Gedagtes · Raak gelees

Vier vroue, vyf stukkies papier

“Outside, the music pumped. But no one looked like they were in the mood for a party. The late winter crescent moon hung in the sky like a scythe. Five pieces of paper had worked like a car bomb, blowing the night apart.” – Richard Poplak

Vir dié wat nie weet waarvan ek praat nie, lees gerus HIER

Maar dis nie regtig waaroor ek wil skryf nie. Ek wil skryf oor die (wit) vrou wat toe op ‘n ander gesprek die volgende te sê het:

Die posters was egter vir my onsmaaklik. Dis die wêreld in.”

My mening: Niks meer onsmaaklik as om ‘n verkragter en verkwister as president te hê nie. En die wêreld moet weet. Hoe meer druk op ANC om van Zuma ontslae te raak, hoe beter. Vroue dwarsoor die land ondersteun daardie vroue en bewonder hulle moed. Die dae van geweld teen vroue onder die mat invee want dis “onsmaaklik” is verby

Al die ander wat kommentaar gelewer het, was so half stomgeslaan oor hierdie vrou se opinie. En toe sê sy nog: “Dis vir my soos double jeopardy. Zuma betaal al die pad vir sy dade in die vorm van die uitslae wat die verkiesing vir hulle gewys het. Ek vind die plek en die tyd onsmaaklik. Vat hom in die howe aan en maak sy lewe hel.”

Ek moes twee keer lees. Om seker te maak ek lees reg. Ernstig?! Zuma betaal al die pad vir sy dade! Ek weet nie waar hierdie dame die hele tyd was nie, maar ek vermoed dis dalk in Lala-land. Want na die beste van my wete het Zuma nog NIKS betaal nie. En ons moet nog sien of hy enigsins die boodskap snap van die verkiesing se uitslae.

Maar dit het my laat dink. Vroue is ander vroue se grootste vyand. Seriously. Want dis vroue wat verhoudings aanknoop met ander vroue se mans. Man alleen kan mens nie ‘n buite-egtelike verhouding aanknoop nie. Hoekom iets aan ‘n ander vrou doen wat jy nie aan jouself gedoen wil hê nie?

Dis ook vroue wat ander vroue se klere en gedrag die vinnigste oordeel. Kyk hoe kommin trek sy aan, sy moenie kom huil as sy verkrag word nie. Ja, ek was self al skuldig aan hierdie veroordeling. Maar die feit is, al loop jy kaalgat in die pad af, gee dit geen man die reg om jou te verkrag nie. Mens se liggaam is jou eie, niemand het die reg om dit te skend nie, al is jy nie respekwaardig nie.

Ek haal my hoed af vir daardie vier vroue wat stil-stil gaan betoog het voor Zuma. Stil-stil is hoe baie vroue (en kinders) steeds verniel word, omdat dit “onsmaaklik” is om dit in die ope te bring. Omdat die wêreld dit soms nie kan glo van die vooraanstaande man nie. So dit moet die vrou wees wat lieg of daarvoor gevra het.

Mag GEEN vrou ooit weer stilbly oor ‘n ander vrou wat leed aangedoen word nie, en “for the love of” alles wat heilig is, mag geen vrou ooit dink dis onsmaaklik om dit in die ope te bring nie.

Ek los julle met ‘n gedig wat Kwezi (die jong vrou wat Zuma aangekla het van verkragting) geskryf het. Sy is tans in Nederland, waarheen sy gevlug het na aanhoudende dreigemente deur Zuma se ondersteuners:

On 26 September 2008 Kuzwayo (Kwezi) performed, dressed in a khanga, the poem below at the opening of the exhibition “Identity, Power and Connection,” on the eve of the bi-annual Afrovibes Festival. In this way, she responded for the first time to the court’s verdict:

 

I AM KHANGA

I wrap myself around the curvaceous bodies of women all over Africa

I am the perfect nightdress on those hot African nights

The ideal attire for household chores

I secure babies happily on their mother’s backs

Am the perfect gift for new bride and new mother alike

 

Armed with proverbs, I am vehicle for communication between women

I exist for the comfort and convenience of a woman

But no no no make no mistake …

I am not here to please a man

And I certainly am not a seductress

Please don’t use me as an excuse to rape

Don’t hide behind me when you choose to abuse

You see

That’s what he said my Malume

The man who called himself my daddy’s best friend

Shared a cell with him on [Robben] Island for ten whole years

 

He said I wanted it

That my khanga said it

That with it I lured him to my bed

That with it I want you is what I said

 

But what about the NO I uttered with my mouth

Not once but twice

And the please no I said with my body

What about the tear that ran down my face as I lay stiff with shock

 

In what sick world is that sex

In what sick world is that consent

The same world where the rapist becomes the victim

The same world where I become the bitch that must burn

The same world where I am forced into exile because I spoke out?

 

This is NOT my world

I reject that world

My world is a world where fathers protect and don’t rape

My world is a world where a woman can speak out

Without fear for her safety

My world is a world where no one, but no one is above the law

My world is a world where sex is pleasurable not painful”

Mag elke vrou keer dat dit nie ‘n ander vrou se wêreld word nie.

7 thoughts on “Vier vroue, vyf stukkies papier

  1. Ek het Vrydagaand in verstomming gesit en kyk na hierdie gebeurtenis wat direk op tv uitgesaai is.Kon eers nie verstaan wat aangaan nie,maar toe ons kliek,juig ek en manlief saam die huis se dak af!Ek haal my hoed af vir hierdie jong vroue…dit moes baie moed gekos het en dis tyd dat dinge verander.Vrouens is lank genoeg onderdruk en as seksobjekte gesien.

  2. Ja nee kyk! Haal my hoed af vir daai 4 vrouens hulle het die ‘guts’ gehad😉 en hy moet nog boet daarvoor!! Niemand weet wat dit is tot jy self dit deur gemaak het nie. Weet nie, miskien wil die vrou se ‘Zuma betaal al die pad vir sy dade in die vorm van die uitslae wat die verkiesing vir hulle gewys het.’ dat hy nie meer so veel stemme gekry het as GEVOLG van sy dade nie?
    Stem saam dat dit in die ope kom en se altyd n rapist moet sommer gekarstrate word, laat hy die simple ding nooit weer kan gebruik nie! Ek raak so onstoke as ek van die dinge hoor en se altyd hulle moet hulle in n kamer sit met n klomp vrouens en sien wat gebeur, en hoop ek is een van daai vrouens. En veral as dit dan nog met kinders gebeur!!
    Die wereld het siek geword jong! Jy dink nog die bure langs jou is sulke nice mense, en dan kan jy partykeer nie glo wat daar aangaan nie? Dis ons wereld vandag, en my mond hang soms oop as ek die dinge lees, so ons moet saam staan oor sulke dinge jy is reg Son. Daar moes MEER vrouens in die gehoor op gestaan het en voor daai verhoog gaan staan het om eenheid te wys!

  3. Uitstekend. Ons wil ‘n lewe hê waar ons, ons dogters, ons susters, ons vriendinne sonder vrees kan lewe. Soms vrees ons die mening van diegene wat sulke gesprekke “onbetaamlik” vind, nog erger as die liggaamlike skade wat ons ly. Ons moet hieroor praat, in die openbaar, op elke moontlike geleentheid.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s