Sommer net

Gypsy gene

Ek moet dit eintlik in goeie Afrikaans ‘gatskuur gene’ noem. My pa het kleintyd vir my gesê “as die wiel draai is jy in, regte klein gatskuurder”. Hy was so reg. Ek klim in my kar om iewers heen te ry en dis asof al die legkaart stukkies in mekaar kliek. Of soos daai tetris speletjie. Die blokkies in my kop draai vanself reg en val in pas. Ek sit die musiek aan, ek wat vir ure in ‘n doodstil huis kan bly. Maar as die wiel draai, moet die musiek speel. En dan vat ek die pad. Enige pad het ‘n bekoring vir my, solank ek nie in verkeer hoef vas te sit nie. Hoe langer die pad en hoe meer dorpies/dorpe ek raak ry, hoe beter.

Ek word iemand anders op die pad. Ek word ‘n verkenner, ‘n ontdekker. Ek stop by vulstasies en ek dink die mense kyk en wonder “waar kom sy vandaan; waarheen is sy oppad”. Ek stap in klein vreemde kafeetjies in en ek asem die plek in. Agter toonbanke sit deesdae Pakistani’s of ander nasies wat van ver plekke hier ‘n lewe kom maak het. Ek wonder oor hulle. Maar ek vra nie, ek is net ‘n skip wat verby vaar.

Ek word bekoor deur dinge met wiele. Busse, treine, karre en motorfietse. Want hulle kan jou weg vat na vreemde plekke. Bote en vliegtuie ook. Ek hoor gereeld mense kommentaar gee oor hoe hulle busry haat. Te veel mense, lywe, asems. Dit is so ja, maar dit het weer sy eie bekoring. Jy is oppad saam met ‘n klomp ander mense en elkeen het sy eie storie en sy eie bestemming. Nes vliegtuie ook maar. Vliegtuie is net busse in die lug. Wat jou na plekke duisende kilometer ver vat.

Ek wonder baie dae waar hierdie gatskuur geen vandaan kom. Ek is lief vir my huis, maar ek sê nooit nee dankie vir ‘n reis nie. Ek sal altyd weer terugkom, maar die horison roep gereeld. Al is dit net Karoo toe. Of ‘n verder see. En eendag op ‘n reëndag wil ek wiele vat en dwarsdeur Amerika ry. Met ‘n “van” deur daardie lang stukke pad, deur woestyn en “one horse towns”. Waar daar iemand op ‘n bankie voor ‘n “gas station” sit en sy hoed vir my lig wanneer ek verby ry. Of stop vir petrol en ‘n koue Coke.

Het ek 300 jaar plus gelede geleef, was ek heel waarskynlik op die skip saam met Vasco of Jan of een van daai knape. Dis dalk by een van hulle waar my voorvader se gatskuur geen vandaan kom 😆
 

Advertisements

7 thoughts on “Gypsy gene

  1. Man ja……reis….. ek sien op daarna as ons iewers ver moet ry. Want ek nou weer, moet altyd n pilletjie vat vir ‘motion sicknes’ en dit maak jou lomerig en aan die slaap, en as ek miskien so tussen in bykom, dan se my man, O jy moes dit gesien het en dat gesien het, dan is ek kwaad en se HOEKOM het jy my nie wakker gemaak nie, maar as daai pilletjie jou eers gevang het, kan jy vuurhoutjies tussen jou ooglede sit jong, daai oe gaan toe, en ek haat dit! Shame my arme man sit in doodste stilte en bestuur net 😉 en se, my vrou sit die sitplek af dan le jy??!! Ek WIL nie le nie, ek wil sien wat ek wil sien hier om my aangaan op die pad! Maar as ek my kom kry dan vang ek GROOT blerrie visse hoor 😉 ! En dan hou ek eintlik ook nie daarvan om uit n tas te leef nie, want ALLES MOET saam gaan 😉 want jy weet nooit jy ‘mag’ dit miskien nodig kry hahahaha ! SO was ek nou nog NOOIT eers op my ouderdom in die Kaap nie en almal praat van watter nice plek dit is. Miskien eendag ja, sal ek so instead van sit sit, so slaap slaap Kaap toe ry lol, ek is lankal gatvol vir die Gauteng! Die ‘motion sicknes’ is nou een ding wat jy nie wil he nie, so ek beny almal van julle wat so kan in n kar klim en daar gaan julle 😉 . So die eenigste ding wat ek kan he is miskien hulle ‘look’ want ek is mal oor hoe hulle aantrek,dit laat my dink aan die ‘Hippie’ tyd en love it 😉 . So geniet jou travel’s maar en dink aan my 😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s