Die Lewe

Imagine

Imagine die volgende:

Julle is drie neefs wat na werk gisteraand gou wil winkel toe gaan om ‘n paar goedjies te koop. Julle het uit die Karoo Kaap toe gekom om hier te kom werk, want daar by julle grootword huise is nie meer werksgeleenthede nie. Julle het geen keuse as om in een van die plakkerskampe te moet bly nie, want dis wat julle kan bekostig en julle bly by ‘n familielid wat reeds ‘n ruk terug Kaap toe getrek het.

Julle al drie het goeie werke gekry, by ‘n goeie werkgewer. Julle lewe ‘n ordentlike lewe, wil nie by bende dinge betrokke raak nie, gaan elke dag werk toe, na werk huis toe. Julle stuur geld huis toe, gaan kuier soms in die Karoo by julle huise, help julle mense daar, maak vriende hier, pas julle werk en julle goedjies op.

Dan word julle gemerk. Deur een van die bendes. Want julle hou vir julle “grênd”, volgens hulle. Julle begin bang word om sommer net op straat te loop, winkel toe of enige plek heen. Julle maak julle huis so veilig moontlik en glip agter oor die draad uit wanneer julle ‘n taxi werk toe moet kry.

Dan is dit Saterdag laatmiddag en julle neef kom kuier by julle en julle loop gou winkel toe. Oppad terug is die vier skielik daar, jong laaities. Met messe. Julle hardloop asof die duiwel self op julle is, want julle weet. Maar julle neef is nie vinnig genoeg nie. Hulle vang hom en julle sien in julle weghardloop hoe hulle hom doodsteek.

Teen die tyd wat julle die polisie gekry het om te kom, is dit lankal te laat en die vier het verdwyn. Net julle neef bly daar lê, sy lewe kortgeknip in ‘n oogwink, sonder dat hy enigiets gedoen het om dit te verdien.

Julle weet dat hulle nog nie klaar is met julle nie. Om geen ander rede as die feit dat julle ordentlik probeer lewe nie. Julle gaan die volgende oggend werk toe, want julle moet. Maar wat verder vorentoe? Waarheen? Hoe beskerm jy jouself elke liewe dag, hoe lewe jy in vrees elke liewe dag?

 

Hierdie hier bo is nie ‘n verbeeldingsvlug nie. Dit het werklik gebeur. Elkeen van ons wat elke dag nog in veiligheid kan rondbeweeg het nie werklik ‘n clue hoe dit daar buite is nie. Hoe kan mens iemand kwalik neem wat dan later sommer net opgee en ingee omdat alle ander weë toeklap, waar hy hom ook al draai. Ons land bloei. My hart bloei saam.

 

Bloot Mens – deur Vincent Oliphant

my woorde het nie die krag
om bose magte tot ‘n val te bring nie
my woorde kan bloot sing

my woorde is nie ‘n dak
om onder te skuil nie
my woorde is swak

my woorde kan nie keer
dat ons die kromme note haal nie
my woorde is kaal

glo tog
my woorde het nie die byt
van koeëls en grofgeskut nie
nee
my woorde kan bloot bid
en pleit
en wens
medeburgers van die lewe
dat ons van grense sal vergeet
en bloot mens sal wees
en medemens

16 thoughts on “Imagine

  1. Dis waar Son, en dis swaar. Hier by ons word die Polisie ondersoek omdat hulle dwelmhandelaars en eienaars van huise waar meisies gedwing word om sekswerk te doen, beskerm. Ek vermoed dit gebeur ook by julle. Hoe roei jy boosheid uit as die wat dit moet doen net so boos is as die skuim wat hulle moet beveg? Dis nag.

  2. Ek lees….en my hart is seer…my hart is seer omdat hier nie “justice” is nie….omdat ons kan moor en brand en allerhande lelike goed doen en niemand werklik ‘n vinger lig nie. Maar meer as dit is my hart seer oor goeie mense wat swaar kry en in vrees lewe…elke liewe dag. Dis nie reg nie. Ek wens ook ek kon help……ek wens ek kon ‘n towerstaf swaai en al die seerky en swaarkry en vrees wegvat. Baie drukkies vir hierdie 2 wat weggekom het. Ek hoop dat hulle alternatiewe, veilige blyplek sal kry.

  3. Wat dit nog meer hartseer maak is dat daar mense is wat vingers wys omdat “sulke mense nie hulleself kan ophef nie”, maar hoe baklei hulle teen so ‘n oormag van boosheid?

      1. Ek bedoel diegene wat nie weet waaraan hierdie mense blootgestel word of nie verstaan dat daar struikelblokke in sommige mense lewens is wat hulle nie kan oorkom nie, ten spyte van hulle pogings om hulself te probeer verbeter.

  4. Ons probeer hierdie werklikhede “weg” ignoreer en is dankbaar bly vir die genade wat ons het… weet nie vir hoe lank nie. Ek bid vir my kleinkinders daar in Johannesburg. Wat wag vir hulle? Jy het goed geskryf maar ongemaklik na aan die vel. Ons wil te graag in ons kokonne lewe en, soos Terry Pratchet se Nomes, glo daar is nie ‘n “outside” nie.

