Sommer net

Gedagtes in die stort. Oor Facebook vriende, vreemdelinge en sommer net.

Ek sing nie in die stort nie. Ek dink. Nie omdat ek nie kan sing nie. Ek kan nogal.

Van voor geboorte af is ek mos al aweregs. Toe ek kop eerste moes uitkom, draai ek my gatkant. Brugbaba, vertel my ma. Dokter draai my om, ek gooi weer gat om. Tot hulle my moes uitsny.

Dis tekenend van my lewe vorentoe. Vyf jaar lank is ek alleenkind. Ek vermaak myself ewe gemaklik. Op skool het ek maatjies. Genoeg ook nogal. Hulle hou van kuier by my, net hulle sal weet hoekom, maar volgens oorlewering gooi ek hulle met klippe as hulle nie wil huis toe gaan wanneer ek moeg gespeel is nie. Maar dan kom hulle glo more weer. True story. Ek dink nie my ma en pa sou hieroor gejok het nie.

Nou ja, deur die jare maak ek nie mense bymekaar nie. Boeke wel, ja. Vriendinne tel ek op my een hand. Ek hou van kêrels, mits hulle intelligent kan gesels en lekker kan soen.

Mense oor die algemeen interesseer my omdat ek belangstel in wat hulle laat tiek. Veral kriminele. En hoekom mense dinge doen wat hulle doen. Wat bring hulle by sekere plekke in hul lewe uit. Ek wil nie spesifiek met mense kuier nie, ek wil hulle eerder net dophou, bekyk en uitfigure.

En toe kom Facebook. En ek sien ‘n kant van die mensdom wat ek nooit eers van kon droom nie. Die keyboard cowboys. Die narsisste. Die selfieverslaafdes. Die venyniges en geniepsiges. En dan mense by wie ek WERKLIK aanklank vind.

Soms vang ek myself ook venynig en geniepsig reageer. Altyd, maar altyd, is ek agterna spyt daaroor. Ek is eintlik ‘n marshmellow. Ek hou nie van mense seermaak nie. Maar ek weet ook mens MOET soms vasstaan in jou oortuigings.

Deesdae het ek nogal baie Facebook vriende. Mense wat baie bekend is, mense wat minder bekend is en mense wat net aan my bekend is. En ook mense wat ek van geen kant af regtig ken nie.

Ek het dierbare, langverlore familie weer so opgespoor en behou kontak. Ek bevriend gewoonlik ‘n vreemdeling omdat hy/sy iewers iets gesê of geskryf het wat tot my gespreek het en ek graag die persoon se goed wil lees.

Ek wonder altyd hoekom ‘n vreemdeling my bevriend. Veral bekende vreemdelinge. Wat het hulle laat besluit ek is werd om ge”ken” te word? En nou praat ek nie van mense wat jou nou bevriend en netnou versoek om hulle pages te like nie. Dit maak my witwarm en ek unfriend sommer gou weer.

Ek is altyd hartseer as ek uitvind iemand het my unfriend. Soms wonder ek hoekom, soms weet ek hoekom. Met die beste van tye kan ek ook maar ‘n acquired taste wees. Maar as ek jou eers like, REGTIG like, raak jy nie ontslae van my nie. Ek sal nie jou deurdrumpel deurtrap om te kuier nie. Maar ek sal saam met jou oorlog toe gaan. Soms selfs voor ‘n koeël ook inspring.

Ek het ook al bekendes unfriend oor hulle goed gesê en gedoen het wat teen my beginsels is. My beginsels is maar eenvoudig. Gun ander die son wat oor hulle skyn, moenie ander mense afkraak nie en moenie vir gelowiges vir alles wat in die wêreld verkeerd is die skuld gee nie.

O ja, en ek hou ook nie van juigkommando’s nie. Mense wat op groepe net ja en amen op alles met geen motivering nie. Net omdat hulle tog nie die riete wil roer nie. Soms moet mens val vir iets, anders het jy nooit gestaan vir iets nie. Ek roer nogal graag die riete. Brugbaba mos. Ek het egter darem meer taktvol geraak so met ouderdom en oumaskap saam

Of so wil ek altans glo. Nou ja, dis my stortgedagtes. Nie dat ek so lank gestort het as wat ek hier geskryf het nie. Ons MOET immers nog water spaar.

Advertisements

9 thoughts on “Gedagtes in die stort. Oor Facebook vriende, vreemdelinge en sommer net.

  1. Hou meer van bad as van stort. Dan kan ek lank le^ en dink. Sal baie water mors as ek so lank stort. Faceboek werk nie regtig vir my nie. Gaan kyk so een maal ‘n week wat daar aangaan. Sal als deurgaan en miskien een of twee goed like. Dan’s ek eers weer klaar. As ek iets wil se^ sal ek eerder dit op my woernaal skryf.

  2. Hahahahahaha Son is jy nie dalk n Skerpion wat gat uit gekom het nie lol want wat jy daar skryf klink nes ek 😉 Ek waarsku mense eers as hulle op my Facebook vriende wil raak want ek trap nogal op tone maar as jy dit nie kan vat nie jy weet waar die groen knoppie is hahahaha en ja dan is ek nog n stalker ook as ek iemand ontmoet MOET ek gaan kyk en vertel hulle dit ook nog hahaha net so hulle weet. Maar ja kyk ek gaan nie aan hulle ding terwyl ek stort nie daai shower is net myne lol God bless xxx Lekker stort;-)

  3. Weer, soos altyd….vind ek aanklank. Was nou wel nie ‘n brugbaba nie, maar was baie alleen as kind. Deur my lewe nie veel vriendinne gehad nie, en die wat ek wel gehad het later in my lewe, het ook maar verdwyn, want ek het agtergekom, dit is harde werk en die opofferings kom net van een kant af om dit aan die gang te hou…

    1. Dankie. Dis maar soms vir my moeilik om nie te sê wat ek dink nie. Maar met grysheid kom wysheid en temper ‘n mens daai tong, het ek gevind 😀

Lewer kommentaar op seegogga Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s