Sommer net

Sand tussen my tande gedagtes

Sand tussen ‘n mens se tande is nog nooit lekker nie. En die laaste week of wat het ek sand-tussen-my-tande-gedagtes, hoofsaaklik oor dinge op sosiale media, meer spesifiek Facebook.

Nou ja, ek hoor al dat mens Facebook nie moet ernstig opneem nie, dis nie die regte lewe nie, bla bla bla. Die waarheid… dit IS deesdae waar ons (meesal) sosiaal verkeer. Raak gewoond daaraan, dis 2017.

Waaraan ek NIE gewoond kan raak nie, is mense se idioties-geit ( ja, ek weet daar bestaan nie so ‘n woord nie, dit sê net so lekker) op sosiale media. I mean, really. Ek het drie korrels in my tande vanoggend.

Kom ons begin by die onlangse brande in die Wes-Kaap. Mense het al hulle besittings verloor, asook klein sentimentele goedjies wat geen versekering ooit weer sal kan vervang nie. ‘n Vriendin van my se niggie werk en woon op die een plaas wat afgebrand het. Hulle het letterlik alles verloor. Mense het vir hulle klere ensovoorts bymekaar gemaak, maar toe sy die oggend uit die stort klim, besef sy dat sy geen onderklere het nie. Niemand het gedink om vir haar onderklere te koop nie. Soos die tyd loop, sal daardie arme mense eers werklik besef wat hulle alles verloor het.

Wat my egter sand tussen my tande gee, is die ding dat iemand op Facebook gekla het dat sy nie verstaan hoekom daar nie op sosiale media MEER gefokus word op die vure en moontlike brandstigting nie. En dat ander ligsinnige plasings oor dinge en kos en grappies ensovoorts, vlak en  onvanpas is. Nou ja, my liewe fok, as jy so ernstig oor die brande voel, wat maak jy nog op Facebook? Hoekom is jy nie daar om te help waar jy kan nie? Maak kos vir die brandslaners, dra drinkgoed aan, samel goed in vir mense wat alles verloor het. Nie sit en bitch op sosiale media oor ander mense dit mag waag om ook aan te gaan met die gewone lewe nie. Al wat jy is, is ‘n keyboard cowboy. En dit stink. Meer as daardie vuurrook.

Dan is daar die vrouens (waarvan ek twee unfriend het, want ek kan nie meer die klaagliedere van Jeremia hanteer nie) wie se mans hulle gelos/skei het. Daar is meer as twee, maar party hanteer dit met waardigheid. Ek wil egter van die twee vertel wat my tande stomp maak. Beide ly glo aan depressie. Nou verstaan my onmiddellik nie verkeerd nie, asseblief. Ek het baie simpatie met mense wat werklik aan depressie ly, dis ‘n vieslike siekte. Maar ongelukkig is daar sommige mense vir wie dit ‘n maklike ek-is-hulpeloos kaart gegee het. En ek sal my laaste sent verwed op hierdie gevalle.

Lank voor hulle mans gatvol geraak het, het ek gewonder wanneer hulle mans gaan gatvol raak. Die een se arme man moes elke week honderde rande opdok, want sy het nodig gehad om haar hare en naels te laat doen. Elke week. Ook moes sy gereeld gaan vir ‘n massering en ‘n spa behandeling. Hierdie goed was glo haar “happy place”. En verder het sy by die huis gesit en boek lees. Geen finansiële bydrae gemaak of probeer maak tot die huishouding nie. En haar depressie het haar verhoed om te gereeld haar vroulike “pligte” na te kom. Ek weet, ek het dit uit die dame se eie mond moes hoor. En ook op Facebook moes lees. I kid you not.

Na die poeding die waaiers getref het, het beide dames nou diep gelowig geraak, want net God weet waardeur hulle gaan (hulle woorde, nie myne nie – hulle het seker ‘n direkte lyn na Bo) En heeldag word daar gekla op Facebook en vertel dat eintlik weet ander mense net 90% van wat in hulle lewe aangaan en hoe erg alles werklik is en was. Hulle blaker alles uit, maar daardie 90% word stil gehou. Regtig?! Dink hulle regtig almal is idiote? As jy jou sekslewe kon uitblaker op Facebook, wil ek in my lewe nie glo dat jy nog 90% ander geheime het nie. Veral nie as jy daarmee NOG simpatie kon genereer nie.

