Dis so lanklaas wat ek iets hier geskryf het. “Life is what happens while we’re busy making plans.”
As mens vir alle praktiese doeleindes besef jy is verby die halfpad merk in jou lewe, dan raak tyd kosbaar. Dan probeer jy alles lees wat jy nog wil lees, alles sien wat jy nog wil sien, alles ervaar wat jy nog wil ervaar. Dan vergeet jy soms om te “touch base”.
Ek het al so vir hierdie blog gesit en kyk en gedink dalk moet ek dit net delete, maar ek is ‘n sissie as dit by sentimentele goed kom. En die blog kan maar net hier lê, dit vat nie spasie op nie.
Deur die jare het ek geleer om lig aan materiële goed deur die lewe te reis. Dis hoekom ek so bitter dankbaar is vir tegnologie, vir e-boeke, die internet, dat ek die wêreld met my kan saamdra in een sak. Soos een van my jonger kollegas nou een dag opgemerk het; “maak nie saak waar julle my los nie, solank daar net wi-fi is.”
Nou ja, eintlik dwaal ek af. So nou en dan kom sleep ‘n wolf (of twee) my uit my grot, sleep my terug hier na my blog toe.
Dankie Wolfman, vir my nominasie. En jammer ek het so lank gevat. Dis ‘n groot eer dat jy aan my gedink het 🙂
Soos alles, is daar natuurlik reëls verbonde aan hierdie toekenning
Ek moet dankie sê vir die person wat my genomineer het… Dankie weer Wolfie!
Ek moet hierdie mooi logo hier opsit:
Ek moet 7 feite / geite oor myself deel
En ek moet 15 ander bloggers nomineer wat ek bewonder, en hulle moet dan weer dieselfde as hierdie op hul eie blogs doen.
Nou ja – 7 feite / geite oor my:
- Ek hou nie van die winter nie en ek hou ook nie van baie sterk wind nie – dit maak my bang en ek kan nie slaap as die wind baie sterk waai nie.
- Ek het OCD – ek tel trappe, ek verdeel my lekkers eers in kleure voor ek dit eet.
- Ek dra ‘n “stud” in my linkerwenkbrou (wanneer ek nie werk nie) – al vanaf 19 Oktober 2001 – toe Big Brother 1 uitgesaai is. Go figure 😉
- Ek kan nie stryk nie, wil nie stryk nie, sal nie stryk nie. En koop verkieslik klere wat ek nie hoef te stryk nie
- Ek hou nie van roomys nie en ook nie van pasteie nie.
- Ek kan nie sink (in water) nie.
- Ek sal elke dag van my lewe waatlemoen eet as ek kon.
15 Blogmense wat ek altyd lees (en om net 15 uit te sonder is soos om tussen jou kinders te moet kies). Daar is ook party van julle wat te lanklaas geskryf het (sê die pot vir die ketel)
Maankind – my teenpool 😀
Elfie – my ander berg se suster – jy moet meer skryf Elfie, BAIE meer
My favourite dominee / ruiter / donkie
Vlooi – waar is jy?!
Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie
En daar is nog wat ek nie kan help om te noem nie – ja ja ek weet – 15, maar vandag kan ek bietjie nie tel nie 😉
Dankie vir almal hierbo genoem – julle verryk my lewe met julle skrywes. Party vanjulle ook in die regte lewe 🙂 En ook die wat nie genoem is nie, daar is nog BAIE ander waar ek gereeld lees. Moenie ophou skryf nie – en ja, ek sal probeer ook meer gereeld skryf.
“Baie geluk “is seker in orde, alhoewel “baie dankie” myns insiens meer gepas is. Ek geniet jou sêgoed en steel gereeld van jou wysheid om my verantwoordelikhede te voed, my siel tot aanvaarbare vlakke bedaard te hou.
moet nooit die blog stop nie !! 😉
Tonne dankie! Dit was nou ‘n heel aangename verrassing. Ek is bly jy geniet my blog. En ek haat ook stryk!!
Plesier Vuurtjie, jy verdien dit 🙂
Jy verdien dit, Life is…… is natuurlik een van my meesgebruikte sê-goed 😉
Baie dankie. Ek lees nog nie lank by jou nie, maar ek lees gereeld daar. Jy skryf heerlik 😀
Ag baie dankie! En jy inspireer my ook wanneer jy nie so lui is om te skryf nie… 🙂
Ag baie dankie ..dierbaar van jou.
Wat ‘n pragtige aanhaling, ek moes eers weer kom lees (Victor Hugo)
Dis een van daai wat net vassteek in mens se kop.
Dankie 🙂
Geluk Son!
*fluister* ek is bly die Wolfman het jou uit jou grot gaan sleep, dis lekker om jou hier te sien weer!
Thank you for thinking of me for this, I appreciate it ❤
Dankie vir die nominasies! Dit gee my sommer ‘n idee watter ek kan lees! Ja ek weet, jy SOU my nomineer as ek eers rerig begin skryf het, ek is nog ‘n nuutjie! Dankie, hou asb aan skryf, ek geniet jou blogs! x
Ek wou jou nomineer, maar was nie seker hoe jy sou voel daaroor nie. Nie almal wil altyd saamspeel nie, maar nou weet ek beslis vir volgende keer 😀
Baie dankie vir toekenning. Ek dink die ouens wat nie so baie het om dit aan uit te deel nie kan net darem in n pos die 7 ekstra feite/geite gee net vir ouens wat nie daarvan weet en belangstel om te mag weet!
Dankie, maar ek kan nie saamspeel nie. Suiwer omdat die paar bloggers wat ek ken, reeds hier genoem is. Behalwe Slakkelak dalk, en sy hou skool en het ‘n nuwe kleinkind, en en en.
Vlooi moes stil word sodat sy weer kon wees Son
Baie dankie! Eish nou moet ek 15 kies…en ek kan ook nie tel nie
Dankie dat ONS deel van jou 15 mag wees. 🙂
Dankie!