Sommer net

Baie geluk LilyLiefieLyfie!

Liewe LilyLiefieLyfie

IMG-20180813-WA0016IMG-20180812-WA0003.jpg

Vandag is jy een hele jaar oud. Verlede jaar hierdie tyd het baie, baie mense vir jou kersies gebrand om jou koms hier op aarde te seën met ‘n gebed, spesiale gedagte of mantra. Die jaar wat verby is, was nie altyd maklik nie. Maar die lewe het my al geleer niks wat werklik die moeite werd is, is maklik nie. En jy is SO absoluut die moeite werd.

IMG-20180805-WA0008

Jy het ons lewens kom inkleur met die parmantige kwashale van die mooiste, helderste kleure. Ek staan nog baie dae verstom oor die oorweldigende liefde wat ek vir jou voel. En tipies ouma, wens ek dat ek alles kan los en net heeldag met jou kan kom speel. Maar die lewe werk nie heeltemal so nie.

20180804_141627IMG-20180728-WA0002

Nou moet ek maar tevrede wees met langafstand videos en dank vader vir tegnologie. En ek weet jy is in die beste hande wat ‘n kind kan wees wat jou mamma en pappa betref. Dit is vir my die mooiste ding dat hy jou kom haal om so saam met hom in die bakkie rond te ry. Dat jy buite met die honde kan speel. Dat jy in die grond kan vroetel en woel en dat jy na aan die aarde kan grootword.

1IMG-20180803-WA0010

Daar is so baie dinge waaroor ek droom om eendag vir jou te wys, te leer en saam met jou te doen. Mag ek gespaar word om daardie drome waar te maak.

IMG-20180712-WA0009IMG-20180720-WA0003IMG-20180726-WA0007

Ek los vir jou hierdie woorde – vir nou en vir elke lewensjaar vorentoe:

Mag jou pad net genoeg opdraandes en afdraandes hê sodat dit nie te moeilik is nie, maar ook nie altyd net te maklik nie, want soms het mens opdraandes nodig om karakter en innerlike krag te bou. Mag die wind altyd agter jou wees en die son warm op jou skyn. Mag God jou altyd in die palm van Sy hand hou.

Mag daar vir elke storm in jou lewe, ook ‘n reënboog wees,

vir elke traan, ‘n glimlag;

vir elke behoefte, ‘n belofte;

‘n seëning uit elke beproewing

en ‘n antwoord op elke gebed.

Mag goeie en getroue vriende joune wees,

waarheen die lewe jou ookal mag lei.

Mag jy altyd omring wees met lig,

lig van binne en lig van buite.

Mag jou hart altyd warm wees, vir jouself

en vir die mense en diere om jou.

Mag liefde en lag jou dae verlig

en jou lewe mooi maak.

Mag vrede en seëninge jou deel wees

vir al die seisoene van jou lewe.

IMG-20180807-WA0034IMG-20180805-WA0000

Lief jou maan toe en terug my Lily-Liefie-Patattie-meisiekind. Baie geluk met jou eerste verjaarsdag! xxxxxxx

Advertisements

8 thoughts on “Baie geluk LilyLiefieLyfie!

Lewer kommentaar op travel460 Kanselleer die reaksie

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s