Sommer net

27 Julie 1935

Dis jou eerste verjaarsdag weg. Jy sou vandag 84 geword het, Pa. Op jou 80ste verjaarsdag het jy vir ons ‘n gedig gelees waarin jy sê jy hoop om 90 te haal. Ons het nie vir ‘n oomblik getwyfel dat jy sou nie. Maar die Dood het ander planne gehad. Die Dood is ‘n bliksem.

Een dag was jy nog hier, die volgende dag was jy weg. Sommer net so.

You lived loud. You went quiet.

Elke keer wat ek in die blou oë van elke kind in ons familie kyk, sien ek ‘n stukkie van jou. In ons sal jy voortleef.

Ons mis jou, pa. Ons bleddiewil mis jou.

6 thoughts on “27 Julie 1935

  1. Ai tog die lewe is swaar as jy iemand mis ne? En jou pa HET die mooiste blou oe gehad soos ek kan sien. God Bless him waar hy is 😉 Maar nou gaan ek jou iets se wat jy miskien nie wil hoor nie Son….en wens hy was nog by julle 😉 En hier gaan die ou vrou alweer lol …..Jy is geseend gewees om hom so lank te gehad het vrou, ek het my pa verloor toe ek 2 jaar oud was, kan hom nie eers onthou nie, hy was in n bike van daai dae se sidecar, en n kar het dit met hom in glo heeltemal af gery. opp slag dood. Het 1 foto van hom en hy was net so aantreklike man in sy dae nes jou pa 😉 My ma is dood toe ek 9 jaar oud was. Mooiste vrou ook, maar kan haar ook nie juis onthou nie. Net 1 foto ook laat ek darem kon sien hoe sy gelyk het, en dit eers in die hande gekry so 5 jaar terug, en ek is die jaar 66. Sy is dood aan maag en vrouedeel kanker, Ons was 11 kinders alla bliksem my ma was omtrend besig en 3 mans gehad hahahaha maar ja, die foto se sy was n mooi vrou so…. 6 meisies en 5 seuns tussen die 3 mans. Van ons het in n weeshuis groot geword want sy was in en uit die hospitaal so kan verstaan 😉 so het ek daar beland toe ek omtrend 6 jaar oud was, tot 16 dat ek uit is en begin werk het en nie geweet waar enige van my boeties en sussies was nie. Ek het 2 jaar gesoek voor ek een op gespoor het toe eventually het ek almal gekry, maar ja, ek is dan nou die swart skapie want niemand hou van wat uit die mond kom nie, want ek glo as jy jouself nie wil verbeter om iewers te kom nie dan moet jy nou maar agter bly en ek IS N SKERPION so wag voor die mond altyd aan die slaap jong hehehehe. So is ons na al die jare ook nou net 1 boetie en 3 sussies oor en ja ma en pa kan ek nie se ek mis nie, want jy kan nie iets mis wat jy nie kan onthou nie, maar ek mis my 2 sussies baie want hulle het vir my deur die jare ma geword wat ek nie eintlik geken het nie. So jy is gelukkig en geseend en koester al daai mooi herhineringe ek wens jou pa was nog hier 😉 maar ook by gese HELL NOOOO !!! Ek wil tog nie 90 word nie dis darem baie foken oud hoor 😉 hahaha en tog hier van 40 het ek gese as ek 50 word maak my dood ek is oud hahaha…. toe ek 50 word het ek gese as ek 60 word….take me out dis foken oud en hier is ek nou al 66 en ja kop bietjie plat partykeer,want kop se ja jy kan, maar die blerrie lyf wil net nie samewerking gee partykeer nie, want elke oggend staan jy op en dink maar my fok ek het nie geweet ek het spiere hier nie, en dan more oggend is dit n ander foken spier wat seer is, maak my mal, maar doen nog al my eie huiswerk en al, so wie weet miskien sien ek nog 70 😉 .ek MOET aangaan my man is so gespoil lol weet nie wat hy gaan doen sonder my nie en hy se dit heel tyd 😉 En so wens ek jou ook n lang lang lewe toe Son 😉 God Bless xxx By the way….Ek is mal oor jou blog hoor en ja miskien moet ek my eie he want ek praat altyd so baie hehehehe

  2. Beautiful! Die onthou bly altyd in ons harte. Die seer en gemis versag wel met tyd.

    Dis een van die mooiste weergawes van Amazing Grace wat ek nog gehoor het. Eerste keer wat ek dit hoor. Ek sal graag wou weet wie die kunstenaar(s) is asseblief. Watter taal? Album? Dankie. Dankie dat ek jou blogs mag lees. Groete *Mari *

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s