Die Lewe · Om te onthou

Lily Meyer – 23 Augustus 2017

Wanneer mens jou eerste kind kry, is alles nuut en vreemd en bietjie skrikwekkend en jy bekommer jou dat alles gaan reg verloop en die baba gaan okay wees en nog honderd ander goed.

Maar wanneer jou eerste kleinkind op pad is, is dit ‘n heel ander “ball game”. Want nou is al jou bekommernisse verdubbel. Jy bekommer jou dat jou dogter okay gaan wees en dat jou kleinkind okay gaan wees en dat jou skoonseun okay gaan wees en veilig gaan ry heen en weer hospitaal toe. En dit maak nie saak hoeveel mense vir jou vertel alles gaan okay wees nie, jy knik net jou kop en dink jy wens hulle wil net stilbly want hulle weet niks nie, en jy worry verder.

Die oomblik as die tyd aanbreek dat daardie stukkie mens die eerste keer die wêreld aanskou, verander alles vir jou onherroeplik. “Hulle” sê die dag as jy ‘n kind het, loop jy vir die res van jou lewe met jou hart buite jou lyf. “Hulle” moes mens gewaarsku het dat dit dubbel so erg is wanneer daar ‘n kleinkind is, want ‘n kind van jou kind is dubbel jou kind.

In ons lewe sal daar nou vir altyd ‘n tyd VOOR Lily en ‘n tyd NA Lily gebore is, wees. Gisteraand het ek gedink dis Lily se eerste nag in hierdie wêreld, vandag is haar eerste vol dag. En so sal daar soveel eerstes vorentoe in haar lewe wees. Eerste glimlag, eerste tand, eerste treetjies, eerste woord. Met my eie kinders het ek my nie soveel bekommer oor hul grootword nie, want mens is in die ding, jy slaap min en jy leer ma wees en jy het nie nog tyd om te worry oor die groter wêreld daar buite nie. Daardie worry kom eers later.

Met Lily is dit anders. Ek stel my voor hoe sy gaan lyk wanneer sy groter is, na wie sy gaan aard. Ek reken uit hoe oud sy kan word, voor ek dalk sal doodgaan. Sal ek haar sien matriek skryf, trou? Ek dink aan geld sodat sy eendag kan gaan leer, vir wat ookal. Ons land is stukkend en ek wonder hoe dit gaan wees wanneer sy groter is en ek bid en hoop dat als okay gaan wees. By gebrek aan weet wat die toekoms in hou, is die omvattende woorde maar net “laat als okay wees vir Lily”.

Sou mens dit kon meet aan hoe geliefd sy al reeds was voor sy nog die lewenslig aanskou het, kan dit net goed gaan met haar. Sy is omring deur oumas en oupas en tannies en ooms en niggies en nefies wat haar liefhet, wat haar koms angstig ingewag het. As liefde ‘n mens se lewenspad gelyk kan maak, sal haar pad geen opdraandes of afdraandes hê nie. Maar as daar wel opdraandes of afdraandes kom, sal ons haar optel en haar daardeur dra.

Mag ek eendag die mooie memories vir haar los wat my ouma vir my gelos het en my ma vir Megan gelos het. Dan sal ek weet dat ek die toets as ouma geslaag het.

 

 

Advertisements

6 thoughts on “Lily Meyer – 23 Augustus 2017

  1. ek is al n oupa van vier klein kinders met die vyfde een op pad en almal is seuns so ek verstaan waar almal vandaan kom en dit is n eer en trots om dit te wees

  2. baie geluk ouma jy gaan nog vet pret he met die klein ding en baie luk aan die trotse ouers van die baba hoop sy gaan julle baie op julle tone hou

  3. Ag, nou het jy sommer my hartsnare geroer. Ek is ouma van een pragtige ou meisietjie wat een van die dae 3 jaartjies oud word en ek kan elke woord beaam wat jy hier geskryf het. Lily sal die middelpunt en vreugde van julle lewe wees elke dag vorentoe. Baie geluk aan die grootuers en die ouers, sy is pragtig.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s