Intussen teer hulle op ander (dom?) goedgelowige mense se hulp. Vir blyplek en wie weet wat nog. En die mense wat deur hulle sien? Is glo ongevoelig en hardvogtig en weet nie waardeur hulle worstel nie. Wel ek het nuus vir hulle.

Die vrouens, veral, wat deur hulle sien, is 99% van die tyd al reeds self ook deur ‘n egskeiding. Is met kinders en fokol geld gelos. Het nie tyd gehad om op sosiale media te teem nie, want hulle moes hulle hande uit hulle moue steek en gaan werk, of het reeds gewerk en moes harder werk. Ek verklaar vandag hier openlik dat ek BAIE meer respek het vir die prostituut wat uit desperaatheid om haar kinders kos te gee, haar lyf gaan verkoop het, as vir enige van hierdie twee vrouens. Ek wil hulle letterlik ‘n snotklap gee, dat hulle kan by kom. Maar ek het hulle maar eerder net unfriend. Ongelukkig sien ek nog hulle treurmares deur gemeenskaplike vriende. So blok is naby, so naby soos bliksem aan demmit.

My laaste korrel sand is oor dinge soos byvoorbeeld die onlangse Ford Kuga grappies op sosiale media. Kyk, Suid-Afrikaners het die wonderlikste vermoë om vir hulself te lag, om iets humoristies te vind in die mees traumatiese gebeure. Ek glo dis ‘n manier van oorlewing, veral in ‘n land soos ons s’n. Ons moet maar eerder lag, want huil gaan ons nêrens bring nie, en dalk hou ons nooit weer op met huil as ons eers begin nie. Maar soms is iets ook net snaaks tot op ‘n punt. Vergewis jouself tog eers oor hoeveel keer daar al ‘n grappie oor ‘n gebeurtenis gemaak is op sosiale media, voor jy ook op die wa klim. As jy eerste kan wees, go for it. By all means. Selfs as jy 10de of 17de is, gee dit jou beste, almal het dit dalk nog nie gesien nie. Maar wragtig waar, as jy 371ste is, LOS! Dis lankal nie meer snaaks nie. Die fut is uit, die snaaks is oor. Capiché?

Nou ja, genoeg gemurmureer. Dis darem Vrydag. Loop hê ‘n vrolike, vreeslose, vuurlose Vrydag. Laat ek my tande gaan borsel 😉

 

 

 

Advertisements

21 thoughts on “Sand tussen my tande gedagtes

  1. Sorry ek kom nou eers op jou blog af. Keybord Cowboy jou eie woord? Want ek dink ek gaan dit moet gebruik vir al die histeriese mense op fb. 🙂 Dankie vir ‘n lekker lag.

  2. hehehe … ek hoor jou hard en duidelik…

    Wil darem ‘n lansie breek vir share 371 … as nr 371 dit nie share sal my bejaarde vriende dit nooit sien nie en mens moet nog verduidelik war dit beteken ook …gun tog maar 371 ook haar plesiertjie?

  3. Haat ook daardie peste wat goed is vir niks anders as om te kla en/of kritseer nie. Sal liewers vasbyt met iets goeds. As Trump so ‘n sukses van sy eie besigheid kon maak, dink net hoe groot ‘n sukses gaan hy van Amerika se ekonomie maak.

  4. Inderdaad . Gaan die grappie nie nou vertel nie maar die punch-line is die volgende woorde – ” LEKKER MAN, LEKKER!” En so voel ek oor jou skrywe

  5. So het elke mens maar sy gatkrappers né?
    Ek is nogal bly ek het nie vanmore, na al my grappies hierdie week, my redhot specials op tweedehandse Kugas op Bakkiesnoek adverteer nie. Ek laaiks nogal eintlik om jou bakkiesboek friend te wees.

  6. Ek stem heel te maal saam met jou. Ek het self ook al ‘n paar mense geunfriend. Nog iets wat ek haat is mans wat bly sê ‘alle vroue is dieselfe’ en vrouens wat sê ‘alle mans is die selfde’. Fok, as dit regtig so was ons wereld regtig ‘n fokkop…

    verskoon my taal asseblief.

    Lekker daggie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s