Sommer net

Oor 80 boeke gelees in 2016, en so aan, en so aan

Ja, ek het 80 boeke gelees in 2016. Dis my eie persoonlike mylpaal en ek noem dit slegs om te wys dat ek nie een of twee boeke uitsonder as uitstekend omdat ek actually net drie boeke gelees het nie, maar meer daaroor netnou.

Die jaar lê op sy rug. En daar is ‘n paar goed wat ek gou oor wil skryf voor ek verder begin lees. Mense sal wonder waar de hel kry die vrou tyd om 80 boeke te lees. Ek lees terwyl ander TV kyk, ek lees terwyl ander slaap en ek nie lus is om oor my sondes wakker te lê nie. Ek lees in rye by verkeerskantore en supermarkte. Ek lees op die grond voor my kantoordeur terwyl ek wag vir iemand om te kom oop sluit omdat ek my sleutel vergeet het. Dit was darem net een keer. Ek is te bang om goed te vergeet, oor my ma Alzheimers gehad het. Ek lees op ander plekke ook, maar dis nou nie nodig dat ek al daai plekke hier noem nie. En ek lees vinnig. Gelukkig.

Van my ma gepraat, ek het my nou die dag gruwelik vererg. Ek het 4 jaar gelede geskryf dis ‘n fokop as mens se ma doodgaan. Daai skryfsel van my het die wêreld getoer, want iewers het dit ‘n snaar in elke kind geraak. Elke nou en dan kry ek nog terugvoer daaroor. Iemand het dit ‘n jaar of wat gelede al gesteel ook en gemaak of sy dit self geskryf het. Gelukkig het ek mense wat uitkyk vir my. Waaroor ek my vererg het, is iemand wat glo onlangs gesê het dis onopgevoed en disrespekvol om in daardie konteks die woord fokop te gebruik. Vir daardie persoon wil ek net sê; “Wie de fok dink jy is jy om my te oordeel aan hoe ek oor my ma treur?!” As ek wil fok sê, sal ek. Ek vloek net fok. Dis al. Gun my dit. Anderdag toe ek wou inskryf vir Survivor het my dogter gesê, “Ma, moet asseblief net nie fok sê op die TV nie.” Wel, ek kan niks belowe nie. Ek belowe darem ek sal nie eendag vir my kleinkind sê “kry nou fokkin ore aan jou kop nie!”. So, ek sê fok. Take it or leave it. 

Oor Facebook, ja. As jy nie op Facebook is nie, is jy nie. Ongelukkig. Selfs ou mense van 80 is op Facebook.Dit is nou maar so dat ons almal ingekoop het in daardie idee. Maar die vet (fok) weet, kan iemand nie ‘n boek skryf soos tannie Emsie nie. Oor Facebook etiket. Of dalk het iemand al. Adverteer dit net beter. Mens was nie jou vuil wasgoed op Facebook nie. Dis nie Jerry Springer nie. Wel soms dink ek nie eers Jerry Springer sou kans gesien het nie. Nog ‘n ding, MOENIE my vra om iets te deel omdat jy wil sien of iemand reageer nie, of om die Noordpool se pikkewyn of konyn te red of iets in dier voege nie. En ‘n moerse guilt trip op my laai oor watter rampe my of ander gaan tref as ek nie share nie.Ek gaan NOOIT share nie. Fok dit. Punt. En delete my dan maar. Is cool.

Terug by boeke.Ek lees tans Melk die Heilige Koeie deur Deon Maas. Nou, tot op hede was ek vaagweg bewus daarvan dat Deon Maas verskeie reaksies by mense ontlok. Ek moet in alle eerlikheid erken ek weet nie regtig hoekom nie. Ja, soms lewe ek met my kop onder ‘n klip. Maar ek steur my ook nie regtig aan ander mense se vooroordele en vooropgestelde idees nie. En buitendien los ek ander mense uit as hulle my nie pla nie. Soms hoor ek dae later eers van’n herrie wat op die nuus / facebook was. Meestal was dit gewoonlik ‘n storm in ‘n teekoppie, so terwyl ander roer, het ek net aangegaan met my lewe. Want as dit nie my besigheid is nie, vir wat moet ek my neus daarin steek. En ek praat nou nie van die ekonomie en ernstige nuusgebeure nie. Daaroor bly ek op hoogte. Sodat ek darem kan weet wanneer ek moet Karoo toe vlug voor die apocalypse.

