! Ek glo aan daai ding wat jy hier skryf. Maar ek is ook maar skuldig aan dagdroom oor more. Maar as ek nie VANDAG ten volle geniet, geleef het nie, het ek hom more verloor! Mooi 2011 vir jou!

  3. Ek kom net bietjie op vir vars lug –😳 – ek het jou nuwejaars-wens sms’ie ERNSTIG ter harte geneem – so verskoon my vir nog so ‘n dag of wat:mrgreen:
    Helgeeeeeeeeeee!!! (kan nie my rug draai, dan kruip hy onder die kooi weg!!!😆
    Maar ja, Sons! Seg ekke mos ook! Leef wyl jy kan, nes JY kán!!!
    Wonderlike 2011 vir jou!! xx

  4. Ai Sonnetjie, ons kan altyd op jou staatmaak om groot waarhede in neutedoppe vir ons op te dis. Ons gesin het juis hierdie feesgety persoonlik die waarheid van hierdie skrywe beleef. Op Donderdag, 23 Desember het die Matroos skielik ernstig siek geword en hoewel ek vandag met ‘n groot sug van dankbaarheid kan se dat die ergste nou verby is en hy op die pad na herstel is, dink ek die paar dae van toe af tot nou was een baie lang oomblik van waarheid vir ons almal. Ons almal het besef dat eendag dalk nooit gaan kom nie so ek wil jou raad aan almal beaam: “Carpe Diem”! Elke dag!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s