Die Lewe

Ek IS nog

 

In Mei 2007 begin ek die eerste keer blog. Die bittereinders wat nog hier saam met my is, sal onthou hoe ons almal eers op SSSB (ek dink daar was so baie S’e) gepraat , gelag, geredeneer en aan Steve se lippe gehang het.

Een vir een het ons elkeen ons eie blog begin. Party het net ‘n rukkie geskryf en toe belangstelling verloor. Ander het aanhou skryf, soms kwaad geraak en hul blog uitgevee, soms moeg geraak en hul blog uitgevee. Maar dan weer later teruggekom en weer begin, baie keer met ‘n nuwe blog. Elke keer het die bekendes mekaar weer gevind, weer gelees. Want vir sommige van ons is en bly blogpleeg ‘n verslawing.

Toe kom Facebook en baie van ons vind mekaar ook daar. Ons begin gesigte by die skrywes sit, ons ontmoet in koffiewinkels regoor die land. Ons word kennisse / vriende in die ‘regte’ lewe. Facebook maak dat baie oud-bloggers ophou blog. Die interaksie met mense op Facebook en die elke dag se skryf, skerts, kla en filosofeer daar raak genoeg vir party.

Dis jammer, want so gaan baie skryftalent eintlik verlore.

Ek kyk vandag deur my ou blogs en ek is sommer bietjie nostalgies as ek na kommentare van mense kyk wat iewers langs die pad net weggeraak het. Ek tel die jare en besef dis amper SEWE jaar wat ek deel van hierdie bloggemeenskap is. Die sakke sout is opgeëet.

Dis al die helfte van die eerste maand van hierdie nuwe jaar. Ek het nog oor niks ernstig genoeg gevoel om my gedagtes hier te kom neerskryf nie. Ek IS nog net. Ek maak nie voornemens nie, 2012 en 2013 het my bloedneus gelaat. 2014 is nog net ‘n sagte salfie.

Vir nou het ek nog nie veel woorde nie. Ek kom sê net ek IS nog en ek lees julle nog. Mag 2014 ons genadig wees🙂

28 thoughts on “Ek IS nog

  1. Ja, Sonnetjie, ja….
    Ek wens ek kon sê : Ek het my blog uitgevee…. Maar dit was toe nie. Nie ek nie.

    Dis sommer vir my gedoen! Namens ons so gebesluit.
    Want die mnr “whoever” ookal wat blat.co.za bestuur het, het net moeg geword vir blogs…en toe druk hy die “delete”-knoppetjie.

    wha-la… weg is ek (en hoevele ander wat ook ge-blat het).

    Wee’ jy hoe dit mens se moed en spoed breek! Ek wou net nie weer begin nie. Kon nie.

    Ek het gehuil soos oor ‘n kind…
    ék, wat soveel jare na julle “ou hande” eers begin blog het… het getjank.

    Maar oplaas het ek weer begin, weer probeer, maar dis soos jy sê – Vuisboek het ons in ‘n ystervuis-greep. Een van min skryf, min lees. Niemand wil meer artikels lees as ‘n kort info-stuk die ding doen nie.

    Oh, well, so is dit…. selfs in die tydskrifte is dit deesdae net sulke blokkies met brokkies inligting…

    Het ons lui geword? Vir skryf en vir lees?

  2. 2013 het met ‘n “big bang,” geeindig…. dit is toe my lewe soos ek hom geken het in skerwe spat. Ek vat, vat so aan die jaar…. of ek weer die moed gaan hê om te blog sal net die tyd leer. Intussen loer ek hier en daar by julle in…. en is bly jy IS nog🙂

  3. Ek is ook nog – dwalend, half verward, waarskynlik nog soekend, gelukkig, ‘n sluiper en ‘n verlore blogger wat weer moet terugkom kraal toe. So stap die tyd met ons aan. Beste wense vir 2014. En wragtag, ons kan nie hierdie jaar (weer) so sleg wees met die ontmoetings nie!

    1. Nee wragtig – ons kan nie😆 Ons sal plan maak – die jaar is nog ‘n embrio. Maar binnekort het jy weer jou hande vol met die nuwe baba!😀

  4. Sit ek en kontempleer vandag, of dalk was dit gister, dieselfde gedagtes jeens die mense en die skrywes en die fights en die vloeke.

    Nous als bbm, whatsapp, viber, you name it ek jol op twitter en doen podcasts van die toilet af. Wel nou nie regtig EK doen daai van die troon nie, maar ek meen maar🙂

    Anyway, toe was dit vanoggend vir my ook vreemd om amper my password te moet gaan uitwonder. En dit lyk snaaks om verstaanbare sinne in volle woorde te moet neersit.

    Wow, ons raak gou sleg. wt ht gewrd vn ons abilities om verdomp met mekaar te kommunikeer of lank te sit en flirt met gedagtes wat op skrif moet kom in verstaanbare sinne en mooi gerangskikte paragrawe!

    Eks ook nog hier Son. Ons moet biki meet, en snap speel met ons kak 2013. I was stalked, my accounts hacked, falsely accused, left to die, maar hey, ek sal staan en ek sal blog sodra ek weer iets het om te se. Vir nou se ek baie gou, in die woorde van ons ou geliefde vriend wat ons almal se lewens so beduiwel het van ‘n mutual komper: aag vokof tog net, 2013 en mag 14 beide my en jou se seer harte koester dat ons weer kan liefde maak met die lewe!

    1. Hoe sê “hulle” nou weer – “you can’t get a good man down” Wel, vir fokkin-seker ook nie “a good woman” nie😆 “If you throw me to the wolves, I will come back and lead the pack!” Ha ha ha! Ons moet kuier, ja. En in vol sinne praat. Moenie daai sms-kak-taal hier met my kom besig nie😉

  5. Vir my interessant hoe baie mense wat ek ken (en myself ook ingesluit) voel asof 2013 ‘n jaar was waarin die mat heeltemal maar totaal en geheel en al onder hulle voete uitgeruk is. Geloof, hoop en liefde – die grootste hiervan is vir my – na verlede jaar – hoop. Moet maar net wees. Mag 2014 ‘n beter jaar wees as 2013……

  6. Dear Anne-Marie:

    I have been following your blog about one year now and I have enjoyed it very much.
    Do not worry if people drift in and out of your blog , I’m sure that others (like me) read it but do not always leave a comment.
    Look at it as people are like stars in the night sky , sometimes the sky is clear and you can see the stars shining bright other times there are clouds and the stars are hidden from view ,,,, but you know they are still there and they will return.
    I hope 2014 is a wonderful year for you.

    Take Care

    Sam

    1. Dear Sam

      Thanks SO much for your friendship and your letters in 2013. And all the music you shared with me. The world has become so much smaller because of the internet, but what I would have liked the most, is to one day sit opposite you, enjoying a cup of coffee and maybe some of your homemade wildhog biltong

      Take care. As Always

      A-M

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s