Sommer net

Ons is NIE almal só nie

Ek is kwaad, ek is nou al vir amper twee ure kwaad. Kwaad genoeg om enige slang te wen met doodspoeg. Ek moet dit uit my uit skryf, anders gaan die kwaad aanhou by my oë uitloop.

Ek moes vanoggend iets by my seun in Vishoek gaan haal. Dit was net ‘n vinnige heen en weer en toe ons by sy huis se hek uitstap, weer oppad huis toe, hoor ons die “commotion” in die straat voor ons behoorlik kan inneem wat ons sien. En ongelukkig gaan ek moet ras bysleep, om duidelikheid aan my storie te gee.

In die middel van die straat staan ‘n swart man al koestend. Toe ek later naby hom kom, sien ek hy is skaars ouer as 17/18, ‘n mooi oop gesig, helder oë. Langs hom lê ‘n ou geroeste, omgegooide draad winkeltrollie. Halfpad uitgeval uit die trollie ‘n regtige flenters ou yskas, in die straat ‘n paar stukkies staal, lyk soos afgesnyde vensterrame, en ‘n papierglasie, dalk waarin iemand vir hom water gegee het. Ook in die straat, al skellend, staan twee volwasse kleurlingmans, een met ‘n krieketkolf swaaiend en mikkend in die hand. Welgeklede mans, duidelik inwoners van die buurt. Dis duidelik dat hulle die swart seun se trollie omgestamp het en hom wil aanrand. Skuins oorkant staan ‘n wit vrou by haar motor, starend na die petalje. Reg oorkant my ‘n wit man en sy seun, hande in die sye, ook besig om net te kyk.

Die een met die krieketkolf skel op die swart seun; “Stay out of our street, don’t come near my yard. You people break in and steal our stuff! I will fuckin beat you up!” Elke keer mik hy die krieketkolf na die seun, storm ‘n ent op hom af soos ‘n hond wat ‘n oortreder wil skrikmaak. Die seun probeer sy trollie red, dan storm die man weer verwoed op hom af. En almal staan en kyk net. Dis toe dat iets in my skietgee.

“Los hom!”, skree ek en loop in die rigting van die kolfswaaier. Ek hoor nog hoe my seun probeer keer met “Maaaaa….” hier agter my, maar ek is klaar doof en blind. “Los hom.” Die kolfswaaier is nie links nie. “Ja, tot hy jou goed kom steel!”

Ek: “Wat het hy van jou gesteel? Julle is twee, hoekom het julle hom dan nie aangehou en die polisie gebel nie?”
Kolfman: “Hy kom in my jaart in en steel iets daar. Hulle breek elke week hier in die straat in.”
Ek: “Wat se iets? As jy hom in jou jaart gekry het, hoekom het jy hom nie gevang en vir die polisie gegee nie. Nou rand jy hom aan in die middel van die straat. Jy reken jy is reg? Omdat “hulle” in die straat inbreek, reken jy sommer jy haal dit op hom uit? I don’t think so.”

Kolfman se makker het retireer en nou gee hy ook stadig al mompelend pad, brom kort-kort iets oor sy skouer vir my. Die swart seun probeer sy trollie regop sit, maar dis te swaar. Steeds staar al die ander net. Ek loop nader en help hom sy trollie regop sit. Dis toe dat ek eers mooi sien hy is nog jonk. Hy sê saggies dankie. Ek tel die 5 stukkies staal op en sit dit ook in sy trollie en hy tel die papierglasie op. Ek sê “Go home”. Sy oë sak en hy sê weer dankie. My hart wil breek. Vir hom, vir die paar stukkies afval staal en stukkende yskas wat dalk vanaand vir sy familie kos moet koop, vir die haat in hierdie land, vir mense wat nie verby kleur kan kyk nie, vir mense wat staan en kyk hoe ‘n onreg reg voor hul oë afspeel en ‘nie betrokke wil raak nie’.

Die wit man oorkant die straat kom aangestap na my en wil verduidelik van die inbrake in die straat. Ek kyk nie vir hom nie, ek groet my seun en ry. Plek plek moet ek die trane uit my oë vee. Trane van bedonnerdgeit, maar ook van hartseer. Ek kan maar net hoop daardie swart seun kom veilig by sy huis en weet vandag ons is nie almal so nie.

25 thoughts on “Ons is NIE almal só nie

  1. Forgive the English gf. You know mos.

    I have a deep and abiding love for my country. I will not leave it, I will not abandon it. It belongs to me and I to it. But the majority of the people here? The judgement, the cold abandonment, the intolerance, the hate? The all consuming belief that I am owed something? No matter the race. We live in a generation where our belief that we are better than is all consuming.

    I look at the kids on the train, the people that trudge to work every day by foot, the gardener and cleaning lady. The garbage collector and the street cleaner. Those that do the most demeaning jobs, usually with a resigned smile. The lost and the hopeless and the destitute.

    I have a deep and abiding love for my country and the people that suffer for it. People like you People like me. We are too few. But what we do, in our small way, matters. Of coarse it matters. That young boy went home whole, and with a little bit of peace. And he told everyone the story of the kswaai wit tannie met die woes hare – and they all walked away knowing that some of us still care.

    Some of us still hope.

  2. Hier by ons was ook nou eendag so `n rumoer in die straat. `n Baie jong swart seun het `n selfoon by `n ander swart meisiekind gesteel en weggehardloop. Buurtwag het hom gevang. toe ek daar kom het hy op die grond gelê met `n groot vet witman wat hom skop en op hom trap. Ek het die vetteman weggestoot en gevra wat dink hy doen hy, dis `n kind wat hy aanrand.
    Ons haat mekaar met `n wrewel Son. Dis erg. Miskien was jou swart seun ook skuldig. Net hy sal weet. Maar dis goed dat jy menslikheid betoon. Dalk help dit hom meer as sy aanvallers.

  3. Ai dis hartseer, maar jy het opgestaan vir wat reg is en hopelik die jong man se vertroue in sy landsgenote bietjie herstel en die ander gewys hulle kan nie net wegkom met blatante boelietaktiek nie.

  4. Fantasties!Ek klap ook hande vir jou…as almal net wil inspring wanneer onreg voor hul oë gepleeg word,sal SA ‘n baie beter plek wees.Ek is bevrees ons sit met ‘n drukkoker wat nog gaan ontplof.

  5. Welgedaan, welgedaan, jy het vir die sogenaamde sondes van witman gewys ons het menslikheid in ons. Ja, ons is nie almal so nie. Diefstal in die straat deur swartes? Hier by ons is dit die kleurlinge, snaaks nê.

  6. Ek het baie woorde om hier te skryf as kommentaar, maar nou stroom my trane: hartseer-kwaad.

    Ek lees gister:
    “‘n Woud begin met een boom.”

    Dankie dat jy vandag soos ‘n boom in die wind en teen die wind gestaan het.

  7. Bravo! Ek wens jy kon hoor dat ek vir jou hande klap. Ek bemoei my ook nie graag met politiek en ras nie, maar waar dit by blote menslikheid kom, soos in jou storie hierbo, sal ek saam slangspoeg.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s