Sommer net

Rekenaar vreugde

Kan mens so in vervoering raak oor ‘n nuwe rekenaar? Al het jy dit nog nie eers gekry nie. Al is dit nie eers jou eie persoonlike een nie, maar jou werk se een.

Die rekenaar waarop ek tans werk, het ek hier kom kry. By nadere ondersoek is gevind dat hy hier aangekom het in 2008 en dat sy “warranty” al in 2011 verval het. Ek het maar so aangekap met die ding totdat die baas ‘n week gelede vir my gevra het om ‘n lysie te maak van al die laptops wat vervang moet word (normaalweg hou ons hulle net 3 jaar) en ek die brainwave kry om ‘n slag uit te vind hoe oud is my desktop. Val ek amper flou.

Nou moet ek darem sê dat daar nie juis fout is met die huidige een nie – werk nogal heel vinnig en het my nog nie een dag se probleme gegee nie. Het ‘n redelik RAM en meer as genoeg hardeskyf plek ook. Maar die nuwe een, die ene wat ek nou SELF kon uitkies, wat eers oor twee weke kom, is so ‘n slimline ene. En ek dink dit gaan ‘n ‘sy’ wees. ‘n Slanke dame. Vaartbelyn en blitsvinnig. Amper soos ‘n sportmotor.

Met ‘n ekstra groot skerm. En ‘n powersound booster iets. My tone krul al klaar om by die gedagte daaraan. Dit gaan saans moeilik wees om huis toe te gaan en my nuwe rekenaar by die werk te los. En naweke…ai!

Mmm – ja, ek weet ek is bietjie weird – gadget weird. Ek kan nie meer wag nie. Dis beter as krismis.

 

20 thoughts on “Rekenaar vreugde

  1. Ek is mos kluit se kind met tegnologie. Nie dat ek phobies of iets is nie, die goed breek net in my omtrek. Die natuurlike aanleg ontbreek by my ( :

    Geniet jou vaartbelynde nuwe masjien. Ek vermoed ek moenie hardop erken dat ek op masjien drie is sedert ek by my werk is nie.

    Darem net een het ek dood gewerk. Die ander het natuurlike oorsake gehad!

  2. Om ‘n nuwe rekenaar te kry is soos om ‘n nuwe stoof te kry. Jy wéét net dit gaan ‘n positiewe verskil in jou lewe maak, al voel mens ‘n klein bietjie verspot om só opgewonde daaroor te raak.

  3. MaanKind het my voorgespring. Ek wou maar net weet, uit pure nuuskierigheid.

    Ek hoop die nuwe slanke dame is net so goed vir jou soos die grysaard. Jy weet, vrouens kan maar baie temperamenteel wees.

  4. Ai, hoe beny ek jou…Ek wil ook so graag ‘n nuwe rekenaar hê, maar die geld ontbreek. Die lewe is mos maar stief met ons mense wat vryskut werk. Ek sit nog met Windows 7 en Office 2007. As ek die winkels binnestap en ek sien die mooiste Windows 8 en Office 2013, dan sug ek maar net. En die groot joppie wat my genoeg geld sal gee om my “vuurwa” te koop, kom ook net nie in nie. Iewers het my skip gesink.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s