Gedagtes

Sal ons ou kennisse ooit vergeet

2012 het my Ma gevat en ek het geglo 2013 kan nie erger wees nie. 2013 het gemaai onder my familie en vriende. En as ons die laaste inskrywing in ons dagboeke maak op 31 Desember 2013, sal ek ‘n sug van verligting gee en hoop 2014 gee nuwe lewe, nuwe horisonne, nuwe geleenthede, nuwe vreugdes. Dat daar vrede en berusting sal kom in soveel hartseer harte. Dat elkeen wat iemand verloor het, iewers krag en genade sal kry om die verlies te dra en weer op ‘n dag vreugde te vind in die klein genades van die lewe.

2013 het my een ding baie duidelik geleer. Die lewe is te kort om mee te mors, te kort om stupid vetes vol te hou. En ek sal altyd onthou… Kersdag 2013 was die eerste keer in 20 jaar wat ek weer Kersdag saam met my pa deurgebring het. Ek is dankbaar ek het daardie kans gekry, want  2013 het my ook geleer mens kan nooit seker wees oor more nie. More is nie ‘n “given” nie, dis slegs ‘n moontlikheid. Vandag is al waarvan mens seker kan wees.

Ek gaan 2013 nie mis nie. Laat ons 2014 “embrace”!

8 thoughts on “Sal ons ou kennisse ooit vergeet

  1. 2012 het my ma ook gevat in September presies ‘n maand voor my verjaarsdag en helfte van 2013 het ek ‘n slegte paar maande gehad, maar van September af gaan dit beter…ek weet hoe dit voel om ‘n ma te verloor veral as mens na aan mekaar was, ek hoop 2014 is ‘n goeie jaar vir mense soos ek en jy, ons het dit nodig. ‘n gesëende 2014 vir jou, Son

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s