Die Lewe

Mymeringe

Ek het toe uiteindelik my moed bymekaargeskraap en Still Alice gekyk. Plek-plek het dit my hart gebreek.

Woorde wat in my geheue ingebrand is: “All my life I’ve accumulated memories – they’ve become, in a way, my most precious possessions. Having children, making friends, traveling the world. Everything I accumulated in life, everything I’ve worked so hard for – now all that is being ripped away. As you can imagine, or as you know, this is hell. But it gets worse. Who can take us seriously when we are so far from who we once were? Our strange behavior and fumbled sentences change other’s perception of us and our perception of ourselves. We become ridiculous, incapable, comic. But this is not who we are, this is our disease. And like any disease it has a cause, it has a progression, and it could have a cure. My greatest wish is that my children, our children – the next generation – do not have to face what I am facing. But for the time being, I’m still alive. I know I’m alive. I have people I love dearly. I rail against myself for not being able to remember things – but I still have moments in the day of pure happiness and joy. And please do not think that I am suffering. I am not suffering. I am struggling. Struggling to be part of things, to stay connected to whom I was once. My yesterdays are disappearing, and my tomorrows are uncertain, so what do I live for? I live for each day. I live in the moment. It’s really all I can do, live in the moment. And not beat myself up too much for mastering the art of losing. One thing I will try to hold onto though is the memory of speaking here today. Some tomorrow soon, I’ll forget that I stood before you and gave this speech. But just because I’ll forget it some tomorrow doesn’t mean that I didn’t live every second of it today. I will forget today, but that doesn’t mean that today doesn’t matter. It will go, I know it will. It may be gone by tomorrow. But it means so much to be talking here, today, like my old ambitious self who was so fascinated by communication. Thank you for this opportunity. It means the world to me. Thank you.”

Wat bly oor van ‘n mens as jy jou herinneringe verloor? As jy elke dag ‘n stukkie van jouself verloor, want dit wat jy deur jou lewe ervaar het, is wat jou gemaak het wie jy is. Is dit moeilik? Weet jy uiteindelik aan die einde dat jy nie weet nie?

Na die fliek het ek sommer net gesit en mymer. En gewonder of mense regtig besef dat hul onthou eintlik hul kosbaarste besitting is.

Ek onthou soms die kleinste dingetjies op die mees onverwagte tye. Soms onthou mens dinge wat beter vergete sou gewees het, maar terugskouend besef jy ook dit het gehelp om jou te vorm. Van kleintyd tot nou, loop daar een goue draad deur my onthou. Lag. Lag tot ek nie meer kan nie, lag tot ek moet knyp en hardloop. Lag soms vir die simpelste dinge, lag soms eerder as huil, lag met ‘n traan daarby. Lag, omdat die lewe lekker is, met al sy swaarkry, met al sy seerkry.

Ek onthou dat my ma die heel laaste keer toe ek haar gesien het, toe sy amper nie meer kon praat nie, toe ek by haar bed gesit het en sommer net gepraat het en haar iets snaaks van haar kleinseun vertel het… ek onthou dat sy toe geglimlag het.

Amper op die einde glimlag Alice ook vir haar dogter, terwyl sy sukkel om te praat. Mag ek altyd onthou om te lag, al vergeet ek dalk alles anders. Want ek glo dit bly salf vir die siel.

Jongmens het sy gekrap aan dinge

Tot sy weet

Om soms daarna te wens

Sy kon net liewer weer vergeet

Grootmens het sy geweet

Dis soms beter om nie te weet

As om te weet

En dan te probeer vergeet

Oumens het sy probeer onthou

Wat sy elke dag al meer vergeet

Het sy in helder oomblikke gewens

Sy kon maar liewer net weer weet

 

 

30 thoughts on “Mymeringe

  1. Ai jy het nou so aan my hart gepluk. Dankie vir hierdie mooi skrywe. Ons moet net elke liewe dag ons seëninge tel.

  2. Dis wonderlik mooi – soos my vriendin Madelet immer seg – verruklik. Jou skrywe is eintlik ‘n hartverskeurende refleksie op wat dalk op veel van ons wag .. en wat ek reeds sien met sommige van my oorlede ma se tydgenote van 80plus.

    1. Ek het die gedig destyds geskryf kort na my ma met Alzheimers gediagnoseer is. Toe het ek nog nie besef hoe erg die pad is wat ons sal moet stap nie.

  3. Met tyd vergeet ons maar, maar Altzheimers is só ‘n vreeslike siekte. Ek weet nie of hierdie fliek daaroor gaan nie? Dit stroop die persoon só van alle menswaardigheid.

    1. Toorts – in hierdie fliek word die hele agteruitgang en hoe dit jou naaste affekteer met soveel deernis en begrip uitgebeeld – dis eintlik ‘n MOET sien vir almal

  4. Uit ‘n jonger perspektief, dink ek, lyk ouderdom en al die ander brooshede wat daarmee saamgaan, erger as wat dit in werklikheid is. ‘n Mens se visie verskuif, jy is nie meer so verknog aan die aardse nie…

    1. Tannie Frannie, ek is darem nou self ook nie meer vandag se kind nie, hoor, ek trek al verby die halfeeu merk. Eintlik het ek al vroeg in my lewe geleer om lig te reis, wat onnodige aardse dinge betref. En ouderdom skrik my glad nie af nie – my pa word hierdie maand 80 en hy is so skerp (en soms onmoontlik) soos altyd. Mag ek dan maar sy gene geërf het.

      1. Noem my ‘n bangbroek maar ek het nou afgetree en wil my omring met postiewe mooi dinge. Ek kan baie min verander aan hartseer goed en voel dis nou my beurt om nie meer wakker te lê nie.

    1. Vir my ook. Dit het my veral geraak dat die rebelse dogter op die ou end dié een was wat regtig DAAR was vir haar ma. Die lewe se draaie is soms baie vreemd.

    1. Ek weet presies wat jy bedoel. Dis wat deur my het tydens my moeder se 96ste lewensjaar. Op die einde het ons besef dat sy nie eens haar kinders kon onthou nie. Dit maak die hartseer van die rouproses vir my soveel erger – sy is twee maande gelede oorlede.

      1. Dis waar wat jy sê. Dis erger vir die ander mense naby aan jou. Wat dit nog erger maak, is dat daar geen hoop op genesing is nie. Ek verstaan hoe Alice kon sê sy wens sy het eerder kanker gehad. Want selfs met kanker is daar hoop. Alzheimers is ‘n finale vonnis.

  5. WOW!
    Memories maak is een van my lekkerste dinge – hoe kan ek “more” nostalgies wees as ek nie vandag memories maak nie? Ooh en ek kan nostalgies wees.
    Elke stukkie, mooi en lelik, bitter en soet het my dan gemaak wat ek is – hoe sal dit voel as ek nie kan onthou wat my gemaak het wat ek is nie…. nogal iets om oor te dink.
    Dit verstom my, maak saak hoe seer hoe lelik, op die ou einde onthou mens (altans ek) die lelik en die seer en dink net aan die mooi en goed.
    Ook snaaks ‘n reuk of ‘n liedjie kan my VER terugvat en na mense en tye laat verlang – al verander mense, die memories verander nooit.
    Ai daar gaan ek alweer, dink ek wil ook kyk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s