Sommer net

Wat maak jou dink net jou dink en jou glo is reg?

Dis die vraag wat ek na die naweek oor en oor wil vra. Maar ek sit op my hande, of altans ek het redelik lank probeer op my hande sit. Maar my hande het soms ‘n wil van hul eie.

Soos destyds met Oscar, is ons land al weer verdeel in 2 groepe. Die keer oor oom Angus. Laat ek net noem dat ek nie daar was nie, in Bloemfontein nie. Nie omdat ek nie so ‘n gebedsaamtrek sou wou bywoon nie, maar omdat ek nie dink oom Angus is die een wat ek wil hê moet saam met my bid nie. Ek glo egter baie mense het wel gegaan omdat hulle wou wees waar daar saam gebid word. Ek glo die atmosfeer moes iets wonderliks gewees het waar soveel gelowiges saam gekom het. En nee, ek dink nie almal wat daar was, is skape nie. Ek dink nie almal wat daar was, dink alles gaan oornag reg gebid word nie. Ek dink nie almal wat daar was, dink hulle is heilig en sonder sonde nie. Ek dink nie almal wat daar was, glo alle siektes gaan deur oom Angus weggetoor word nie.

Ek dink ons is ‘n moedelose nasie en die saamtrek het baie weer hoop en moed gegee. Net jammer die saamroeper is ‘n patriargale homofoob. Dit sou wonderlik gewees het as een van ons eie godsdiensleiers, wat ten minste ook Afrikaans kan praat, en wat deernis het vir alle mense, so ‘n byeenkoms kon reël. Ek wil graag glo dat net soveel mense sou opdaag om dan saam te bid.

Dis my opinie oor die saak. Dis hoe ek daaroor voel. Wat ander oor my opinie dink, is hulle probleem. Wat my egter regtig, regtig bedonnerd maak, is al die afbrekende goed wat heen en weer geslinger word hieroor op sosiale media. En nou moet ek eerlikwaar sê dat ek nog nie gesien het dat iemand wat wel by die byeenkoms was, iewers iets misliks sê nie. Maar dié wat nie daar was nie en nie van Angus hou nie, hulle gaan woes.

Nou vir hulle wil ek graag iets sê:

“Julle raak nou vervelig. Los ander mense uit. Jou glo is nie hulle glo nie, jou dink is nie hulle dink nie. En wat presies laat jou dink jou dink en glo is reg? As ander mense nie iemand fisies of emosioneel mishandel nie en as hulle nie moor nie, let them be. Vrede. Namaste. Niemand het enigiemand gedwing na daai byeenkoms nie. Verseker was almal daar nie dom, ongeletterd of iets dergeliks nie. Verseker was daar ook opregte mense daar. Ongeag die oom wat staan en skree het. Soek eerder die goed in mense en dinge as altyd net die negatiewe. Almal wat so kommentaar lewer, het enige van daardie mense jou persoonlik of jou geliefdes op enige manier te na gekom? Nee? Nie? Dan… LOS. As mense jou nie pla nie, los hulle uit. As mense jou pla op FB, blok of unfollow of unfriend hulle. Regtig waar! As jy net saampraat omdat jy niks beters het om te doen nie, gaan pak jou kaste reg, gaan help by jou naaste kinderhuis of hospitaal. Gaan doen iets konstruktiefs en los mense wat jou nie gepla het nie, in vrede. Jy is net so ‘n skaap om saam te praat as wat jy die mense wat Bloem toe gegaan het uitskel vir skape. Jy praat verniet van oom Angus se vooroordele. Kyk die balk in jou eie oog!

Advertisements

15 thoughts on “Wat maak jou dink net jou dink en jou glo is reg?

  1. Well done! Exactly! Ek stem saam, behalwe dat ek weer van oom Angus hou. Maar dit keer mos nie dat ek jou skrywe nie kan waardeer en beaam nie. Ek was nie daar nie, omdat ek te damn skuldig voel oor ek nie eens by ons gemeente bid uur uitkom elke week nie. En dis in my dorp! Sal darm lekker hypocritical wees as ek Bloemfontein toe jaag vir iets wat ek veronderstel is om sommer hier te doen……


    https://polldaddy.com/js/rating/rating.js

  2. En ook net by gese Son, ek sien altyd so uit na jou geskryf. Ek WEET ons is almal besig, en jy ook, maar as jy te lank vat om iets te skryf kry ek withdrawel symptons jong lol ! Hou so aan jy is fantasties 😉 God Bless

  3. Ja Nee en so gaan dit altyd na een of ander geleentheid so groot. Almal het iets te se lol. Kyk ek hou ook nie veel oor hoe die ou oomie skree nie, maar hy doen maar seker oor hy weet soveel mense moet hom hoor, so……… My man was by een van sy naweke en is n ander man, so dankie oomie Angus want my man het nou even n kerk begin en nog n rede daarvoor is omdat my seun n ‘recovering drug addict’ is, en die twee het net nie eye to eye gesien nie, maar nou is dit sommer baie beter. Nou 10 maande skoon,en daarvoor prys ek die Here. Maar my man sou nie SO gechange het as hy nie by oom Angus se geleentheid was nie, so dankie weer omie Angus 😉 . Kyk ons redeneer in die huis oor die Woord, en ek vertel my man en seun, jy moet net nie n klip Christen word nie! So maak nie eintlik saak na wie jy luister as hulle preek nie, jy ‘voel’ dit of jy ‘voel’ dit nie, dis maar hoe dit is, en ja ek ‘voel’ dit nie met omie Angus nie, Maar soos jy se…..everyone o his own, live and let live 😉

