Raak gelees

Are you bothered by the MOOOON?

Maansverduistering in Desember 2010, (slegs sigbaar in Noord-Amerika) tesame met die sonstilstand – langste dag en kortste nag by ons – is ‘n besonderse gebeurtenis hierdie jaar.

‘n Maansverduistering kan net met volmaan gebeur, wanneer die maan, aarde en son in ‘n lyn lê, met die aarde tussen die maan en son.

Die maansverduistering het vroeg vanoggend begin. Die eerste teken het verskyn toe die aarde se skaduwee van links oor die maan beweeg het. Die totale verduistering sou ongeveer 7h41, ons tyd, sigbaar gewees het, vir 70 minute lank.

Die vorige totale maansverduistering was in 2007.

Hierdie maand se volmaan, wat saam val met die sonstilstand en die maansverduistering, is ‘n rare gebeurtenis. Dit is slegs die tweede keer in 2000 jaar wat dit gebeur en sal glo eers weer in 2094 gebeur.

As gevolg van die sameloop van hierdie drie verskynsels, moet ons dalk vanaand ekstra ligloop vir die weerwolwe en diegene wat met die maan gepla is!😈

Bron: http://living.oneindia.in

8 thoughts on “Are you bothered by the MOOOON?

  1. Die somersomkeerpunt (solstice) en wintersomkeerpunt is diep in mense se kultuur (die son staan darem nie regtig stil nie – dan sou mense aan die een kan van die aarde gebraai het en die ander sou gevries het).
    Mense het vir duisende jare dit gevier en allerhande mites het ontstaan, so ook met die sons- en maansverduistering.
    Daar is mense wat al agter die verduisteings aanry regoor die wereld.

  2. Ek dink die maan hou maar vir almal bietjie betowering in – gelukkig is almal nie met die maan gepla nie.
    Laat my nou wonder, doen hulle nog daardie volmaan-hikes en pienieks daar in die Kaap, ek dink dit was teen Lions Head op – of was dit nou Signal Hill?

    1. Yip dis Lions Head, net langs Signal Hill. Dit was glo hierdie volmaan gepak van al die mense. Ek was van plan om vanoggend vroeg daar op te hike soos laas krimis maar die klomp kos van gister-aand het my te in my moer gemaak. Toe doen ek maar ‘n maklike ou-mens stappie naby Du Toits Kloof pas. Heerlik geswem in die kloof.

  3. Gits! Moet ons maar eerder gaan vroeg slaap vanaand??? Of moet ons juis in die maanlig gaan wandel? Hier waar ek is geen maan te bespeur nie – net mistigheid…. en ‘n sagte motreentjie. Seker nie die beste tyd om te wandel nie of hoe??? (uhm… die kinders is juis nie by die huis nie….. ?? )

  4. Die maan het ‘n spesiale betowering, nê? Alhoewel ek gladnie met hom gepla is nie – unlike die piepols wat onder die Kreef sterreteken gebore is – ALMAL; die HELE LOT is met die maan gepla!!😆 Ek dink Kreef-mans verstaan beter van PMS as die average vrou wat PMS het😉 Alles te dank aan die goeie ou maan… ek bedoel daai ronde bol beheer die getye!!! – the eternal ocean of emotion, dié maankinders.:mrgreen:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s