Gedagtes

Rome brand en ons speel skilpad

Of so iets…

Ek het vandag nie baie om te sê nie. Ek wil net hê elke enkele mens in hierdie land moet hierdie man se woorde luister. Hy sê alles wat nodig is om te sê. Hy sê wat ons almal eintlik moet opstaan en sê. Ons moet sê tot hiertoe en nie verder nie. Genoeg is genoeg! Stop julle “onnooslike dade”. Of dra die gevolge. As jy wil klip gooi en afbrand, dan hoort jy nie in ‘n 10 kilometer radius van ‘n universiteit af nie. Oor ‘n paar jaar is julle wat nou klip gooi en afbrand die mense wat ons moet verdedig in die howe, of moet dokter in die hospitaal. Nee dankie!

 

8 thoughts on “Rome brand en ons speel skilpad

  1. Ja nee ek weet nie… Moet die Tiener nog gaan swot by ‘n instansie of moet ons maar deur UNISA gaan want elke keer dat hulle klasse so ontwring dan STEEL hulle van hardwerkende studente tyd.

  2. Ja nee, wens ook die hele Suid Africa kan rigting kry! Met alles wat om ons aan die uit mekaar val kan ons net bid en se asb Vader laat alles sin maak, maar dit doen nie? Elke dag hoor jy van die een wreedheid na die ander en vir wat? Oor EEN geskree het, die wittes het ons land gevat, nou dink hulle almal well dis EEN manier om IETS te kry wat ons nie voor gewerk het nie? Hulle dink nie aan……nog altyd was……
    Daar is RYK wit mense en daar is ARM wit mense……RYK swart mense en ARM swart mense
    Daar is GOEIE wit mense en daar is SLEGTE wit mense…..GOEIE swart mens en SLEGTE swart mense
    Daar is SLIM wit mense en DOM wit mense……..SLIM swart mense en DOM swart mense
    Daar is LUI wit mense en FLIKS wit mense….LUI swart mense en FLUKS swart mense

    En so kan mens aangaan en ja, ek gee nie om as Ta LANGS my kom bly nie, solank HY dieselfde betaal as ek, en sy plek mooi skoonhou om die omgewing mooi te hou, en DAAR IS wat in my straat bly en hulle kom verby is ordentlik, groet, gesels en kyk uit vir ons soos ons vir hulle.

    Ek het self swaar groot geword, swaarder as BAIE swart mense, maar is nie n Jannie jammer gat nie. Daar is baie wat ek ook wil he, maar het net waarvoor ek doners hard gewerk het. Nie verniet gekry het nie.

    Wat daai ou se is net die waarheid, maar DIT WIL HULLE NIE HOOR NIE! Want die hand word net uit gehou en dis dit. Met die Government wat ons het, no wonder hulle gaan so aan nie? Hoekom kan party mense hulle self help en veryk en ander nie?

  3. Ek bewonder hierdie man wat so openlik sy sê gesê het en hoop van harte dat die ore vir wie dit bedoel is, ook hierdie woorde sal hoor. Tog wonder ek of enige van die oproermakers/brandstigters hulle hieraan sal steur. Ek sal ook graag wil sien of die regering die moed en oortuiging het om iets daadwerklik te doen wat hierdie tipe kriminele aktiwiteite sal stopsit. Komaan President Zuma, wys jou staal. Jy is mos die sterk man hier rond.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s