  4. So skryf iemand wat ek ken oor Bloemfontein of fb: Sondagoggend, 23 April, baie vroeg. Ek en manlief sit teen die venster in die pikdonker eetwa van die trein oppad terug vanaf Bloemfontein. Die hele trein slaap nog en al wat ‘n mens hoor, is die egalige gedreun van die wiele op die spoor. In die verte begin die eerste lig die uitgestrekte Karoo-horison aan die brand steek. Ons praat nie juis nie, ons gedagtes nog vol van gister se emosie. Die Shosholoza Meyl uit die Kaap het Saterdag ure laat op Bloemfontein-stasie aangekom, maar niemand het omgegee nie; dit het die opwinding en verwagting heerlik uitgerek. Ons het oorgeklim op busse. In die bus oppad na Wilde Als toe, slakkepas buffer-teen-buffer, het 12h00 gekom en gaan, maar die goeie nuus het ons toe reeds bereik – die byeenkoms se begintyd is uitgestel! Dit was anders as wat ek gedink het dit gaan wees. Stiller. Na al die vrolikheid op die trein, was die atmosfeer tydens die busrit reeds meer gewyd. ‘n Paar het aan die slaap geraak. En skielik het ons dit gesien. Die drie kruise op die heuwel, die honderde motors en busse oor ‘n area groter as wat ek kon fokus. Ons asems was weggeslaan. Die uiteindelike afklim op die plaasgrond het my oë onwillekeurig laat water. “Trek uit jou skoene … “ het Eks 3 by my opgekom. Ons treinmense wat vier spoorweg konsertina-busse volgesit het, het deur die snuifgetrapte paadjie aangetou na die naaste klank-en-skerm toe. Baie vlae. Wit en rooi vlae, Suid-Afrikaanse vlae , die internasionale studente voor ons se vlae van nasies oor die aarde. “Kyk hoe bid Israel en Duitsland so langsmekaar saam vir Suid-Afrika” het Petro opgemerk. Vlae wat later skielik en onverwags wild sou begin wapper onder gebed. Van ver af kon ons die dreunsang hoor van derduisende mense wat die Here saam aanbid. “I’m no longer a slave of fear ….”. Ons het die skare uit die dwarste benader, die lied is stadig gesing en die voorste en heel agterste van die tientalle luidsprekers se klank was ‘n sekonde of wat uitmekaar, “I ám a child of God … of God … of God …” het dit verder en verder weg ge-eggo tot die klank heeltemal weggeraak het. Ons het ‘n plekkie gekry, stoele opgeslaan en komberse uitgegooi. Die Here was vir my goed en daar was baie ruimte om ons; geen kans van kloustrofobies voel nie. Ons het saam met die skare aanbid en trane afgevee tot Oom Angus opgedaag het. Die stilte daar waar ons gesit het, het my bly opval. Sommige het gekniel, ander gestaan, gesit, op die grond gelê. Die gesprekke was rustig en gedemp. Hoe kan so ‘n reuse skare so stil wees? Selfs die volkslied is nie uitgejubel soos by ‘n rugbywedstryd nie, maar op ‘n byna heilige manier gesing. God seën Afrika. Ek kan nie die volgorde van die gebeurtenisse onthou nie. Ons moes ons eie sondes bely, 5 minute op ons eie bid. Ek het ‘n handdoek oor my kop gegooi teen die hitte en in my eie klein tabernakeltjie onder die warm Vrystaatse son die Here aangeroep. Hierdie oomblik alleen sou die naweek die moeite werd gemaak het. Op ‘n stadium moes almal hande vashou en kniel. So skuins voor ons het ‘n oupa en ouma stram gekniel, met een hand nog hul dogter probeer help met ‘n pap babatjie terwyl die pa ‘n woelige kleuter teen sy bors vasgedruk het. ‘n Skare op hulle knieë voor die heilige God. “Waar sal ons hulp vandaan kom?” Nou sit ons in die eetsaal oppad terug Kaap toe en wonder “Can a nation be born in one day?” Dit word lig en een vir een kom die mense koffie soek. ‘n Plaaswerker, ‘n jong Oosterse meisie wat sit met inkleurkryte en ‘n joernaal, twee swart vriendinne, boere van Welllington. Ek weet nie Oom Angus. Ek weet net toe ek gister van daardie gronde af stap, het ek anders gevoel; vol hoop vir die toekoms van ons mooi land in God se hand. Soos die volk in Nehemia se tyd nadat Jerusalem se mure herbou is. “Esra het die Here, die grote God, geprys en die hele gemeente het met hande omhoog geantwoord: ‘Amen, amen.’ Toe kniel hulle en buig diep voor die Here.” Hulle het begin huil toe hulle die Here se woord hoor, maar die leiers sê toe vir hulle “Hierdie is ‘n dag wat aan ons God toegewy is. Moenie teneergedruk wees nie, want die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees.” Amen amen.

    https://polldaddy.com/js/rating/rating.js

  5. goeie more hoop dit gaan goed . ek hou van jou pront uit uit die grond uit oop en earlike gemoed en ek stem 100% saam met jou vir dit wat jy gese het mag jy n wonder like week he en baie dankie vir jou kommentaar

    groetnis

    kobusmaritz

  6. Ek kon dit nie beter stel nie!

    Ek was ook nie daar nie, maar sou graag wou gaan. Nie omdat ek van Oom angus hou (of nie), maar oor dit vir my oor iets baie groters gaan as Oom Angus – om te bid vir ons stukkende land. Dit het eintlik niks met die oom te doen nie. (my opnie 🙂 )

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s