Sommer net

Dis nou 4 jaar

Jip, ma. Vier jaar, ma. Ek het gedink ek sal nie weer hierdie jaar skryf nie. Vier is so ‘n niksseggende syfer. Dis nie 5 nie, of 10, of selfs 7. Dis net 4. En een of ander tyd moet mens seker ophou skryf. Maar toe vandag kom, toe ek vanoggend wakker word, toe weet ek vandag is nog nie daardie tyd nie. Om op te hou nie. Dalk sal daardie tyd nooit kom nie. En dis ook dan reg so.

So hier is ek nou weer, soos die liedjie loop, met my rooi rok voor jou deur. Net, ek het nie ‘n rooi rok nie. En jy het nie meer ‘n deur nie. If wishes were horses, né.

Ek sal seker maar altyd wonder of jy iewers is waar jy anyways alles weet wat ek elke jaar hier kom rapporteer. En rasioneel weet ek dat jy sekerlik ook nie hier kan lees nie. Maar jy weet mos, ek is die een wat altyd ‘n plan A, B & C het. En OCD het. So I cover all the bases. Just in case.

Megan is toe laasjaar 28 November getroud. Oooo, dit was ‘n vreeslike verskriklike mooi troue. Sy het soos ‘n bosfeetjie gelyk. Die hele familie het heel naweek troue gehou in Nieu-Bethesda, in die diep Karoo. Amper soos in die Voortrekker tyd. Heel naweek lank! Dit was die mooiste troue wat ek nog ooit bygewoon het, en ek sê dit nie net omdat dit onse kind is nie. As ma maar daar kon wees. Haar eie pa het haar toe afgegee. En daar was geen skandes nie. Wat nogal iets van ons almal sê😆

Die ander groot nuus is dat Tamsyn een van die finaliste is vir Sarie se Voorblad 2016. Jinne ma, daai kind is beeldskoon. Die finale is iewers in September en ons hoop natuurlik almal sy wen. Maar al wen sy nie, sal sy steeds die mooiste wees.

Met Bernard gaan dit ook baie goed. Hy werk nou daar naby Stormsrivier. Waar sy hart mos nog altyd gelê het. Hy moes eintlik ‘n hippie gewees het wat in Knysna bos gebly het. Die mense daar is baie goed vir hom. En dis vreeslik lekker om daar te gaan kuier. Mens se siel raak lig daar tussen die bome.

Nou ja, verder het die jaar maar stil sy loop gevat. Ek suffer maar steeds deur die winters. Soms moeiliker en soms makliker. Ek sal nie in die nat Kaap kan aftree eendag nie. Maar dis worries vir ‘n ander dag.

Ek moet nou gaan begin tittivate. Vanaand hou ons Paul se 50ste verjaardag partytjie. Ja, so op jou herdenkingsdag. Al verjaar hy nou eintlik eers Maandag. Maar dis okay. As ek daar lag en gesels en dans, dan is dit sommer jou lewe ook wat ek vier. Ek weet jy sal nie omgee nie.

Don’t be a stranger tot volgende jaar dié tyd. Kom gooi so nou en dan ‘n draai en maak seker ons is nog almal okay. (En stuur nou daai sieletjie wat van my ‘n ouma gaan maak. Ma het tog seker bietjie insae daar😉 )

Ons mis jou. Ons sal nooit ophou om jou te mis nie.

15 thoughts on “Dis nou 4 jaar

  1. sjoe, dis nou so mooi geskryf. Ek het al begin dink ek is nie normaal nie, almal se “jou ma is al amper 2 jaar dood, snap out of it en laat haar gaan sy moet gaan rus”, en hier se jy 4 jaar later jy voel nog so seer. Nou voel ek nie meer so “mal” soos wat die om my wie se ma’s nog very much alive is vir my elke dag probeer vertel nie.
    ek dink mens se hele bestaan en persoonlikheid verander wanneer jou ma doodgaan, maak nie saak hoe die verhouding was nie.

    ek dink dit sal altyd rou en seer bly, en ek hoop van harte dat ek haar wel eendag weer sal sien.

    big hugs, (ek se nie sterkte nie, want jy kani sterk wees as jou ma dood is nie)

  2. Son jy weet net hoe om die ware gevoelens op papier te sit maak my verlange na my Pa net so ;n bietjie makliker xxx Hou asseblief altyd aan met skryf

  3. Jy sê dit so mooi….soos dit is. Ja, ons mis haar….ons gaan aan. ….maar ons sal haar altyd mis. En ek moet glo sy kyk vir ons….en smile. Xxxx

  4. Ai Son en ja baie mooi geskryf soos al jou goed altyd…..Jy het nice memories😉. Wens somtyds ek het gehad. My ma is oorlede toe ek 9 was, maar was toe al kla in die weeshuis, want sy was baie sieklik en in en uit die hospitaal en kon nie na ons omsien nie. Ek onthou nie veel van haar nie maar het die een prentjie in my kop van haar wat sy op n lang rooi stoep se muurtjie sit en ons speel. My broer het altyd gese, mens gaan nie dood nie, dis net jou donkie ‘physical body’ wat weg is. Praat jy van daai person en so bly hulle leef😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s