Sommer net

Die doring in my vlees, die klip in my skoen.

Ek het ‘n kleintjie dood aan snobisme. Maar dan bygesê, ek doen nie common mense nie. Common vir my is as jy jou vrou slaan in die straat en sy slaan jou terug en julle gil en skree. Of jy soep jou kar op met fur op die dash en plat tyres en liggies wat voor hardloop. Of min of meer so iets. You get me?

Waaroor my doring en klip gaan is mense wat neerkyk op ander mense as gevolg van die werk wat hulle doen. En dink jy is onnosel omdat jy nie ‘n graad het nie. Of nie weet jy HET ‘n graad nie, maar jy doen die werk wat jy doen omdat werk skaars is en jy moet lewe. Veral in Suid-Afrika.

Ek beleef elke dag van my lewe hoe mense etikette om ander mense se nekke hang omdat hulle werk doen wat nie gespesialiseerd is nie. Daar word sommer net aangeneem dis al waartoe jy in staat is en daar word afgepraat na jou toe. Dis dan wanneer die duiwel nie net op my skouer klim nie, hy klim sommer in my klere in. Moedswillig vervang die Marié in my naam. En Aspris-Onnosel word my van.

Daardie man wat in die son staan en jou kar oppas, jy weet NIKS van hom af nie. So moenie DINK jy weet en daarom afpraat na hom toe nie. Hy probeer ‘n eerlike werk doen, respekteer dit. En dalk is sy IK nog hoër as joune. EN sy kwalifikasies.

Daardie sekretaresse of assistent vir wie almal so rondneuk en verwag sy moet alles vir hulle doen, behalwe saam toilet toe gaan, behandel haar met respek. Ook sy weet dalk baie meer van baie meer dinge af as die mense wie se glorified slaaf sy is.

Ons het nie almal dieselfde geleenthede gehad in die lewe nie. Dit beteken nie die een is slimmer as die ander omdat hy ‘n geleerdheid op papier het nie. Papier is geduldig. Baie mense is werklik beter geskool deur die lewe en hul eie weetgierigheid as die een met die sertifikate. Dit is ook die mense wat nie sommer neersien op ander nie. Want hulle weet dinge is nie altyd soos wat dit lyk nie en dat slim soms sy baas vang.

Ek het al biltong verkoop van besigheid tot besigheid. Ek het al scratch cards verkoop in ‘n winkelsentrum. Ek het al kassiere werk gedoen in ‘n supermark. Terwyl ek “tussen” werke was. Omdat ek nie my neus optrek vir enige werk nie, want dis wat my ouers my geleer het. En omdat ek moes lewe en geld verdien.

Die afgelope 10 jaar doen ek al werk in ‘n totaal ander veld as waarvoor ek opgelei is. Het ek al aan eie bas ervaar dat daar gedink word ek weet nie eintlik baie nie. Dan lag ek maar in my mou. The joke is not on me.

Binnekort mag ek dalk die straat vee. Of rakke pak in ‘n winkel. Of tupperware verkoop. Of kelnerin wees. En iemand sal dink ag shame. En ek sal smile and wave.

Moenie dink jy weet wie iemand is oor die werk wat hy/sy doen nie. Jy mag dalk net die pot lelik mis sit. Behandel elke mens wat jou pad kruis asof hy net so slim of slimmer as jy is. Tot hy self die teendeel bewys. Jy mag dalk net aangenaam verras word.

10 thoughts on “Die doring in my vlees, die klip in my skoen.

  1. Snobisme is die ergste vorm van kommin wat jy kan kry – veral onder die spulletjie wat eintlik niks meer as baie geld het nie. Ek raak erg kommin in snobs se geselskap.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s