Die Lewe

Ek soek julle geld!

Okay, noudat ek julle aandag het…

Ek is nie iemand wat sommer deelneem aan insamelings en verkope ensovoorts nie. Op skool het ek altyd myself probeer onsigbaar maak as dit by daardie kaartjie verkope ding gekom het, en ook later jare wanneer die kinders met sulke boekies huis toe gekom het. Ek haat dit om enigiets van deur tot deur te doen, om iets aan iemand te probeer verkoop/afsmeer of om te bedel vir enige doel. Maar soms, net soms, slaan mense se nood mens tussen die oë en weet jy dat jy nie net hier kan omdraai en wegloop en vergeet wat jy gelees het nie.

Ek probeer soggens die aanlyn koerant lees, ek probeer die ergste slegte nuus mislees, maar ek probeer ook om darem te lees wat in die wêreld aangaan. En toe lees ek iets raak wat my hart breek en my ook weer laat glo in die goedheid van die mens. Ek haal ‘n stukkie aan uit die berig:

Hoe lank kan hulle nog uithou?
“Ek weet nie . . . Hierdie maand is eintlik ons laaste reënmaand vir die winterreënvalstreek, en dan is die reën verby. Dan moet ons maar hoop op die somerreënval, die donderweer – ás hy kom. En hy is só: Dit reën by jou buurman, maar dit reën nie by jóú nie. So, ons moet nou voer bymekaarmaak vir die somer om ons skaap wéér te voer. En ons gee nog die heeltyd voer, want die veld is te swak om die skaap net alleen te los. ’n Lammerooi kan jy nie in die veld los as dit só lyk nie.”
Dit lyk soos ’n maanlandskap: Dor, woes en leeg.
Vroeër het Adriaan ons vertel van die voerskenkings wat hulle ontvang en die projek wat hy koördineer om te sorg dat dié voer by boere uitkom.
“Ek het goedkoper mielies gesoek vir ons boerevereniging en toe kom ek af op ’n ou wat ’n hele Interlink (vragmotor) vol mielies vir ons skenk – dis 34 ton – en toe deel ek dit op tussen so sewe, agt boere. Toe kontak ’n Willem de Klerk my en sê: ‘Ek het vir jou 110 ton mielies met tefbale bo-op.’ Dit was ses trokke. Toe stuur hulle dit vir ons en ek het dit so langs die pad aan boere laat versprei.
“Willie het hier agter by Leliekrans gekry en twee trokke het hiernatoe gekom en die boere hier rondom het weer almal daar by my kom laai. Daar het dit eintlik maar vlam gevat.
“Ons groep het nou al by ’n duisend ton mielies geskuif hierdie jaar wat absoluut verniet was. Die mielies én die vervoer was verniet.
“Die mielies kom van Hoopstad se wêreld in die Vrystaat. Die boere daar skenk dit. Jannus Barnard is ’n boer daar. Hý het vir ons die skenkings so by die boere ingesamel. En toe het daar ’n skenker vir hom genoeg geld gegee om trokke teen R15 000 ’n trok af te stuur Calvinia toe. Daar is twee trokke op Williston gedump en twee op Sutherland. Die ander is reguit Calvinia toe waar dit dan by die silo’s versak word en dan word dit na Harold Nel se stoor toe verskuif en daarvan af kom tel die boere dit op. Ons maak seker almal kry; ook boere wat nie lede van ’n boerevereniging is nie.”

Ek deel dit op my Facebook en ‘n vriendin en oud-kollega kontak my kort daarna. Sy bly in die Vrystaat. Sy ken vir Adriaan. Hy en haar broer werk saam aan die verspreiding van die vervoer. Sy help ook mielies bymekaar maak. Daar is skenkings, maar die vervoer is ontsaglik duur. En dis wat ek vandag vir julle kom vra. Asseblief.

Ek weet ons kry almal swaar, ek weet die ekonomie is ‘n saak van gebed. Maar ek weet ook dat ek nog geld het vir boeke, ‘n tydskrif hier en daar, ‘n sjokolade of twee, ‘n pizza op ‘n Vrydag en nog ‘n paar ander lekkernye. Ek weet dat baie van julle ook het. Daarom vra ek. Skenk een sjokolade se geld, of een pizza s’n, of een tydskrif s’n. Asseblief. Al is dit tien rand. Tien tiene maak ‘n honderd. Tien honderde maak ‘n duisend.

Onthou vanaand as jy jou bord kos nader trek, dit het ‘n boer gekos om dit moontlik te maak vir jou om te kan eet.

Gaan kyk na hulle Facebook blad: https://www.facebook.com/Droogte-Nood-Calvinia-distrik-en-Sutherland-omgewing-769195379926478/

As jy iets wil skenk:

Calvinia Farms
ABSA BANK
Account No: 9329287508
Banch code: 632005

Ek sal nooit weet of julle het nie, maar ek glo hier is mense wat hier lees, wat nie net die blad sal toemaak en vergeet nie.

 

Advertisements

2 thoughts on “Ek soek julle geld!

  1. Ai ja jy is reg, Niemand hou daarvan om te betel of te vra vir geld nie ek weet. My seun het n Kornea transplant moes kry, want hy het net 20% visie gehad. en ons het nie medies gehad nie. Ek het R75 000 nodig gehad vir die operasie.
    Toe besluit en ook om geld by mense te vra en mens kan net nie die responce GLO nie.
    Ek het dit gekry na ek oral gevra het en vandag kan my kind sien, te danke aan baie mense met goeie harte ;-). so ja ek glo dat die Bybel se……Jy sal kry wat jy nodig het maar wat jy wil HE, moet jy voor vra. Mens weet nie hoe om dan dankie te se oor hoe dankbaar jy is nie, so al wat ek kan se is GOD BLESS THEM ALL 😉
    Ek gaan nou begin vra ook vir n seun wat aan delms verslaaf is, om hom in n plek te kry en hom te help, want niemand het geld vir dit nie maar n paar pennies maak n hele klomp rande so ek is ook alweer op n mission hier. Ek is seker die Here sal ons albei help dat ons dit kan doen 😉 Baie sterkte daai kant 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s