Die Lewe

Please release me, let me go…

Mens se onthou van ander mense, sit so baie keer in ‘n reuk, ‘n plek of ‘n lied. Nooit kon ek, en nooit sal ek ooit weer vir Please Release Me, Let Me Go hoor en NIE vir jou onthou nie, Pa. Daar was altyd musiek in ons huis en as jy op jou stukke was, dan het jy jou mooi, diep stem so gegooi en ge-Please Release Me dat mens nie kon help om te luister nie.

Uiteindelik is al wat mens het net jou memories. Soveel van jou vriende is jou al vooruit, maar almal wat nog hier is, kan ‘n storie oor jou vertel. Want jy het groot gelewe. En toe gaan jy sommer net so stil en skielik. Voordat ons regtig gereed was om jou te release en te let go.

Al wat ons nou kan doen is om aan te gaan en jou lewe te vier. Ek loop saam met jou deur my onthou kas.

Op 25-jarige ouderdom


Pappa en boetie Rudi

Mia vat vir Pa Transkei toe, na sy geboortegrond

Pa en sy suster, tannie Madge

80ste verjaarsdag

Pa en al sy dogters

Pa en 3 van sy susters

80ste verjaarsdag

By Megan se troue. Sy eerste kleinkind wat trou.

By Megan se troue

The terrible twins 😄 Saam met oom Billy

Ons kuier in die Karoo

By Karoo-Lus Fees

Op die plaas in die Karoo

Oupa kyk vir Glaskas! O my soul 😂

En hier is jy saam met jou eerste agter-kleinkind.

Geseënd was jou dae. Jy was yster, my ou vadertjie. Rus in vrede.

Advertisements

8 thoughts on “Please release me, let me go…

  1. Innige simpatie en sterkte. Ja…. so is daar ‘n reuk of klank wat mens altyd aan iemand laat dink. My pa se favourite was ook Please Release me, en ek sit dit nou en lees met trane van verlange na my eie paps!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s