Gedagtes

Introspeksie

Somtyds kyk ek na die wye wêreld om my en ek wonder of ons enige idee het wat ons doen. Ek sien myself elke dag inval by die norm en ek dink: sou ons nie beter af gewees het sonder die Facebook “hitches” en die sosiale media “glitches” en die alsiende oog van die media nie?

Is daar nie ‘n makliker manier om te hou wat ons het nie? Daar is soveel maniere waarop ons hierdie ongelooflik brose kontak en verhoudings kan opneuk, mens sou dink ons behoort meer aandag aan ons dade, ons woorde, ons “tone of voice”, ons bedoelings, te gee.

Mens sou dink, né. Sou mens nie?

9 thoughts on “Introspeksie

  1. Faceboek en blogging is vir my heerlik omdat dit my in aanraking bring met ander volwassenes, mense met wie ek kan praat en wie terugpraat. Dit het my van totale vereensaming gered.
    Maar aan die ander kant, nou kom ek glad nie meer by ander mense nie, so dalk het dit dit vererger? Wie sal weet?
    Dis maar net soos enige ander gemeenskap. Dit wat jy op fb sal uitblaker, is dit wat jy maar in ‘n geselskap ook sal uitblaker.

  2. ‘n Wag voor jou mond, dis ‘n spreekwoord wat ons gerus aan herinner kan word, dink ek. Ek hou van fb, want ons bly ver en so kan ek op ‘n gemaklike manier tred hou met van my vriende by die huis. Maar die media oor die algemeen moet liefs net met ‘n knippie sout ingeneem word. As mens minder koerant lees of watookal, is daar heel waarskynlik meer tyd vir introspeksie!

  3. Mens sou dink. Maar so sou mens baie mense mis wat jy sielsbande mee het. En honderde jare mee saamkom. Ons moet eerder ons prioriteite regkry en dit beter bestuur.

  4. Son, ek wonder daardie ding. Het ons enige idee wat ons doen?

    Woorde sny, maar dade breek. Woorde draal in jou kop, maar dade weerspreek dit so maklik.

    .. en nee – nie eens ander woorde kan hulle laat eindig nie ..

  5. Jip. Iemand het eenkeer vir my gesê “Houe wat geslaan word, eindig waar dit tref, terwyl woorde wat geuiter word, begin waar hulle land en nie eers ander woorde kan hulle laat eindig nie.” Ek het dit nog nooit vergeet nie.

  6. Konsentreet op die woorde. ‘n Woord gespreek of geskryf is soos ‘n klippie wat jy in ‘n dam gooi – ‘n verkeerde woord maak negatiewe rippels of positiewe rippels wat wyd uitkring .

  7. Baie goeie punt, Vuurtjie. Ek wonder ook soms hoe kry mense reg om sommer so oor Facebook hulle name toffie te maak en ook hoe hulle ander mense so kan verneder in die publiek… ook kwessies wat ek dikwels oor dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s