Sommer net

Wanneer jy ‘n sambreel vir ‘n koedoe opslaan

…want dis te warm in die son en hy is beseer. 

Sy wou nie hê ek moet dit op sosiale media deel nie. Want dit gaan nie oor wat ander mense dink nie. Vir haar gaan dit oor die koedoe. Die koedoe het vasgesit in ‘n draad. Sy been het seergekry.

My skoonseun het hom huis toe gebring. Om te kyk of hulle hom kan help. En my meisiekind het besluit dis te warm so in die oopte van die werf. Toe slaan sy vir hom ‘n sambreel op.

Hy het darem al geëet en water gedrink. Ons hoop hy gaan okay wees. En nou deel ek dit maar hier, sodat ek dit altyd kan onthou.

As ‘n mens se kind goed doen in die lewe, weet jy jy het iets reg gedoen en is jy trots. Ek het al baie rede gehad om trots te wees. Maar as jou kind ‘n sambreel vir ‘n beseerde koedoe opslaan om hom uit die son te hou, dan bars jy van trots. Want dan weet jy jou kind het ‘n hart. ‘n Groot, liefdevolle, fantastiese hart. En dis belangriker as al die geld en sukses in die wêreld. Ek is SO trots.

Update:

18 thoughts on “Wanneer jy ‘n sambreel vir ‘n koedoe opslaan

  1. Jy kan met reg trots wees. Dis ‘n kosbare oomblik wanneer jy hierdie positiewe insae in jou kind se binneste het en dis ‘n baie mooi herinnering wat jy met ons gedeel het. Dankie daarvoor, dis die soort dade wat ‘n mens hoop gee vir die mensdom. Drukkie vir jou kind.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s