Die Lewe · Gedagtes

Ek loop nie met die Bybel onder my arm nie…

…maar God is vir my ‘n werklikheid. En verdraagsaamheid teenoor ander mense wat nie dieselfde as ek dink en glo nie, was nog altyd vir my iets baie belangriks. Maar soms moet mens ‘n streep trek. En nie weer daaroor stap nie. Daarom het ek vandag sekere vriende op my Facebook delete. En as sekeres my hierna delete, dan is dit reg en goed so.

Ek hou van debat voer. Van skooldae af al. En een van my sterk punte is dat ek altyd probeer om myself in die ander ou se skoene te plaas. Dalk so entjie daarmee te loop ook. Facebook en die internet gee mens toegang tot ongelooflik baie inligting en opinies en dies meer. Maar uiteindelik, maak nie saak hoe mens dit wil inkleur nie, word mens aan jou vriende geken en het jou interaksie met ander ‘n invloed op jou denke en jou gemoedstoestand.

Ek is moeg vir ateïste wat op alles braak wat na godsdiens lyk en ruik. Regtig vreeslik verskriklik moeg. Ek ken ateïste wat doodeenvoudig aangaan met hul lewe en nie heeltyd almal probeer onbekeer nie, en met hulle is ek fine. Ek los hulle in vrede, want meeste van hulle lewe meer volgens die Bybel as wat sommige gelowiges doen, al sal hulle dit nie graag wil hoor nie. Maar ek is regtig gatvol verby vir dié wat elke ou dingetjie wat hulle moontlik in die hande kan kry, gebruik om gelowiges te verkleineer en bespot.

Ek wil nie meer daardie tipe negatiwiteit in my daaglikse lewe hê nie. Ek sukkel ook soms om te verstaan hoekom God sekere dinge toelaat, ek dink nie mens moet die Bybel heeltemal letterlik lees nie. Ek raak soms opstandig as dinge nie uitwerk soos ek wil hê nie, ek was al kwaad vir God. Ek was al verskriklik kwaad vir die kerk, het al die dominee weggejaag by my huis en het vir 10 jaar nie my voete in die kerk gesit nie. Maar deur dit alles heen het ek nog nooit gedink daar is NIE ‘n Opperwese nie.

Want ek het te veel keer al Sy genade in my lewe ervaar. Ek het al te veel keer aan eie bas dinge ervaar wat nie wetenskaplik verduidelik kan word nie.

Ek gaan niemand probeer bekeer nie. Ek ken die storie van die een verlore skaap ensovoorts, maar ek dink ek het my deel al by ander krale gedoen. Ek gee regtig nie om wat mense glo nie, maar ek gaan nie meer godslastering aanhoor en maak asof dit okay is nie. Dus sal ek voortaan versigtig kies aan my vriende.

God is vir my ‘n werklikheid. Net dit. Punt.

28 thoughts on “Ek loop nie met die Bybel onder my arm nie…

  1. God is n werklikheid, en het ons breins gegee om nie als vir soetkoek op te eet. Hy waarsku ons teen wolwe. Ons mag vrae, vrae en redeneer.

  2. Baie geluk met jou pos, ek erken dat ek nog beseig is om ‘n goeie aantal van jou plasings te lees. Ek wil net vir jou sê hoe goed jy is op die beskrywing van die dinge jou op blog – ek moet ook erken ek vind dit insiggewend om jou blog te lees. Hou aan met die goeie werk.Hendrik Duvenhage http://www.hendrikduvenhageblog.wordpress.com/

    1. Dankie Hendrik! Ek sien nou eers jou kommentaar, want dit het in my spam boks vasgehaak. Vet weet hoekom. Gelukkig het ek dit betyds gered😀

  3. Ja inderdaad, ek voel nes jy Son. Het nogsteeds ‘n FB rekening (ja ek noem dit ook sommer ‘n rekening) maar kom nie meer daar nie. Om die waarheid te se as ek nou probeer ingaan vertel FB my dat my rekening tydelik gesluit is en dat ek eers een of ander proses moet deurgaan, waarvoor ek dan nooit lus is nie.
    Hou ook van stry, en ek wag vir die een wat my oor my geloof in God probeer aanvat. Destyds baie pret gehad met al die redenasies toe ek nog self gewoer het.

  4. Wat ‘n insiggewende stukkie leesstof! Ek dink jy oraat so uit my bek!
    Dankie vir dit!
    Hou aan skryf asb!
    Ek gaan kerk toe, dit is my anker in die onstuimige lewe van ons, maar ek het empatie met ander gelowe en ongelowe, dit ís hulle keuse, nie waar?
    Ek raak warm onder die kraag as mense onrespekvol en afkrakend is, dit wys net watter tipe gedagtes hulle lewe oorheers.

