Gedagtes

Breuk of Breek?

Daar is mos name vir alle –isse;

perfeksionis, rassis, alkoholis… ensovoorts. Taal-puris. Dis dalk so bietjie wat ek is – nee wag, ook nie heeltemal nie, want my taal is ook maar ver van suiwer af. Dan seker eerder spel-puris.

Ek het ‘n kleintjie dood aan spelfoute, om van die deesdae se tekstaal nie eers te praat nie. Is om van op te gooi, soos daai opgooi mannetjie op Skype, sommer sulke groen blertse.

Maar iets waarteen ek my deesdae aanmekaar vasloop, is die gebruik van breek en breuk. En asseblief, correct me if I’m wrong, maar na die beste van my wete is ‘n breuk iets wat stukkend is of iets wat mens in wiskunde kry.

Jy is NIE op ‘n teebreuk of ‘n wegbreuk naweek nie. Die tyd het NIE aangebreuk nie! Dis donnerswil BREEK!!! Teebreek, wegbreek, aanbreek (en dis in elk geval daarby nog ‘n anglisisme ook).

Voor ek iemand se flippin nek breek! Dan het hy ‘n nekbreuk. 👿

36 thoughts on “Breuk of Breek?

  1. *Breek. Ek breek my arm of my glas het gebreek.
    Iets wat vernietig word
    *Breuk. In wiskunde doen mens breuke bv 1/2
    En jy vat ‘n breuk van studies (taking a break)

  2. Dit breuk my hart as mense nie eenvoudige alledaagse woorde kan spel nie, en dan is ek sommer vir lank hardseur. 🙂

  3. Baie dankie, dit het my nou sommer baie gehelp – maar net ‘n klein regstelling – as ek mag – ‘n sin mag nooit met iets soos “en’ of “maar” ens begin nie, maar jy het mos gesê jy is nie ‘n Taal-puris nie, maar ‘n Spel-puris.
    Mooi dag

  4. Nee wag, breek is ‘n werkswoord en breuk is ‘n selfstandige naamwoord. So, jy is wel op ‘n teebreuk, maar jy breek ‘n bietjie weg vir ‘n ruskans.

    1. Nee. Teebreek is ‘n aaklike anglisisme. Dis teetyd. Jy hou teetyd. Of eenvoudig: dis tyd vir tee ( of: ‘n teetjie). Jy vat dus niks en breek ook niks. En as jy ietsie wil vat, vat hom maar liewers in Engels: kom ons vat gou n break. ( of tea break).

      1. Ek is so bly dat ek ook besluit het om ‘n draai op jou page te kom maak. Ekt soek al lank na iets om my nuutste blog mee af te sluit. Ekt dit hier gekry. DANKIE. . . Ek weet jy sal dit herken as jy dit sien. Die stukkie van Victor Hugo. Hoop nie jy mind nie. xxx

  5. Jy bly daar??? Super-über-cool!!! Og!! Gaan by die “West Workout” gehou word… sal héééééldag daar wees :mrgreen: Ekke sms jou, ja? En jy kan kyk waar jy ‘n gatjie virre maatjie het daai dag, ok? Fanx ☼!! Sien uit daarna!!

  6. Oi! 😳 silly ekke tik té lekr daar by Skoortjie… :mrgreen:
    Seriaas?? Jy’s in Somerset-Wes Saterdag die 7de Aug?? Rêrig-wragtig-êrig?? En jy sal vir my ‘n ou tydjie inruim?? Og! SUPER!! Aits!! Voel my hartjie nou sommer weer baaaaaaie beter!!

  7. Dankie vir jou kuier & comment op my blog. Ek waardeer dit! Ek mis Afrikaans … lekker om te sien hoe iemand passievol is oor die korrekte gebruik daarvan. Ahhhhh.

  8. Die een ding wat my grensloos irriteer is mens wat nie die verskil tussen ek is verveeld en iets is vervelig ken nie. Mense se baie keer hulle is vervelig, maar bedoel hulle is verveeld!

  9. Grrrr – vir julle almal 😆

    Olga – ek sê mos al lankal kinders leer nie meer die abc ordentlik nie

    BB – ek was net in en uit 😆 volgende keer sal ek plan maak

    DMI – sies vir jou 👿

    RTS – nee, sê jy maar vir ons wat dit beteken?

  10. 😆 Bwahahaha, ek is mal oor die! Moet ent nie my nekkie breuk omdat ek lag nie.
    Ek dink die “breuk” mense bly in die ooste van Pretoria, en is almal maatjies met tannie Emsie 😆

  11. Probleem lê in die uitspraak. kinders word nie meer geleer om te differensieer tussen ui, ei en y nie. Hulle ken nie die verskil tussen uu en ie of eu en ee nie. Hoe kan hulle die verskil skryf as hulle dit nie eers kan sê nie.

  12. Ek gaan jou hart breuk want daar is ‘n breek in my taalopvoeding! 😉

    Ek lag ook soms vir daardie foutjies, maar ek bly stil oor die een woord of twee woord kwessie! 😯 I can laaik to be not knowing :mrgreen:

Lewer kommentaar op Leonette Smit Kanselleer antwoord