Sommer net

Vir dié wat nie die diens kon bywoon nie

(Gedig met erkenning aan Clinton V. du Plessis)

Pa

Die laaste paar jaar

het jy gelewe

asof jy ‘n krieket wedstryd speel.

‘n Vyf-dag game.

Jy het geen sesse meer geslaan,

net vasgestaan.

Die beste balle gekies om te “bat”

en net enkellopies gehardloop

Soggens vroeg het jy weer

voor jou penne ingeskuif

en gekolf, die hele dag.

Jy het gekoes vir opslagballe

of ‘n onverwagse spinner.

Elke nou en dan het ons gevrees

jy sal fokus verloor

en ‘n opslagbal sal jou tref,

maar jou oog was ingeoefen.

Jou en Christine se vennootskap saam

het reeds op 148 gestaan.

Ons het gedink, gehoop, gebid

jy gaan daai “century” maak.

Maar toe trap die lewe vas

en boul,

en haal jou uit op 83.

Pa, ons gaan aan met die game, maar ons gaan jou mis.

Advertisements

5 thoughts on “Vir dié wat nie die diens kon bywoon nie

  1. Jammer vir jou loss meisiekind – wees net dankbaar dat jy hom vir so lank kon he 😉 ek het my pa nooit geken nie hy is oorlede toe ek 2 jaar oud was. Maar ja dis altyd sad. My boetie het altyd gese: As jy praat van iemand dan bly hulle lewe, dis net die donkie waarin hy was wat nie meer hier is nie 😉 So praat onthou en laat hy bly leef 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s