  5. Dankie vir die skrywe..loop daai paadjie al lank. Gaan al vir amper 15 jaar nie meer kerk toe nie,maar glo steeds in God en sien sy genade orals. Bid steeds stilletjies ,dankgebedjies sommer vir. Opinies is fine,moet net nie dit in ander se kele afdruk nie….Live and let live,so goeie werk.

  6. Ek stem saam; ‘n mens word so maklik meegesleur in die snert-riviere op sosiale media en vergeet van wat regtig saak maak.

  7. Yip ware woorde – ek voel net so! Ek bid vir my mense en vir die wat God nie ken nie, selfs my Muslim vriende vir wie ek baie lief is, dis nie my plek om hulle te bekeer of nie te bekeer nie, dit is hulle keuse – die Bybel se dit self so en ja net soos ek hulle nie aanvat nie, vat hulle my nie aan nie – ons het wedersydse respek en liefde – ons gaan ‘n lang pad stap sonder issues, wens die mense wil dit besef in die wereld! Amen op jou woorde Son!!

  8. YES!! YES!! (NBS hehe) Ek voel nes jy. Ek het my hele Facebook rekening (kan n mens dit n rekening noem?) afgesit en gaan nie meer op FB nie omdat ek ook nie meer tyd het vir die negatiwiteit en onnoselheid van diégene wat hulself my vriende noem nie. Well done met die staan wat jy vat. Mense moet weet waar jou grense lê.

  9. Ek stem heelhartig saam met jou…
    Ek moet erken dat ek nie sommer Christelike goed op FB plaas … maar dis nie omdat ek nie ‘n Christen is.. dis eerder ek hou dit privaat. Op FB word alles afgekraak. Ook nog ‘n rede hoekom ek nie my persoonlike lewe daar blootlê. Ek het ook vriende oor alle spekrums van die samelewing, maar solank daar wedersydse respek is, het ek ruimte om hulle in my lewe toetelaat. As my geduld egter te veel beproef word, en debat help nie, is dit beter om die delete knoppie te druk sodat die persoon dan sy/haar standpunte kan stel sonder om my te beproef.. My motto.. leef en laat leef (in vrede natuurlik) xx

  10. Self n dominee, verstaan ek jou goed genoeg om te weet waarvan jy praat. (Tog jammer dat jy die dominee die deur moes wys! Ons is mense, jong, vol van daai goed wat die Here sê nie goed is vir ons of vir ander nie. En ek sal bieg, siende dat ons nou hier lekker eerlik raak: die kerk het my ook al seergemaak. Baie.) Ons gelowiges het ook maar n houding aan ons. En ons het die arme ateiste ook al die hel in gehad, weet ek. Maar, nes jy, kom ek nogal goed met van hulle oor die weg.

    1. Lag ek nou lekker vir jou. Ek het darem ‘n hele paar dominees in my vriendekringe oor wie ek baie erg is. En daardie een het verdien om weggejaag te word, anderdag vertel ek jou dalk😉

  11. Man, ja, ek is totaal met jou! As iemand so sterk in iets glo (of NIE glo nie), het hy sekerlik sy kop gebruik daaroor en gaan dit my maar min help om hom te probeer “bekeer”. As daar bv. nie ‘n lewe na die dood is nie, verloor ek niks deur daarin te glo nie. As my dood eenvoudig oorgaan in niks, gaan ek dit nie eers weet nie. Ditto met die ou wat NIE glo nie. So waaroor die lawaai? Vir my troos dit om te glo dat ek my geliefdes weer gaan sien, dat ek Iemand het wat vir my omgee ver bo wat mense kan. Gun my dit. Ek sal toegee dat daar soms ‘n klomp twak opgedis word in die naam van Christenskap en baie haat en nyd verkondig word met ‘n suikerlagie om. En dis waar dat ons as Christene bietjie moet dink voor ons sommer geykthede verkondig wat seermaak in plaas van troos. Ek verwag dieselfde respek van mense wat nie soos ek glo nie. Wat ek nie kan insien nie is hoekom ek apologeties oor my geloof moet wees…

    1. Jy voeg by wat ek ook nog moes sê. Respek vir mekaar en as jy jouself uitgee as Christen, wees dan lief vir jou naaste. Want die Bybel sê ook nie wees net lief vir jou goeie naaste nie🙂 Lief vir jou naaste soos jy vir jouself is, maar nie ten koste van jouself nie.

  12. Ek kon dit nie self beter gesê het nie. As mense mekaar maar net wil aanvaar en nie veroordeel nie sal daar soveel meer verdraagsaamheid en minder haat in die wêreld wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s