Een ding weet ek egter nou. Ek LIKE wat Deon Maas skryf. En ek like hom; die bietjie wat ek nou van hom uit sy boek geleer het. KOOP sy boek en lees dit. Vandag nog. Dis een van die beste boeke uit die 80 wat ek gelees het die jaar. Vat daai geld wat jy op nog ‘n restaurant ete wou gaan uitgee en gaan koop die boek. Ons kan almal doen met een ete minder dié tyd van die jaar.

Wel, ek dink dis dan dit vir nou. Genoeg gebitch vir 2016. Laat ek my besem gaan soek. Tot later.

Namasté.

19 thoughts on “Oor 80 boeke gelees in 2016, en so aan, en so aan

  1. Ag flip nou so lang briefie vir jou getik en nou is dit weg want ek soek my password vir WP 😂 Anyway ek wens so ek kan resensies skryf soos jy. Ek kan maar nat altyd sê ek like die boek of nie.

    Soos jy weet is ek net so mal oor lees soos jy….. Enige tyd…. Enige plek….

    Fok maar dis lekker om te lees 🙈

  2. Geseende kersfees en alles wat mooi is vir2017

    Kobus Maritz | Aviation Craftsman | Narrow Body Majors

    [cid:image001.jpg@01D25C48.A7C80530]Mobile: 078 3411 090 | [cid:image002.jpg@01D25C48.A7C80530] Phone: +2711-978-5181 | [cid:image003.jpg@01D25C48.A7C80530] Fax: +2711-978-6182 | [cid:image004.jpg@01D25C48.A7C80530] E-Mail: KobusMaritz@flysaa.com
    Flight Controls Workshop, Hangar 8 South, Technical AreaJohannesburg International Airport- Johannesburg- South Africa

  3. Waaaaatttt?! 80 boeke! Dis absoluut fantasties. Nou jeuk my gat natuurlik om te kyk hoe naby ek aan 80 boeke in 2017 gaan kom. Ek het nie veel hoop nie, maar nou is ek nuuskierig!

    Oor die fok – wel, ek dink ALMAL vloek een of ander tyd. Net nou die dag was mense op ons dorp se FB groepie goed die donner in want die Ds se vrou het gevloek en vinger gewys toe iemand voor haar inry 😆 Ek vloek ook, ek is soms net te bleddie skynheilig om lekker in my blog te vloek – dis natuurlik my ouma se skuld.

    En oor Deon Maas – ek is mal oor die ou. Ek oorweeg dit nogal om sy boek te koop – dink jy het my sopas oortuig. Gaan hom koop en vir myself toedraai onder my boom!

    Geniet die laaste bietjie van 2016 hoor!

  4. Ek geniet dit wat jy neerpen! Deesdae met die vingerpunte, nie meer penne nie. Jy moet nooit ophou nie nig, en kan regtig dit ernstig oorweeg om te publiseer!!

      1. Ag Son – EK bly fokken mal oor jou, seker oor ek ‘n groter FOKKER as jy is …… die woord het (ongelukkig seker) ‘n integrale deel van my woordeskat geword in versillende verbuigings en aanwendings en ek voel ‘n veer. Op my ouderdom REGTIG. Ek het van jou bewus geword oor die fokkop-skrywe na jou ma se dood – iemand het dit aan my gestuur oor my ma omtrent ;n jaar na joue hemel toe is en ek in ‘n staat soorgelyk was aan die een waaroor jy geskrywe het. Ewenwel, my stuiwer oor jou (wonderlike en kleurryke) taalgebruik. Ek lees jou skwyes met groot vreugde.
        Wense vir ‘n verruklike kersfees/vakansie/familie-tyd en uiteraard die komende 2017.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s