    1. Die hartseer is dat ons so maklik oordeel. Maar eintlik weet ons niks. Ons weet nie regtig hoe dit is om letterlik 24/7 in vrees te lewe nie. Ja, ons huise het ook in groot mate tronke geword. Maar dis selde dat ons in die kruisvuur van bendegevegte beland.

  5. Ja nee, Imagine? Dis rerig ‘bad’ en voel so jammer vir die jonges van vandag ;-( . Dis ook hoekom ek die Here die heel tyd dankie se vir my goeie man.
    Elke maand kom hier n ou man (65) en kom geld vra want hy is homeless, en bly in n shelter vir R30-00 n aand en soek net genoeg geld vir die slaap plekkie en iets on te eet, en vra of hy of hy karre kan was of werkie kan doen vir dit. Die lewe soos my man se kan jou n seer knyp gee, en wonder hoe hy daar beland het en so het my man toe nou met hom gestaan en gesels, want ons ‘run’ ook maar so klein besigheidtjie van die huis af. Die maatskappy wat hy voor gewerk het, het toe gemaak, en oor hy oud en well, wit is kan hy nie werk kry nie.
    So het my man toe, toe ons nou iemand ekstra nodig het, hom gaan soek by die shelter, hom nie gekry nie maar boodskap gelos om hom te kom sien. Was hier die volgende oggend, en hom n geleentheid gegee. Soos my man vir hom gese het, ek wil jou n been gooi, en dis ‘up to you’ wat jy met die been wil doen. Jy kon die verlig op die ou man se gesig sien, die stress sommer so in n oogwenk weg! Veligting! So sal die ou man ons vertel van die lewe op die straat, met alles wat saam gaan daarmee? So dit tref almal, jonk en oud.
    Ons ken hom van geen kant nie, maar ek weet om mense te lees, en my man het n goeie gevoel (EN GROOT HART, SIEL en alles! Partykeer tot sy eie nadeel, maar so leer jy die lewe ken), en kan maar ook net probeer help. Die laaste keer wat hy gedrink het se die ou man, was hy 18, gebruik geen drug of so iets nie, (by gese nou, ek sit met 2 seuns wat drug addict’s is, die een is ok, skoon vir 3 jaar, maar die jonger een….ai ;-(, en dink die ou man sal hom goed doen, want ek kyk hoe hy met hom praat, en die deernis in die stem is daar as hy met hom praat, nie soos as ander met hom praat nie, hy oordeel nie, en my seun is nou 2 weke SKOON… en so was die een hand die ander ne? My seun se hy praat baie met hom in die dag as hulle werk, en hy hou van hom, dalk het die Here hom hier heen gstuur vir daai doel? O die ou man se hy drink net 2 grandpa’s in die oggend vir die laaste 20 jaar lol, DAAR het ons iets in ‘common’😉 , ek en die ou man, want ek se altyd ……….Dit werk, want dis wit… hahaha, en NEEEEE ek is NIE rasisties nie, want ek glo aan LIVE AND LET LIVE, net incase iemand dalk iets wil se oor dit?
    Ek en my man het ook, soos ek voorheen in een van my comments gese het, baie swaar groot geword, so ons WEET van daai knyp!! Die ou man is nou 2 weke hier by ons, en jy kan die trots in die gesig sien, hoop net dit bly daar en ons nie n fout gemaak nie, maar dink nie so nie. HIERDIE keer is my man miskien reg😉 .
    Maar om jou lewe te verloor oor jy n beter mens wil wees, is veregaande !! My hart gaan uit na daai ouers toe ;-( .
    Ek het saam n baie nice swart vrou gewerk n ruk, nee n lang ruk terug, en sy het gese, sy kry goeie geld, maar hulle kan NIKS NUUT of NICE koop nie, want dan sien almal om hulle wat afgelewer word, en word daar ingebreek terwyl hulle by die werk is, want hulle is mos ryk en soos jy se grand. Dis snaaks HOE mense aanneem wat en wie jy is vandag net by wat jy het, maar dink nie dat jy, soos my man sal se, ‘fokken’ hard werk vir wat jy het nie.
    Mens kan maar net jou kop skud en bid. Maar as jy jonk is wil jy ook nie bid nie, hier in ons ou dag DAN vind jy uit wat dit is OM te bid?? Eintlik sad ne?
    Dankie Here, U is goed vir ons, en tel ons blessings elke dag. En ek GLO, en se altyd vir mense, as ons almal NET EEN goeie ding doen elke dag, dink net hoeveel beter die wereld sal wees?
    God Bless almal en dankie Son, jy maak altyd my dag as ek n pos van jou sien😉, maak maar weer so meisiekind, ek geniet jou geskryf, jy praat waar. Lekker dag en NOU soek hulle kos in die huis wyl ek nou NOG wil tik lol, maar nou ja ……….

    1. Blessings vir jou en jou man. En jou kinders en daardie ou oom. As ons almal maar net elke dag een goeie ding aan ‘n medemens sal doen.

      1. Dankie Son, God Bless, ek sit al nou die HELE dag en dink aan jou geskryf……ai man, wens ek het sommer BAIE geld gehad om daai mense daar uit te kry en in beter omstandighede te sit ;-( . Mag die Here hom oor hulle ontverm.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s