Die Lewe

Wanneer groot geeste groet

 

Hierdie is NIE ‘n hartseer inskrywing nie. Hierdie is ‘n ode aan mense wat ek nooit sal vergeet nie. Want hulle het GROOT gelewe.

Die dood het die afgelope 18 maande ons familie met die hand kom groet. Dit het mense kom haal wat GROOT ge-feature het in my lewe.

Op 13 Augustus verlede jaar, voel ek vir die eerste keer die dood se hand op die ergste manier moontlik. Al wat erger kan wees, is as mens jou kind verloor. My ma groet ons. Soos ek later geskryf het, in geen beter woorde kon ek dit sê nie… dit bly ‘n fokop as mens se ma dood is. Jou ma is die skans tussen jou en die wêreld. Jou ma is die mens wat jou altyd sal liefhê, of jy nou mooi of lelik, jonk of oud, maer of vet, mislik of oulik, goeie mens of krimineel, is. ‘n Ma se liefde is onvoorwaardelik. Wanneer mens se ma doodgaan, is jy die res van jou lewe gestremd – emosioneel kreupel. Jy funksioneer soos enige normale mens, maar figuurlik mis jy ‘n deel van jouself. Vir ewig en ‘n dag. My ma se gees sal altyd saam met my loop. Met die mooiste onthou daarby.

Van toe tot nou groet nog 6 mense. Mense wat op hul eie manier groot geeste was. In my lewe en in hul families se lewe.

Ek wil vandag net vir ‘n oomblik hier stilstaan en hulle onthou:

Anne-Lize Carsten – 19 Feb 2013 het jy ons gegroet. Dit was nie onverwags nie, want vir 2 jaar het jy dapper baklei teen die kanker. Ek onthou nog die een dag toe jou ma gevra het of jy jou pynpille gedrink het en jy met ‘n lag geantwoord het “Ja, maar as hier nog enige ander pille in die huis rondlê, gee sommer dat ek dit ook drink. Wat klaar is, is klaar.” Jy het die lewe kaalhand aangevat en jy was my “sister from another mother”.

Dave Phelps – 29 Okt 2013 het jy met jou fiets die laaste wedren voltooi. Jou plek bly leeg hier by die werk.

Boetie Dennis de Kock – 4 Des 2013 het jy huis toe gegaan. Vir jou:

Stil, broers,
daar gaan ‘n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar’s nog maar één soos hy;
bekyk hom goed.
(Jan F.E. Cilliers)

R.I.P. Boetie Dennis. Jy was ‘n man met ‘n groot groot hart. Of ons mekaar nou gereeld gesien het of nie, ek het geweet aan jou deur kan ek dag of nag kom klop. As kind was jy my ouer boeta, nie net ‘n neef nie. Jy is nou huis toe, maar jy los ‘n pragtige familie en die mooiste herinneringe agter. En ‘n onvervangbare leemte.

My sussie verloor ook twee van haar beste vriende. Op 14 September laas jaar groet Kobus Ganz en op 4 Desember, saam met ons neef, groet Koos Groenewald. Vir Kobus het ek geken,van skooldae af. Vir Koos het ek nie geken nie. Maar ek weet wat se groot leemte het hulle albei gelos in hul geliefdes se harte en lewens.

En laaste, maar nie die minste nie – dis amper heiligkennis om so te sê

Nelson Mandela – 5 Des 2013 Dat jy huis toe is, is ook nie onverwags nie. Ons gun jou die rus, die vrede. Jy het meer gedoen in jou leeftyd as meeste mense. Ek het my ODE aan jou lankal geskryf.

Mag ons as Suid-Afrikaners jou altyd onthou, mag die wêreld jou altyd onthou.

Soos my sus Lisa vanoggend geskryf het:

Sorrow is something you cannot explain… it is that heavy feeling in the pit of your stomach… that pushes up and tears just run out of your eyes. I know the feeling… I’ve felt it a lot the last year and a half… and every time we get up and go on… and we have less people to greet… less people to talk to… and less people to love. Life moves on… so they say… but we never forget those that were so dear to us.

Ek wil afsluit met iets uit Shantaram

“For this is what we do. Put one foot forward and then the other. Lift our eyes to the snarl and smile of the world once more. Think. Act. Feel. Add our little consequence to the tides of good and evil that flood and drain the world. Drag our shadowed crosses into the hope of another night. Push our brave hearts into the promise of a new day. With love: the passionate search for a truth other than our own. With longing: the pure, ineffable yearning to be saved. For so long as fate keeps waiting, we live on. God help us. God forgive us. We live on”.

15 thoughts on “Wanneer groot geeste groet

  1. Die leemte wat agtergelaat word van ‘n geliefde wat nie meer met ons is nie, sal vir àltyd ‘n letsel laat…….
    Shantaram ~ ~ ~ een van DIE beste boeke wat ek nog gelees het!!

  2. Dankie……..hierdie som dit so mooi op….dit wat ek vanoggend net in een paragraaf probeer “capture” het. Lief jou, sus.
    xxx

  3. Vanoggend word ek nes baie ander wakker met die nuus dat Tata Madiba gegroet het. My eerste gedagtes het gegaan aan sy hartsmense. Die mense wat knielend langs sy bed gevou het van die pyn. Die mense wat hierdie Kersfees sonder hom gaan wees. Die mense wat moet reëlings tref terwyl die res van die wêreld tinsels hang. Die mense wat moet aangaan. Die mense wat dit nie gegun gaan word om in privaatheid te rou oor hulle pa, hulle oupa, hulle oom, hulle neef – hulle hartsmens.

    Ek weet, want 11jaar terug moes ek gebroke knielend langs my Dad se bed opstaan en reëlings tref terwyl die res van die wêreld tinsels hang.

    Ek sien jou ode Son en lees die grootheid van hierdie hartsmense wat se spore nooit sal toewaai in jou hart nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s